|
|
 |
Ontbytsake Program Resepte (Februarie 2009 tot
Oktober 2009)
|
|
Februarie 2009 |
Kerrieboontjieresep |
Pizza Fresca | Oosterse Burger
Perske Parmaham Voorgereg |
Salmfilet met Perskesalsa
Pekelvis | Oosterse
kruisstukslaai
|
|
Maart 2009 |
Eend en kersiepastei | Beesfilet met
Groenpeperkorrelsous
Verouderde kruisskyf bedien met gebraaide vars
vye |
Gebraaide vars sardyne met olywe en soetrissie |
Forelfilet met 'n Chardonnay-roomsous
|
|
April 2009 |
Lamsbredie met vars dadels en olywe
Lemoen en papawersaadkoek
- |
|
Mei 2009 |
Garnaal- en spanspekvoorgereg
Chorizoworsie - en kekerertjiebredie
-
|
|
Junie 2009 |
Geurige hoendersop
Brood Resep
(Hierdie brood resep kom uit die
Rooibos kookboek, en ons mag dit ongelukkig nie uitgee nie a.g.v. kopiereg.)
- |
|
Julie 2009 |
Gluhwein |
Rissie warmsjokolade
Hoender geposjeer in 'n gemmerbrousel
| Soet Brandrissiesous |
Quinoa (keenwa) Winterslaai
|
|
Augustus 2009 |
Peer - en - Amandelrandkoek Storganoff
(Hierdie resep kom uit die
Knuppeldik resepteboek uit, en ons mag dit ongelukkig nie uitgee nie a.g.v.
kopiereg.)
Knuppeldik Kontaknommer: 012 567 2082
|
|
September 2009 |
Kerrie en Rissie Hoender Vulsel
|
Pannekoek |
Mango rissie vla en roomys
|
|
Oktober 2009 |
Festive Cottage Pie
|
Kerrieboontjieresep (soos gepubliseer in Tuis) |
 |
Metode:
2 kg vars groenboontjies stingelente afgesny en halveer 375ml water
3 uie grofgekap
500ml suiker
500ml witwynasyn
50ml mielieblom (Maizena) aangeklam met water om 'n pasta te vorm
40ml kerriepoeier (of meer as meer warm wil he)
15 ml sout 5 heel peperkorrels
10ml borrie vir goue kleur
1. Gooi boontjies water en uie in kastrol en laat dit kook.
2. Verlaag hitte tot dit stadig prut vir 15 min of tot die boontjies sag is,
maar nie pap nie.
3. Roer die suiker en 3/4 van die asyn by en laat dit stadig deurkook vir 10
min.
4. Meng die mielieblom, kerriepoeier, sout, peperkorrels en borrie met die
oorblywende asyn.
5. Roer dit y die boontjiemengsel en kook weer stadig vir 20 min of tot die sous
effens verdik het.
6. Skep in gesteriliseerde flesse en verseel dadelik. Laat staan vir week of
twee voor geet word sodat die geure kan ontwikkel.
Genoeg vir 3 liter. Heerlik saam met koue vleise. |
Pizza
Fresca |
 |
Gebruik bestanddele volgens smaak. Hierdie is ‘n pizza waarvan die pizzadeeg
klaar gaar is en die bestanddele bo-op rou en van die hoogste gehalte moet wees
om dit werklik smaaklik te maak.
