dewfresh Vorige Resepte

Romerige kruiehoender met mosbolletjies

Bestanddele:

Hoenderborsies
Westfalia Avokado-olie
Sout en vars gemaalde swartpeper
Bokmelkkaas
Knoffeltone, fyn gekap
Vars salie en pietersielie (of kruie van jou keuse), fyn gekap
Ui, fyn gekap
Chardonnay
Hoenderaftreksel
Room
Botter
Vinkelbol, in dun skywe gesny
Preie, in skywe gesny
Wortel, in dun skywe gesny
Neutmuskaat
Vars pitlose druiwe

Metode:

Meng die bokmelkkaas, knoffel, kruie, sout en peper saam en stop dit in onder die vel van die hoender en knyp toe met tandestokkies sodat die vulsel nie uitloop nie. Vryf die hoenderborsies dan met Westfalia Avokado-olie, sout en peper en braai tot goudbruin aan alle kante oor ‘n matige hitte. Sit die uie in die Chardonnay en laat prut totdat die Chardonnay met die helfte verminder het en die uie sag en deurskynened is. Voeg dan die aftreksel by die Chardonnay en uie en laat verder prut totdat dit weer met die helfte verminder het. Voeg dan die gevulde hoenderborsies by die Chardonnaysous en laat dit prut totdat die hoender gaar is. Braai intussen die vinkel, preie en wortel in botter tot sag. Voeg die neutmuskaat en sout by en hou warm tot opdiening. Haal die hoender uit die sous, trek die tandestokkies uit en hou eenkant warm. Voeg die room by die sous en laat deurverhit. Bedien met die hoender, groente, vars druiwe en warm mosbolletjie.

(bedien met KWV Chardonnay)

Resepte: 15 November 2007

Gourmet toebroodjie

Bestanddele:

Ciabatta brood
Basiliekruid pestosous
Gekaramaliseerde uie (sny in dun ringe en braai in botter met suiker en bietjie kaneel tot gekaramaliseer)
Gerookte hoenderborsie (in skywe gesny en gemeng met Westfalia Avokado-olie, suurlemoensap en suurlemoenskil, sout en gemaalde swart peper)
Ryp briekaas, in skywe gesny
Vars basiliekruid, gekap
Vars aarbeie, deeglik gewas en in skywe gesny

Metode:

Sny die brood oop, vul met al die bestanddele, maak jou mond wyd oop, hap en smul

(Bedien met Laborie Blanc de Blanc)

Dekadente ontbyt

Bestanddele:

Kaneelbroodjie (smeer ‘n sny brood met botter en strooi met kaneelsuiker en rooster in die oond tot gesmelt)
Romerige roereier (voeg regte room by die eier en braai in botter en roer net nou en dan)
Vars perskeskywe (gebraai in botter en suiker tot gekaramaliseer)
Vars kruisement
Pekanneute
Parmesanskaafsels

Metode:

Pak alles opmekaar en bedien terwyl die roereier en perskes nog warm is

(Bedien met Laborie Blanc de Blanc)

Resepte: 8 November 2007

Spaghetti met basiliekruid en vars kappertjieblomme

(Bedien met Laborie Blanc de Blanc)

Bestanddele :

Gekookte spaghetti
Westfalia Avokado-olie, sout en vars gemaalde swart peper
Knoffeltone, fyn gekap
Suurlemoenskil, fyn gerasper
Vars suurlemoensap
Vars kruisement, fyn gekap
Vars basiliekruid, rof gekap

Metode:

Meng die Westfalia Avokado-olie, sout, peper, knoffel, suurlemoenskil en suurlemoensap deeglik en bedruip die pas gekookte (warm) spaghetti daarmee.
Meng die res van die bestanddele by wanneer afgekoel en bedien onmiddellik.

Somerslaai met perske, ham en bokmelkkaas

(Bedien met Laborie Blanc de Blanc)

Bestanddele:

Kaalgatperskes, in skywe gesny
Parmaham
Sprietuie, in skuins repe gesny
Bokmelkkaas, rof gebreek met die hand
Vars koljanderblare

Slaaisous:

Westfalia Avokado-olie
Droee vonkelwyn bv Laborie Blanc de Blanc
Dijon mosterd
Heuning

Metode:

Sit die perskes, ham, sprietuie, bokmelkkaas en vars koljanderblare op ‘n bord en bedruip met die slaaisous en sit voor met vars gebakte brood.

