Ontbytsake
Ontbytsake is op die lug...
Saterdag op kanaal 111 DSTV:
Saterdag oggend: 7:30 – 9:00

Die her-uitsending vind plaas volgende week:
Maandag, Woensdag en Vrydag 6:00 – 7:30

Die Ontbytsake logo en die kenmerkende temamusiek open die een en ʼn half uur televisieprogram propvol ingeligte besigheidsvermaak.

Ontbytsake is ʼn tydskrif-styl televisieprogram wat die land en naburige Namibië deurreis om Klein-en Mediumbesighede die geleentheid vir televisieblootstelling te gee. Ontbytsake is ontwerp om alternatiewe Afrikaanse kykgenot in die oggende op KykNET te verskaf en die programformaat en aanbiedingstyl is uniek.

Die program word aangebied deur die welbekende ekonoom, Dawie Roodt en bekendes uit die sakewereld, kunste, sport en politiek is weekliks in die ateljee as hoofgas. Dawie verskaf weeklikse oorsigte van die week se ekonomiese hoogtepunte... ... en gee terugvoer oor die beleggingsmarkte. Mede-aanbieder, Milan Murray verleen tempo aan die program en hou die aanslag lighartig - maar die Klein- en Mediumbesighede bly altyd ‘n integrale deel van die inhoud. Gaste wissel van Nicky Oppenheimer tot karakters soos Dowwe Dolla om ligte vermaak te verskaf.

Daar is ook ʼn weerverslag met Jan-Harm Schutte ...gevolg deur Landbounuus. Ontbytsake se sjef, die nimlike Ulla Pakendorf-Loubser, het vinnige resepte en kos-idees en maaltye wat sy in ‘n japtrap optower in die ateljee.

Carla van Niekerk reis die land deur om die klein-en mediumbesighede in ons dorpe en stede en selfs Namibië aan die kykers voor te stel, wat die program so gewild en uniek maak. Die klein- en mediumsake-ondernemings kry televisieblootstelling terwyl die kyker terselfdertyd aan die land en sy mense voorgestel word. Dié wenkombinasie verskaf uitstekende, ingeligte en vermaaklike kykplesier.

Ontbytsake besoek maandeliks die huise van byna ‘n kwart-mijoen kykers. Die program is die perfekte platvorm vir klein- en mediumbesighede om met potensiële kliente regoor die land te kommunikeer om hul produkte en dienste aan ‘n wye spektrum van die kykerspubliek voor te stel.

Die voordele van aanlynadvertering:

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse internet-gebruiker is jonk, geleerd en verdien goeie geld. Die meeste van hulle het hul koerante en ander tradisionele media vir die internet verruil om sodoende hul daaglikse blik op die wêrelde van kommunikasie, vermaak en nuus te bevredig. Hierdie groep word by die dag groter soos hoë-spoed internet meer algemeen en bekostigbaar in ons land raak. Volgens Jacqui Boyd van Acceleration Media is dit nou die beste tyd om voordeel te trek uit die menigte opsies wat aanlynadvertering aan bemarkers bied.

Anders as uitgesaaide of gedrukte media, kan jy deur middel van aanlynadvertering jou teikenmark bereik met boodskappe en inhoud wat spesfiek aan hul behoeftes voorsien, in plaas daarvan om ‘n boodskap aan die massas te verkondig met die hoop dat jy iemand gaan bereik waarmee jy wel wil praat.

Dit mag dalk nie jou eerste gedagte wees om ‘n mediesefonds-advertensie op ‘n reiswebblad te plaas nie, of ‘n versekeringsproduk op ‘n klein vermaaklikheidsportaal, maar dis juis waar die advertensies gaan uitstaan. Die resultate mag jou dalk net teleurstel as jy op ‘n algemene en baie besige nuuswebblad gaan adverteer, want jou advertensie gaan heeltemal wegraak tussen al die ander. Gryp die dinamiese omgewing van aanlynadvertering aan en laat jou advertensies toe om vir jou te werk.

Interessant vir julle:

As daar nou ooit ‘n gaping was in die mark, dan is dit met aanlyn Afrikaanse advertensies en webtuistes! Ons praat nie eens van kwaliteit advertensies nie want daar is eenvoudig nie Afrikaanse advertensies nie. Miskien ook omdat daar bitter min kwaliteit Afrikaanse webtuistes is.

Afrikaanssprekende verbruikers is ‘n geweldige groot en koopkragtige nismark. Afrikaanssprekendes hou ook daarvan (dalk meer as meeste ander taalgroepe) om op ‘n kreatiewe manier vermaak te word en om hul koop-impulse gestimuleer te kry. Dalk is dit omdat mens wel uiters kreatief kan wees in Afrikaans.

Geskryf deur Fresh Lemon Media
Snappy Chef

snappy_chef
 
kykNET      Dawn Wing            On Demand      Itsy_bitzy      Flexi Rent
Developed and hosted by sted by vanTo Technologies - Making IT Possible | Website Administration by Itsy Bitzy Marketing