- Reeds gaar pizza deeg
- Ryp briekaas, in rowwe stukke gesny (of ‘n kaas van jou keuse)
- Vars basiliekruidblare
- Vars ryp tamaties, rofgekap
- Vars knoffel, fyngekap
- Goeie
Westfalia Avokado-olie
- Sout en gemaalde swartpeper
- Parmesan skaafsels
Sit al die bestanddele op die pizza en bedien dit met koue Leopards Leap Chardonnay
Terug na bo |
Oosterse Burger |
 |
Gebruik bestanddele volgens smaak:
Hierdie burger is maar net ‘n variasie op die gewone burger en sal veral geniet
word indien jy van oosterse smake hou en indien nie, probeer dit in elk geval –
mens mag eers se jy hou nie van iets nie nadat jy dit self probeer het:
Vir die sous:
- Growwe katjiebotter (grondboontjiebotter)
- Suurroom Vars lemmetjiesap(net ‘n
bietjie)
- Sojasous (net ‘n bietjie)
Vleistertjie (patty) of plat frikkadel:
- Rou
maalvleis
- Vars koljanderblare, fyn gekap
- Vars gemmer, baie fyn gekap
- Vars
brandrissie, fyn gekap
- Sojasous
- Vars lemmetjiesap
Meng al die bestanddele vir die vleistertjie en vorm met die hand. Verhit olie in ‘n pan en braai die vleistertjies daarin oor matige hitte tot gaar. Vryf die broodjie vir die burger aan die binnekant met Westfalia Avokado-olie en sit die vleistertjie daarin.
Meng al die bestanddele vir die sous en bedruip die vleistertjie daarmee. Sit nog vars koljanderblare by indien so verkies en smul.
*Wenk: Hierdie burger kan ook bloot net in slaaiblare toegedraai word wat sal dien as ‘n broodjie.
Terug na bo |
Perske en parmahamvoorgereg |
 |
- Kaalgatperske, gewas en in skywe gesny
- Parmaham of enige goeie papierdun gesnyde
ham bv pancetta
- Vars roketblare
- Radyse, in dun skywe gesny
- Fetakaas, gekrummel
- Westfalia Avokado-olie
- Balsamiekasyn
Draai die parmahamskywe afsonderlik om elke perskeskyfie. Verhit intussen
Westfalia Avokado-olie in ‘n pan en braai die ham – en - perskerolletjies tot bros aan elke
kant Bedien dit onmiddellik op vars roketblare en bedruip met Westfalia Avokado-olie en
balsamiekasyn.
Krummel Fetakaas oor en voila! Makliker en smaakliker kan dit wragtag nie.
Terug na bo
|
Pangebraaide salmfilet met ‘n
perskesalsa |
 |
- Salmfilet
- Westfalia Avokado-olie
- Seesout en gemaalde swartpeper
Vir die salsa:
- Kaalgatperske, in blokkies gesny
- Klein komkommer, ook in blokkies gesny
- Rooi ui,
fyn gekap
- Vars koljanderblare, rof gekap
- Vars gemmer, fyn gerasper
- Vars
kruisement, fyn gekap
- Vars brandrissie, fyn gekap
- Vars lemmetjiesap
- Bruinsuiker
- Goeie Westfalia Avokado-olie
Maak die salsa deur die bruinsuiker op te los in die lemmetjiesap
en dan die res van die bestanddele daarby te meng. Sit dan in die yskas en bere
vir omtrent 2 ure.
Vryf die salmfilet in met die Westfalia Avokado-olie, sout en peper en
braai in ‘n verhite pan vir omtrent 2 minute aan elke kant (afhangende van die
dikte van die filet natuurlik)
Bedien op ‘n koel somersdag met die perskesalsa
en ‘n glas yskoue Leopard’s Leap Sauvignon Blanc.
Terug na bo
|
Meksikaanse
garnaal-ceviche (pekelvis) |
 |
- Garnale, skoongemaak en uitgedop
- Vars
lemmetjiesap
- Vars suurlemoensap
- Rooi ui, in papierdunskywe gesny
- 1 brandrissie,
fyn gekap
- Vars koljanderblare, rof gekap
- Komkommer, in blokkies gesny
- Avokado,
rof gekap
- Goeie Westfalia Avokado-olie
Dompel die garnale in gesoute kookwater vir 1 minuut en
dompel dit direk daarna in ‘n bak yaswater sodat die kookproses kan ophou.
Marineer die granale dan in ‘n glasbak met vars lemmetjie – en – suurlemoensap
vir ½ -uur. Voeg dan die ui en rissie by en marineer vir ‘n verdere ½ - uur.