Resepte: 1 November 2007

Gebraaide papkoekies bedien met forel en ‘n soetwyn vinaigrette
(bedien 2)

Bestanddele:

1 k mieliemeel
1 t gemengde speserye
2 sprietuie (fyn gesny)
4 peppadews (fyn gesny)
Paar E roomkaas
2 knoffeltone, fyn gekap
Sout en peper volgens smaak
1 eier

Metode:

Sit al die bestanddele behalwe die roomkaas en die eier in ‘n glasbak en meng deeglik. Gooi genoeg water by sodat dit amper bedek is en sit kleefplatiek oor die bak en sit in die mikrogolfoond op hoog vir ongeveer 10 minute. Laat afkoel en meng dan die roomkaas en eier by. Vorm koekies dan met die hand en braai oor ‘n matige in ‘n pan met olie tot goudbruin.

Intussen bestrooi die forelfilette met vars suurlemoensap, sout en peper en braai vir ongeveer 4 minute aan elke kant tot gaar maar nie uitgedroog nie.

Vinaigrette:
Meng ‘n soetwyn (bv Pineau de Laborie) met suurlemoensap, Westfalia Avokado-olie, knoffel, klein repies suurlemoenskil, vars gemmer (gerasper) en sout en peper saam in ‘n toeskroeffles en skud tot deeglik gemeng.

Sit die warm papkoekies op ‘n bord (3 per persoon), sit die forel bo-op en ‘n handvol roketblare heelbo en bedruip met die vinaigrette en bedien onmiddellik.

Resepte: 25 Oktober 2007

Basiese Sangria resep

Bestanddele:

(Pas bestanddele aan volgens smaak)

1 bottel rooiwyn
2 skeute brandewyn
1 k vars lemoensap
¼ k suurlemoensap
1 k sodawater of gemmerlim
1 t bruinsuiker
1 k gemengde vrugte, in blokkies gesny

Metode:

Meng al die bestanddele met baie ys en bere in die yskas vir ‘n paar uur voor bediening.

Spaanse Tapas Happies

Smeer dun hamskaafsels met heuning en draai met die heuningkant na onder om die punt van ‘n broodstokkie.

Vul peppadews met bv neute, kruie en kaas en sit net so voor.

Sny ingelegde kappertjiesade versigtig oop en haal die pitte met die agterkant van ‘n teelepel uit en vul met ‘n delikate en smeerbare kaas van jou keuse.

Sny chorizo worsies in skywe en bedien op ‘n skyfie komkommer of ‘n beskuitjie met mosterd en kruie of roomkaas en kruie of waarvoor jy ookal lus voel.

 

Mexikaanse Fajitas met Salsa en Guacamole
(bedien 2)

Bestanddele:

500 g beesvleisrepeis

Marinade:
Sap van 2 vars groot suurlemoene
¼ k rooiwyn asyn
1 t suiker
2 knoffeltone, fyn gekap
½ t gemengde speserye
1 handvol vars koljanderblare (opsioneel)
1 E soyasous
sout en peper volgens smaak

1rooi soetrissie, in dun repies gesny
1 ui, in dun ringe gesny
Westfalia Avokado-olie
2 vars tamaties, ontpit en rof gekap
½ komkommer, in kleinerige blokkies gekap
vars rissie, ontpit en fyn gekap (volgens smaak)
balsamiekasyn en Westfalia Avokado-olie
1 avokado, fyn gedruk met ‘n vurk
vars suurlemoensap
2 knoffeltone, fyn gekap
sout en peper volgens smaak
suurroom (opsioneel)
gerasperde kaas
vars koljanderblare
4 warm tortillas

Metode:

Meng al die bestanddele vir die marinade en marineer die beesvleis-repies daarin oornag of vir ten minste 2 –3 ure. Braai die soetrissie en ui saam in die Westfalia Avokado-olie totdat die ui deurskyndend is en hou eenkant.

