Nuus

GAAN `LIKE` ONTBYTSAKE SE NUWE FACEBOOKBLADSY, `ONTBYTSAKE WEBWERF` EN DEEL MET JOU VRIENDE. JY KAN `N SNAPPY CHEF STOFIE WEN!

Die Weer
Weer Vrywaring

Neem asseblief kennis dat hierdie weervoorspelling slegs 'n indikasie is en dat Ontbytsake geen verantwoordelikheid neem vir onakkurate weervoorspellings nie.
Meningsopname
Het jy al enige van die wyne wat op Ontbytsake gebruik is, gekoop?

Ja
Nee

Voorstelle
Komplimente en Klagtes
Vir enige komplimente of klagtes, stuur 'n e-pos aan

leilani@ontbytsake.co.za
image
   
   
Meer oor Ontbytsake
Ontbytsake is op die lug...
Saterdag op kanaal 144 DSTV:
Saterdagoggend: 7:30 – 9:00
Die her-uitsending vind plaas volgende week:
‘n Heruitsending vind plaas op
Sondagoggend van 7:30 – 9:00

En dan word ‘n verkorte weergawe van Ontbytsake, wat ons Sakefokus noem, op
Dinsdag- en Donderdagmiddae tussen 13:00 en 14:00 uitgesaai.

Die Ontbytsake logo en die kenmerkende temamusiek open die een en ʼn half uur televisieprogram propvol ingeligte besigheidsvermaak.

Ontbytsake is ʼn tydskrif-styl televisieprogram wat die land en naburige Namibië deurreis om Klein-en Mediumbesighede die geleentheid vir televisieblootstelling te gee. Ontbytsake is ontwerp om alternatiewe Afrikaanse kykgenot in die oggende op KykNET te verskaf en die programformaat en aanbiedingstyl is uniek.

Die program word aangebied deur die welbekende ekonoom, Dawie Roodt en bekendes uit die sakewereld, kunste, sport en politiek is weekliks in die ateljee as hoofgas. Dawie verskaf weeklikse oorsigte van die week se ekonomiese hoogtepunte... ... en gee terugvoer oor die beleggingsmarkte. Mede-aanbieder, Milan Murray verleen tempo aan die program en hou die aanslag lighartig - maar die Klein- en Mediumbesighede bly altyd ‘n integrale deel van die inhoud. Gaste wissel van Nicky Oppenheimer tot karakters soos Dowwe Dolla om ligte vermaak te verskaf.

Daar is ook ʼn weerverslag met Jan-Harm Schutte ...gevolg deur Landbounuus. Ontbytsake se sjef, die nimlike Ulla Pakendorf-Loubser, het vinnige resepte en kos-idees en maaltye wat sy in ‘n japtrap optower in die ateljee.

Carla van Niekerk reis die land deur om die klein-en mediumbesighede in ons dorpe en stede en selfs Namibië aan die kykers voor te stel, wat die program so gewild en uniek maak. Die klein- en mediumsake-ondernemings kry televisieblootstelling terwyl die kyker terselfdertyd aan die land en sy mense voorgestel word. Dié wenkombinasie verskaf uitstekende, ingeligte en vermaaklike kykplesier.

Ontbytsake besoek maandeliks die huise van byna ‘n kwart-mijoen kykers. Die program is die perfekte platvorm vir klein- en mediumbesighede om met potensiële kliente regoor die land te kommunikeer om hul produkte en dienste aan ‘n wye spektrum van die kykerspubliek voor te stel.
Die voordele van aanlynadvertering:
Die gemiddelde Suid-Afrikaanse internet-gebruiker is jonk, geleerd en verdien goeie geld. Die meeste van hulle het hul koerante en ander tradisionele media vir die internet verruil om sodoende hul daaglikse blik op die wêrelde van kommunikasie, vermaak en nuus te bevredig. Hierdie groep word by die dag groter soos hoë-spoed internet meer algemeen en bekostigbaar in ons land raak. Volgens Jacqui Boyd van Acceleration Media is dit nou die beste tyd om voordeel te trek uit die menigte opsies wat aanlynadvertering aan bemarkers bied.

Anders as uitgesaaide of gedrukte media, kan jy deur middel van aanlynadvertering jou teikenmark bereik met boodskappe en inhoud wat spesfiek aan hul behoeftes voorsien, in plaas daarvan om ‘n boodskap aan die massas te verkondig met die hoop dat jy iemand gaan bereik waarmee jy wel wil praat.

Geskryf deur Fresh Lemon Media
 
image
Itsy_bitzy      Itsy_bitzy      Vanto     Itsy_bitzy      Mango Airline      Flexi Rent      Itsy Bitzy
Copyright Ontbytsake 2013 | Website Administration by Itsy Bitzy Marketing                            Page Rank