Voeg dan die koljanderblare, komkommer, avokado en Westfalia Avokado-olie by en bedien met
warm brosbrood en ‘n glas koue Leopard’s Leap Sauvignon Blanc.
Terug na bo
|
Oosterse
kruisstukslaai |
 |
- Kruisstuk, in ordentlike skywe gesny
- Vars lemmetjiesap
- Vars kruisement, fyn gekap
- Sesamolie Komkommer, ontpit en in dun repies gesny
met ‘n skiller of kaasmes
- Vars roketblare
- Vars bronkors
- Vars baba-spinasieblare
- Ryp spanspek, in blokkies gesny
- Sprietuie, rof gekap
- Lemmetjiesap
- Bruinsuiker
- Vissous (net ‘n klein bietjie want dis baie sterk)
- Goeie Westfalia Avokado-olie
Marineer die
vleis in ‘n glasbak met die lemmetjiesap en kruisement vir 1 – 2 ure. Braai dan
in ‘n baie warm pan in sesamolie tot bruin aan die buitekant en pienk aan die
binnekant (of soos jy dit verkies).
Los die suiker op in die lemmetjiesap en
meng met die vissous en die Westfalia Avokado-olie. Meng die komkommer, roketblare, bronkors,
spinasie, spanspek en sprietuie met die vleismengsel en bedruip met die soet
lemmetjiesous en smul.
Terug na bo
|
Eend en
kersiepastei |
 |
- 1 goot eend (van Connie’s Ducks & Chicks in Polokwane)
- 1
ui, fyn gekap
- 1 pakkie spek met min vet aan, fyn gekap
- 1 E vars tiemie
- 1 t
gemengde speserye
- 500 ml Dewfresh honderaftreksel
- 1 blikkie ontpitte swart
kersies en sap
- 1 k rooiwyn (Leopard’s Leap Cabernet Sauvignon)
- 1 rol reeds
voorbereide blaardeeg, ontdooi
- 1 eier, geklits
Steek gaatjies in die vel van die
eend sodat die vet kan uitloop en rooster in ‘n voorverhitte oond van 180 C tot
gaar.
Ontbeen die eend en hou die vleis eenkant en gooi die vet af in ‘n bakkie.
Braai die ui en spek tot deurskynend in bietjie van die eendvet en bere die res
van die vet vir latere gebruik indien so verkies.
Voeg die knoffel, tiemie en
speserye by en braai vir ‘n 1 minuut. Voeg nou die vleis, aftreksel, kersies met
die sap en die wyn by en laat die mengsel kook. Sodra dit kook, draai die plaat
sagter en laat die mengsel prut totdat meeste van die vloeistof verminder het en
die smaak geintensifiseer het.
Voeg sout en peper volgens smaak by en laat
heeltemal afkoel. Voorverhit die oond tot 200 C en skep die mengsel in ‘n
pasteibak, sit die blaardeeg oor en verf die eier bo-oor en bak totdat die
pastei goudbruin en bros is.
Sit warm voor met ‘n groenslaai, vars brood en
Leopard’s Leap Cabernet Sauvignon.
Terug na bo
|
Beesfilet
met klassieke groenpeperkorrelsous |
 |
- 1 beesfilet
- sout en vars gemaalde swartpeper
- kleinbietjie sonneblomolie
- 1 k water skeut brandewyn
- 3 E botter
- 3 E meelblom
- 1 E mosterdpoeier
- 1/4 k groenpeperkorrels
- 1 k Dewfresh biefaftreksel
- 1/2 k Dewfresh room
Geur die filet met peper en 'n klein bietjie sout. Verhit die olie in 'n pan oor
'n baie hoe hitte en verbruin die filet aan alle kante. Verlaag die hitte en
voeg die water by, sit die deksel op en laat gaar word vir nie meer as 20 min
nie.
Giet brandewyn na so 10 min by en draai sommer die filet om ook. Maak intussen
die sous: Smelt die botter in 'n pan en haal van die hitte af. Voeg dan die
meelblom en mosterd by sodat 'n pasta kan vorm. Sit dan die groenpeperkorrels by
en druk van hulle stukkend. Sit terug op 'n lae hitte en voeg die aftreksel
geleidelik by en roer totdat dit dik is.