Vir die salsa: Meng die tamatie, komkommer, rissie, asyn en Westfalia Avokado-olie saam en hou eenkant.

Vir die guacamole: Meng die avokado, suurlemoensap, knoffel, sout en peper saam en sit eenkant.

Braai die vleisrepies oor ‘n vinnige hitte vir net ‘n paar minute en moenie baie roer nie. Bedien onmiddellik met die soetrissies, salsa, guacamole, suurroom, kaas en koljander in ‘n warm tortillas en drink koue KWV Suavignon Blanc saam met dit.

Nota: Die beesvleisrepies kan vervang word met hoenderrepies.

 

Spaanse Paella gedoente
(bedien 4)

Bestanddele:
Kruiemengsel:
½ k vars pietersielie, fyn gekap
sap van 1 groot suurlemoen
Westfalia Avokado-olie
2 knoffeltone, baie fyn gekap

2 hoenderborsies, rof gekap
2 chorizo worsies, gekap
4 repies spek, rof gekap
1 ui, rof gekap
1 rooi soetrissie, dun gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 E paprika
3 knoffeltone, fyn gekap
12 garnale, reeds skoongemaak
1 k hoenderaftreksel
½ k wit wyn
1 t borrie
1 k gevriesde ertjies
12 halwe skulp mossels
¼ t gedroogde rissie
sap van 2 groot suurlemoene
baie reeds gekookte basmatierys
sout en peper volgens smaak

Metode:

Meng al die bestanddele vir die kruiemengsel en hou eenkant. Verhit olie in ‘n pan oor medium hitte en braai die hoender, worsies en spek saam.
Wanneer amper gaar, voeg die ui en soetrissie by. Braai dan totdat die ui deurskynend is en voeg dan die tamaties, paprika, knoffel, garnale en kruiemengsel by. Laat kook tot deurverhit en voeg die aftreksel, wyn en borrie by en laat verder kook vir so 10 minute. Voeg dan die ertjies, mossels, rissie en suurlemoensap by en prut vir 5 minute. Sit dan die gaar rys by (die hoeveelheid hang af van jouself) Meng deur en sit sout en peper volgens smaak by en bedien.

Sit voor met Laborie Chardonnay

 

Somer groentesop
(effens aangepas uit: Food of Italy van Sophie Braimbridge en Jo Glynn )

bedien 6

Bestanddele:

1 blikkie borlottibone, dreineer
50 g botter
1 groot ui, fyn gekap
1 knoffeltoon, fyn gekap
15 g pietersielie, fyn gekap
2 vars salieblare
100g spek, in blokkies gesny
2 selderystingels, halveer en dun gesny
2 wortels, dun gesny
8 klein aartappels
1 E tamatiepasta
400g blikkie gekapte tamaties
8 vars basiliekruidblare
3 L hoenderaftreksel
2 murgpampoentjies, fyn gekap
220g vars ertjies
120 g groenbone, halveer
¼ koolkop, fyn gesny
150 g klein skulppasta
goeie pesto, volgens smaak
Parmesankaas, gerasper
Sagte baguette snye

Metode:

Smelt die botter in ‘n groot kastrol en voeg die ui, knoffel, pietersielie, salie en spek by. Kook oor ‘n lae hitte totdat die ui sag is. Voeg dan die seldery, wortel en aartappel by en kook vir ‘n verdere 5 minute. Roer dan die tamatiepasta, tamaties, basiliekruid en borlottibone by en maal baie swart peper by. Voeg dan die aftreksel by en prut vir omtrent 2 ure.
Voeg dan die murgpampoentjies, ertjies, groenbone, kool en pasta by en laat verder prut totdat die pasta gaar is.

Om te bedien: sit 2 snye brood onder in elke sopbord en smeer met pestosous. Skep dan die warm sop bo-oor en rond af met nog pesto bo-op die sop en rasper Parmesankaas oor

 

Griekse boneslaai

Bestanddele:

1 blikkie botterbone, gestoom totdat dit begin oopbars
1 handvol vars pietersielieblare, fyn gekap
1 handvol sprietuie, dun gesny
½ rooi soetrissie, in dun repies gesny
3 groot knoffeltone, fyn gekap
handvol swart olywe, ontpit
baie Westfalia Avokado-olie
sap van 1 groot suurlemoen
sout en peper volgens smaak

Metode:

Meng alles saam.

