 |
Bedien 4 - 300g mieliepasta of pasta
van jou keuse
- suurlemoengegeurde avokado-olie
- 1 ui, redelik fyngekap
- 2
knoffeltone, fyngekap
- ‘n handvol tiemieblaartjies gestroop van hul takkies
-
800g gemengde wilde sampioene, rofgekap
- ‘n skeut droee witwyn
- sout en
gemaalde swartpeper
- vars roketblare
- pecorinokaas skaafsels
Metode:
Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar (al dente). Verhit die
olie in ‘n pan en braai die ui, knoffel en tiemie daarin totdat die uie
deurskynend is. Voeg dan die sampioene by, verlaag die hitte effens en braai
totdat al die vloeistof verdwyn het. Voeg dan die wyn by, verlaag die hitte en
roer net voor bediening ‘n klont botter deur vir smaak. Meng die sous met die
pasta en sit voor met vars roketblare en pecorinokaas skaafsels.
Terug na bo |