Voeg van die vleissappe met brandewyn uit die ander pan by en laat nog efens
prut. Sit die room by net voor bediening en laat net deurwarm word. Sny die
filet in skywe en sit voor met kapokaartappels en vars kruieslaai bedruip met
net goeie Westfalia Avokado-olie.
Bedien met Leopard's Leap Cabernet Sauvignon.
Terug na bo
|
Verouderde kruisskyf bedien met
gebraaide vars vye |
 |
(bedien 1)
- 1 ordentlike
verouderde kruisskyf
- bietjie sonneblomolie
- Westfalia Avokado-olie
- 1/2 ui, in dun skywe gesny
- 2
vars ryp vye, geskil en in rowwe stukke gebreek
- 1 E bruinsuiker 'n kleinbietjie
vars suurlemoensap
Verhit 'n dikbodem pan met olie oor 'n hoe hitte totdat dit
begin rook. Sit die kruisskyf versigtig in die pan en laat verbruin vir 3 minute
aan albie kante as jy hou van jou vleis effens bloederig maar warm.
Braai
intussen die ui in Westfalia Avokado-olie tot sag en deurskynened. Roer dan die suiker by, en
wanneer dit opgelos het voeg die vye en suurlemoensap by en braai tot net
deurwarm.
Sit voor met die murgsagte kruisskyf en bedien dit met Leopard's Leap
Cabernet Sauvignon.
Terug na bo
|
Gebraaide vars sardyne met olywe en soetrissie |
 |
(bedien 2)
- 6 groterige vars sardyne, skoongemaak en skubbe
verwyder
- koekmeel
- Westfalia Avokado-olie
- 1 ui, in dun ringe gesny
- 3 knoffeltone, fyngekap
- 1
soetrissie, in lang dun repe gesny
- handvol olywe van jou keuse, ontpit
- Leopard's
Leap Chardonnay
- Dewfresh visaftreksel
- handvol elk van die volgende kruie,
pietersielie en basiliekruid, fyn gekap
- baie swart peper
Vryf die sardyne in met
die meel en hou eenkant. Verhit die Westfalia Avokado-olie in 'n groot pan en braai die ui en
knoffel daarin oor 'n lae hitte tot deurskynend. Voeg die soetrissie en olywe by
en braai vir 'n verdere 10 minute of so. Skuif die uimengsel teen die kante van
die pan en sit dan die sardyne in die middel en braai aan elke kant op
middelmatige temperatuur vir so 7 minute tot gaar.
Sit baie vars gemaalde
swartpeper oor en voeg dan 2/3 k Chardonnay en 1/2 k visaftreksel by en laat
satdig prut totdat die sous met meer as die helfte verminder het. Haal van die
hitte af en roer die vars kruie by.
Sit dadelik voor met bros brood, vars
suurlemoenwiggies en yskoue Leopard's Leap Chardonnay.
Terug na bo
|
Forelfilet met 'n Chardonnay-roomsous |
 |
(bedien 2)
- 5 babapreie, in dun skywe
gesny
- 2 E botter
- 'n knippie neutmuskaat
- Westfalia Avokado-olie 1 k shittake sampioene, rof
gekap
- bietjie vars suurlemoensap
- 1/2 t witpeper
- 2 vars forelfilette
- 2 k
Leopard's Leap Chardonnay
- 1/2 k Dewfresh dikroom handvol vars pieterdielieblare,
fyn gekap
Braai die preie met die neutmuskaat in die botter tot sag oor 'n lae
hitte. Intussen, braai die sampioene in 'n bietjie Westfalia Avokado-olie tot sag en geurig.
Sit bietjie vars suurlemoensap en witpeper by. Verhoog die hitte effens en sit
die forelfilette met die vel na onder in die pan en laat net effens verbruin.