 

Beet, aspersie en lemoenslaai
(gebruik hoeveelhede volgens smaak)

Bestanddele:

langsteel broccoli
dun vars aspersies
beet, geskil en reeds gaar
babamielies
platertjies
rooi ui, in dun skywe gesny
vars lemoenskywe
geroosterde kasjoneute

Slaaisous:
vars lemoensap
dun repies lemoenskil
Westfalia Avokado-olie
gemmerstroop
witwyn
sout en peper

Metode:

Braai die broccoli en aspersies in ‘n mengsel van Westfalia Avokado-olie en botter en hou eenkant. Braai dan die mielies, platertjies en beet ook tot bruin en sit saam met die broccoli en aspersies op ‘n bord. Voeg die res van die bestanddele by en bedruip met die slaaisous. Bedien met vleis, vis of hoender tydens ‘n braai.

Sit voor met Roodeberg (wit of rooi)

 

Hoenderborsies en appelliefies geposjeer in Chardonnay
(2 porsies)

Bedien met Laborie Chardonnay

Bestanddele:

Westfalia Avokado-olie en botter
1 ui, in dun skywe gesny
2 knoffeltone, fyn gekap
4 hoenderborsies, sonder vel en been
1 t gemengde droee kruie
2 k Laborie Chardonnay
¼ k hoenderaftreksel
sout en gemaalde swartpeper, volgens smaak
½ k Dewfresh room
1 groot handvol vars appellliefies

Metode:

Verhit die Westfalia Avokado-olie en botter en braai die ui daarin tot deurskynend. Verlaag die hitte en voeg die knoffel by en braai vir ‘n verdere 2 minute.
Voeg dan die wyn en aftreksel by en laat kook. Voeg dan die heel hoenderborsies, kruie, sout en peper by en laat stadig prut totdat die hoender sag en gaar is. Net voor bedienin voeg die room en appelliefies by en laat deurverhit. Bedien op vars roketblare, gekookte en botter gebraaide wintergroente en avokado.

 

Spaghetti met frikkadelle in ‘n tamatiesous
(bedien 2)

Bedien met Laborie Pinotage

Bestanddele:

Sous:
1 E Westfalia Avokado-olie
2 knoffeltone, fyn gekap
½ ui, fyn gekap
2 wortels, gerasper
2 groot swartsampioene, gerasper
1 blikkie, tamaties
1 handvol vars basiliekruid, rof gekap
1 habdvol vars platblaar pietersielie, fyn gekap
2 E tamatiepasta
1 handvol parmesankaas, gerasper
¼ k rooiwyn
sout en vars gemaalde swartpeper, volgens smaak

Frikkadelle:

250 g maalvleis
2 stukkies spek, fyn gekap
1 E vars basiliekruid, fyn gekap
1 E vars pietersielie, fyn gekap
1 swartsampioen, gerasper
1 eier
¼ k hawermout
½ handvol parmesankaas, gerasper
sout en vars gemaalde swartpeper
Westfalia Avokado-olie

Metode:

Begin met die sous sodat dit solank kan prut. Verhit olie in ‘n pan en braai die ui daarin tot deurskynend. Voeg die knoffel, wortel en sampioene by en kook vir ‘n verdere paar minute. Voeg dan die tamatie, kruie en tamatiepasta by, roer en prut terwyl die frikkadelle voorberei word.
Frikkadelle: Meng al die bestanddele behalwe die Westfalia Avokado-olie saam in ‘n bak. Gebruik jou hand om die rou vleismengsel in frikkadelbolletjies te vorm (nie te groot nie) en braai in die Westfalia Avokado-olie totdat dit bruin aan alle kante is, maar nie uitdroog nie. Voeg nou die rooiwyn by die sous en roer. Voeg dan die frikkadelle by die sous en laat daarin kook en prut vir ongeveer 40 minute. Bedien met spaghetti en smul.