Voeg dan die wyn by en laat prut totdat die vis gaar is en gevlok kan word met
'n vurk en die wyn met meer die helfte verminder het. Haal die vis uit, voeg die
room en preie by die sous en laat net deurwarm word.
Roer die pietersielie by
die sous en bedien met vars aspersies, gekookte aartappel en Leopard's Leap
Chardonnay.
Terug na bo
|
Lamsbredie met vars dadels en olywe |
 |
(bedien 4)
- 1 kg skaapvleis, ontbeen en in blokkies gesny Westfalia Avokado-olie
- 4 knoffeltone, fyngekap
- 2 aartappels in blokkies gesny
- 1 handvol vars gemengdekruie, rof gekap
- 1/2 k Leopard's Leap Shiraz Mourvedre Viognier
- 1 k Dewfresh beesaftreksel
- 4 t meelbom
- 1 blikkie gekapte tamaties met sap
- 1 handvol vars dadels, ontpit en rof gekap
- 1 hanvol Willow Creek groenolywe, ontpit vars gemaalde swartpeper na smaak
- 1 handvol vars pietersielie, rof gekap
- 2 t suurlemoenskil, gerasper
- 1 t knoffel, fyn gekap
Verhit olie in 'n kastrol en voeg skaapvleis by en verbruin aan alle kante. Sit
oor in 'n sif en laat die vet uitdrup in 'n bak. Vee dan die pan uit en verhit
die olie oor 'n matige hitte en voeg dan die knoffel en kruie by en roer
aanhoudend tot geurig (ongeveer i minuut).
Voeg die wyn by en laat prut tot effens verminder. Voeg aartappels by sodat
dit kan gaar word. Meng intussen die aftreksel
en die meelblom in 'n aparte bakkie en voeg dan by die wyn in die kastrol en
roer aanhoudend tot effens verdik. Sit dan die vleis, tamaties, dadels, olywe en
peper by en laat prut tot deurverhit.
Meng net voor opdiening die orige pietersielie, knoffel en suurlemoenskil by en
sit voor met vars brood, kapokaartappels, rys of stampmieleis en bedien met
Leopard's Leap, Family Collection, Shiraz Mourvedre Viognier.
Smeer 2 snye vars brosbrood met olyftapenade van Willow Creek en sit onder in
elke individuele bord en skep dan die bredie bo-oor - ekstra brood kan bedien
word om die oorblywende sous mee op te suig
Terug na bo
|
Lemoen en papawersaadkoek |
 |
- 1/3 k papawersaad
- 3/4 k vars lemoensap
- 180g sagte botter, nie margarien nie
- 2 t vaniljegeursel
- 1 k strooisuiker
- 3 eier, geklits
- 2 k bruismeel
Smeer 'n broodpan ordentlik met botter. Meng papawersaad en lemoensap in 'n bak
en laat staan vir 1 uur.
Voeg botter, geursel, suiker, eiers en meel by die papawersaadmengsel en klits
tot goed gemeng.
Sit in die gesmeerde pan en bak in 'n matige oond (180 C) vir 1 uur. Laat afkoel
en sif versiersuiker oor en bedien.
Terug na bo
|
Garnaal-
en spanspekvoorgereg |
 |
- skoongemaakte garnale
- suurlemoengegeurde olyfolie van Willow Creek
- ryp soet spanspek, geskil en in skywe gesny
Slaaisous
- sprietuie, fyn gesny
- kruisement, fyn gekap
- suurlemoenskil, fyn gerasper
- Sauvignon Blanc van Leopard's Leap
- olyfolie van Willow Creek
- sout en vars gemaalde swart peper
Meng al die bestanddele vir die slaaisous en hou eenkant. Sit die soet
spanspekskywe op 'n opdienbord en hou ook eenkant. Verhit 'n pan oor 'n hoe
hitte, voeg suurlemoengegeurde olyfolie by en sit garnale by en roor aanhoudened
totdat dit van kleur verander.
Sit by die spanspek, bedruip met slaaisous en bedien onmiddellik. Sit voor met
Leopard'sLeap Sauvignon Blanc.
Terug na bo
|
Chorizoworsie - en kekerertjiebredie |
 |
(gebruik hoeveelhede volgens smaak)
- 1 ui, fyn gekap
- 1 selderystingel, fyn gekap
- 1 groot wortel, gerasper
- olyfolie van Willow Creek (Director's Reserve)
- paar komynsade
- bietjie gerookte paprika
- 2 chorizoworsies, in skywe gesny
- prosciutto, rof gekap
- hoenderaftreksel van Dewfresh
- heelwat gaar hoender, in stukkies gesny
- 1 blik tamaties, geskil en opgekap
- 1 blik kekerertjies, dreineer
- sout en vars gemaalde swartpeper volgens smaak
- Italiaanse pietersielie, fyn gekap
Braai die ui, seldery en wortel in die olyfolie tot sag. Voeg die speserye by en
braai vir 'n verdere 3 minute. Voeg dan die worsies en die prosciutto by en
braai tot effens bruin Voeg dan die res van die bestanddele behalwe die
pietersielie by en laat prut tot gaar en aromaties.
Sit pietersielie net voor bediening by en sit voor met tuisgebakte brood om al
die sappe mee op te vee. Bedien met La Motte Shiraz Viognier.
Terug na bo
|
Geurige hoendersop |
 |
(genoeg vir ongeveer 4 mense)
- Westfalia Avokado-olie
- 'n hanvol sprietuie,in diagonale dun repies gesny
- 3 selderystingels, fyn gekap
- 3 wortels, fyngekap
- 2 knoffeltone, fyn gekap
- 1 stingel sitroengras
- 'n duidelike stuk vars gemmer, gekneus
- 1 rissie, fyn gekap (pitte en al)- opsioneel
- 1 gaar hoender, ontbeen en die vleis met die hand in stukke geskeur
- 2 L Dewfresh hoenderaftreksel
- volgraan spaghetti, in kleiner stukkies gebreek
- vars koljanderblare, fyn gekap
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die ui, seldery en wortels daarin tot
sag. Voeg die knoffel by en roer vir so 30 sekondes. Voeg dan die sitroengras,
gemmer, rissie, honder en aftreksel by en laat kook. Draai dan die hitte laer en
voeg die spaghetti by.
Laat prut totdat die spaghetti gaar is en haal die sitroengras en gemmerstukke
uit en roer die vars koljanderblare by en bedien. Sit voor met Leopard's Leap
Sauvignon Blanc en vars gebakte brood.
Terug na bo
|
Gluhwein |
 |
- 750 ml Leopard's Leap Cabernet Sauvignon
- 1/2 k bruinsuiker
- sap en skil van 1 suurlemoen
- sap en skil van 1 lemoen
- 2 kardemompeule
- 4 naeltjies
- 2 lourierblare
- 3 kaneelstokkies
- 1 duimgroote vars gemmer
- 2 appels, geskil en in blokkies gesny (opsioneel)
Verhit al die bestanddele (behalwe die appel) saam oor 'n lae hitte en wanneer
dit amper kook, haal af van die plaat en laat staan vir 15 minute sodat al die
geure kan intensifiseer. Gooi deur 'n vergiettes terug in die pot en laat verhit
en bedien dadelik.
Terug na bo
|
Rissie warmsjokolade |
 |
(bedien 2)
- 400 ml Dewfresh volroom melk
- 1/2 vaniljepeul, in die lengte oopgesny
- 1 kaneelstokkie
- 1 baie warm rissie, gehalveer en ontpit
- 100g donkersjokolade, in blokkies gebreek
- paar stukkies vars lemoenskil
- 1 duimgroote gekneusde vars gemmer
- 1/4 t wonderpeper
Verhit die melk en sjokolade oor 'n lae hitte totdat die sjokolade gesmelt het,
voeg dan die res van die bestanddele by en laat prut vir 2 minute. Hall van die
plaat af en laat die smake intensifiseer vir 15 minute. Gooi deur 'n vergiettes
terug in die pot en laat net goed warm word en bedien onmiddelik met geklopte
room bo-op.