Resepte: 9 Augustus 2007

Gemmer – en rissie salm bedien met gegeurde couscous en vars roketblare
(bedien 2 )

Bedien met Laborie Sauvignon Blanc

Bestanddele:

400 g vars salm
Westfalia Avokado-olie
sout en vars gemaalde swartpeper
vars suurlemoensap
¼ k Laborie Sauvignon Blanc
gemmer – en rissie konfyt (of sous)
klaar bereide couscous
gemengde speserye
vars sprietuie, dun gesny
klontjie regte botter
vars roketblare, deeglik gewas

Metode:

Vryf die salm in met die Westfalia Avokado-olie, sout, vars gemaalde swart peper en gemmer – en rissie konfyt. Verhit intussen die pan tot ‘n matige hitte en sit die salm dan daarin. Bedruip met vars suurlemoensap en wyn en braai tot gaar. Intussen, berei die couscous en meng met die speserye en sprietuie en braai effens met ‘n groot klontjie regte botter. Wanneer die salm gaar en sappig is, bedien onmiddellik met die couscous en vars roketblare en sit voor met yskoue Laborie Sauvignon Blanc.

Resepte: 26 Julie 2007

Regte egte Spaghetti Bolonaise
(4 porsies)

Bedien met Laborie Shiraz

Bestanddele:

1 ui, fyn gekap
2 wortels, gerasper
1 selderystingel, fyn gekap
100 g gerookte spek, fyn gekap
1 E botter
750 g maalvleis
Knippie neutmuskaat
1 E gemengde vars kruie, fyngekap (salie, tiemie, roosmaryn)
½ k droe witwyn
25 g tamatiepasta
1 k beesaftreksel
½ k melk
Sout en vars gemaalde swartpeper, volgens smaak
parmesankaas

Metode:

Braai die ui, wortel, seldery en spek in die botter totdat die ui deurskynend is. Voeg die kruie, speserye, wyn en maalvleis by en braai totdat die vleis gaar is. Voeg die tamatiepasta en aftreksel by en laat prut vir omtrent 4 ure. Voeg nog aftreksel by indien nodig, voeg dan die melk, sout en peper by en kook vir ‘n verdure 3 minute en bedien met spaghetti en vars gerasperde parmesankaas.

Resepte: 19 Julie 2007

Gebraaide eendborsies met ‘n rooiwyn – en lemoensous
(2 porsies)

Bedien met KWV Cabernet Sauvignon

Bestanddele:

2 eendborsies, sny eweredige inhame in die vel
Sout en vars gemaalde swart peper

Vir die sous:
100 ml vars lemoensap
100 ml rooiwyn (KWV Cabernet Sauvignon)
50 ml hoenderaftreksel
1 E heuning
¼ t gemaalde naeltjies

Metode:

Verhit ‘n pan sonder enige botter of olie en braai dan die eendborsies droog met die vel na onder sodat meeste van die vet kan uitbraai en draai om na ongeveer 3 minute. Braai vi ‘n verdere 3 minute en haal van die plaat af. Gooi die vet af, sny die eend in dik skywe, sit die stoofplaat op laag en braai die eend verder totdat die sous reg is.

Vir die sous: Meng al die bestanddele en laat kook totdat dit met die helfte verminder het.

Bedien die eend bo-op vars lemoenskywe en gestoomde groente met die sous bo-oor.

Resepte: 12 Julie 2007

Beesstert bedien met geglasuurde worteltjies en romerige stampmielies
(Bedien 2)

Bedien met Laborie Pinotage

Bestanddele:

Koekmeelblom gemeng met sout en peper, gemaalde kaneel, naeltjies en koljander
500 g beesstert
1 E kookolie
1 ui, halveer en in dun skywe gesny
2 knoffeltone, fyn gekap
1 blikkie geskilde en gekapte tamaties
1 k Laborie Pinotage
1 bier (Milk Stout)
2 takkies vars roosmaryn
Sap van 1 lemoen
Lemoenskil, in dun repies gesny

Metode:

Rol die beesstertstukke in die mengsel van koekmeelblom en speserye. Verhit die olie in ‘n kastrol en braai die beesstert daarin tot bruin aan alle kante. Haal die beesstert uit die kastrol en braai die ui tot deurskynend.
Voeg dan die beesstert saam met die res van die bestanddele by en laat kook vir omtrent 6 ure of totdat die vleis van die been begin afval. As die vloeistof te min raak, voeg net nog wyn en water by. Bedien met geglasuurde wortels en romerige stampmieleis.