|
Hoender geposjeer in 'n gemmerbrousel |
 |
(bedien 2)
- 4 hoenderborsies, sonder vel
- 2 handevol groenbone
Gemmerbrousel:
- 2 E fyngekapte gemmer
- 4 sprietuie, dun gesny
- 1 steranys
- 1/4 t wonderpeper
- 4 k Dewfresh hoenderaftreksel
- sout volgens smaak
Verhit die aftreksel, gemmer, sprietuie, steranys, en wonderpeper in 'n pan oor
'n lae hitte tot dit prut. Sit dan die heel hoenderborsies in die brousel en
laat prut tot gaar (ongeveer 15 minute)
Haal die hoenderborsies uit en laat kook dan die groenbone vir ongeveer 4
minute.. Verdeel die brousel tussen 2 vlak sopborde en sit die hoenderskywe
bo-op die boontjies in die brousel en bedien onmiddellik.
Sit voor met Leopard's Leap Sauvignon Blanc
|
Soet Brandrissiesous |
 |
- (400 ml) 5 knoffeltone geskil
- 2 groot brandrissies, een ontpit, rof gekap
- 2 duime vars gemmer, geskil en rof gekap
- 4 lemmetjieblare
- 1
sitroengrasstingel, rof gekap
- 1/2 k vars koljanderblare
- 3/4 k strooisuiker
- 2 E
water
- 250 ml appelasyn
- 15 ml vissous
Sit die knoffel, brandrissie, gemmer, lemmetjieblare, sitroengras en
koljanderblare in 'n voedselverwerker en puree tot 'n gladde pasta. Sit dan die
strooisuiker en water in 'n pan en prut oor 'n matige hitte en roer totdat die
suiker opgelos het. Kook dan vir 'n verdere 8 minute en roer die pasta,
appelasyn en vissous by en kook vir 'n verdere 5 minute. Haal van die plaat af
en laat afkoel en smul
|
Quinoa (keenwa) Winterslaai |
 |
- 1 k Quinoa
- 4 k gemengde groente van jou keuse of
wat sommer in jou kas is bv: pampoen (gekook), murgpampoentjies, platertjies,
babamielies (vir net 'n paar minute gekook en dan onder koue water afgespeol om
die kookproses te stop)
- 2 1/2 k water of groenteaftreksel
- Willow Creek se
suurlemoen gegeurde olyfolie
- 1 ui (fyn gekap)
- 2 knoffeltone (fyn gekap)
- 1/2
duimgrootte vars gemmer, fyn gekap
- 1 1/2 t gemaalde komynsade
- vars babatamaties
- vars roket - en bronkorsblare
- sout gemaalde swartpeper, volgens smaak
Braai die Quinoa droog in 'n pot vir 'n paar minute en roer aanhoudend. Voeg die
olie, ui, knoffel, gemmer en komyn by en braai totdat die ui deurskynend is.
Voeg water of aftreksel by en kook vir ongeveer 20 minute of totdat al die
vloeistof geabsorbeer is en haal van die hite af. Braai intussen die voorbereide
groente (behalwe die pampeon en tamatie) in 'n bietjie olie vir ongeveer 7
minute. Voeg die groente, tamatie, roket - en bronkorsklare by die Quinoa en
roer liggies deur en bedien met Lookout Pinotage Rose en smul
|
Peer - en - Amandelrandkoek |
 |
- 150 g botter
- 150 g strooisuiker
- 3 groot eiers
- 1 t vanilje ekstrak
- 100g koekmeel
- 100 g gemaalde amandels
- 3 pere
- 2 E strooisuiker
Voorverhit die oond tot 200 C. Intussen, meng die botter en die suiker in 'n
voedselverwerker tot romerig. Voeg die eiers een vir een by en maak seker dat
elke eier goed ingemeng is voor die volgende een bygevoeg word. Voeg dan die
vanilje ekstrak, meel en amandel by en meng vinnig tot net-net deurgemeng. Smeer
'n 23cm koekpan met botter, sit die deegmengsel daarin en rangskik die peerskywe
daarop. Strooi die 2 E strooisuiker oor en bak vir 'n halfuur in die oond en
laat afkoel. Bedien met 'n mengsel van Mascarponekaas, room en 'n bietjie
strooisuiker.
Terug na bo
|
Kerrie en Rissie Hoender Vulsel |
 |
- 100 g Bushman`s Curry Paste
- 2 tlp Bushman’s Red Chilli Paste
- 100g Bulgaarse Yoghurt
- Fyn gekapte grasuie
- Fyn Koriander na smaak
- 1 vars rooi soetrissie, verwyder saad en sny in blokkies
- 1 tlp vars fyn gedrukte knoffel
- Knippie sout
- 2 ontbeende hoender borsies in blokkies gesny
- Westfalia Avokado-olie
Warm die Westfalia Avokado-olie tot stoomhitte.
Bruin die gesoute hoender vinnig in die pan
tot gaar.
Voeg by yoghurt, Bushman’s Curry Paste en die res van die bestandele
en kook vir 5 minute.
Skep op warm pannekoek en bedien warm.
Terug na bo
|
Pannekoek |
 |
- 100 g meel
- 1 eier
- 1 eiergeel
- 250 ml melk
- 50 g gesmelte botter
- Knippie sout
Met ‘n elektriese klitser meng al die bestandele deeglik totdat al
die klonte verdwyn en ‘n gladde deeg vorm.
Plaas in yskas vir 30 minute.
Terug na bo
|
Mango Rissie Vla en Roomys |
 |
- 375 g blik gold crest mango
(of vars mango)
- 450 g Strooisuiker
- 100 ml water
- 10ml Bushman’s Hot Chilli Fire
- 250 ml Room
- Vars aarbeie en Roomys
Kook by matige hitte die strooisuiker in water tot ‘n ligte bruin kleur.
Meng
die Mango tot ‘n puree en voeg die verminderde suikerstroop.
Voeg die Bushman’s
Hot Chilli Fire by en kook vir nog ‘n verdere 3 minute by matige hitte.
Verwyder
van stoof en roer die room stadig in. Die hitte sal die sous verdik tot ‘n vla.
Bak pannekoeke.
Bedien met Mango Rissie Vla, vars aarbeie en roomys.
Terug na bo
|
Festive Cottage Pie |
 |
- 15ml Westfalia avocado oil
- 600g beef mince
- 1 onion, diced
- 3 carrots, diced
- 30ml (2 Tbs) flour
- 1 5ml (1 Tbs) Robertsons Dried Mixed Herbs
- 30ml (2 Tbs) chopped fresh parsley
- 375ml hot water
- 1 Knorrox Stock Cube Beef
- 15ml (1 Tbs) tomato paste
- Salt and pepper to taste
- 8 medium potatoes, peeled and diced
- 60ml Rama Margarine
- 375ml (1 ½ cups) milk
- 1 sachet KNORR Potato Bake Bacon & Onion
- 125ml ( ½ cup) cheese, grated
Preheat the oven to 200°C. Meat filling:Heat oil in a large frying pan &
add the beef mince. Fry for 1min, add onions, carrots & fry until the
mince is cooked. Mix in flour, mixed herbs & parsley. Combine hot
water, stock cube and tomato paste. Mix together & add to the mince
mixture. Season with salt & pepper and lower heat to simmer for 15min,
stirring occasionally until most of the liquid has been absorbed. Spoon
the mixture into a 20 X 20cm ovenproof dish. To make the potato topping:
Place diced potatoes in a medium sized pot. Cover with water & bring to the boil
over high heat. Boil for 20min until the potatoes are cooked. Drain.
Mash the potatoes until smooth & then add the margarine. Mix the Knorr
Potato Bake Bacon & Onion packet contents with a little milk to make a paste &
stir in the remaining milk. Add to the mashed potato & mash until well
combined. Spread the potatoes over the mince mixture & sprinkle with
cheese. Bake in a preheated oven for 25min.
Terug na bo
|
|
|
|