Geglasuurde wortels:

Kook babawortels tot sag. Voeg sap van 2 lemoene en ½ k suiker, lemoenskil en kaneel by en laat kook totdat die wortels gekarameliseer het.

Romerige stampmielies:

Week die stampmielies oornag in water. Spoel dan af en kook tot gaar. Skep in ‘n pan en eindig dit af deur te kook in baie botter, room, witpeper en sout en bedien.

Resepte: 5 Julie 2007

Rooiwyn geposjeerde pere
(bedien 4)

Bestanddele:

4 pere, geskil
2 k rooiwyn
1k water
1 k suiker
2 E vars suurlemoensap
1 t suurlemoenskil, fyn gesny
2 t vanieljegeursel
2 t gemaalde kaneel
¼ t gemaalde naeltjies

Metode:

Meng al die bestanddele behalwe die pere en laat kook. Sit die plaat op ‘n laer hitte, voeg die geskilde pere by en laat kook totdat die pere saggerig is. Sorg dat die pere heeltyd bedek is sodat dit egalig van kleur sal verander. Wanneer reg, sny in skywe en bedien OF as ontbyt met gebraaide varkworsies, plaatkoekies en Mascarponekaas OF as nagereg met roosmaryn gegeurde room of Mascarponekaas en die rooiwynsous OF as ‘n winterslaai met donkergroen slaaiblare, bloukaas en gebraaide varkworsies en die rooiwynsous gemeng met Westfalia Avokado-olie.

Resepte: 28 Junie 2007

Stadiggekookte skaapkneukels met rooibostee gesposjeerde droëvrugte
(bedien 4)

Bedien met KWV Reserve Cabernet Sauvignon

Bestanddele:

30 ml kookolie
1,2 kg skaapkneukels (of enige verkose snit aan die been)
sout en gemaalde swartpeper , volgens smaak
2 uie, in dun skywe gesny
6 knoffeltone, fyn gekap
2 roosmaryntakkies
1 kaneelstokkie
¼ t gemaalde naeltjies
2 E bruinsuiker
500 ml KWV Reserve Cabernet Sauvignon
2 k sterk effens versoete rooibostee
1 k gedroogde droëvrugte

Metode:

Vryf die skaapkneukels in met die sout en peper. Verhit die olie in ‘n pan en braai die skaapkneukels bruin aan alle kante en voeg die uie, knoffel en naeltjies by en braai vir ‘n verdure 3 minute. Voeg dan die roosmaryntakkies, kaneelstokkie, bruinsuiker en rooiwyn by en laat kook. Wanneer dit kook draai die stoofplaat laer en prut met die deksel op totdat die vleis amper van die been afval. (Dit kan ‘n paar uur duur – afhangende van die kwaliteit van die vleis).

Wanneer die vleis amper reg is, posjeer die droëvrugte in die effens versoete rooibostee tot sag en bedien met die skaapkneukels, gebraaide murgpampoentjies ,(in skywe gesny) en couscous.

Resepte: 21 Junie 2007

Ratatouille
(bedien 8)

Bestanddele:

3 uie, in ringe gesny
3 eiervrugte, in blokkies gekap
3 rooi soetrissies, in repies gesny
4 murgpampoentjies, rof gekap
1 blikkie tamaties, opgekap en geskil
10 sampioene, rof gekap
2 tone knoffel, rof gekap
1 t gemaalde koljander
sout en vars gemaalde swart peper volgens smaak
1 handvol vars basiliekruid, rof gekap
1 handvol vars pietersielie, rof gekap
1/2 handvol vars oreganum, rof gekap
1 k Westfalia Avokado-olie

Metode:

Verhit die olie en braai die uie daarin tot deurskynend. Voeg dan die eiervrug, soetrissies, murgpampoentjies, sampioene en knoffel by en prut vir omtrent 40 minute met die deksel op. Voeg dan die tamaties, koljander, sout en peper by, Kook vir ‘n verdere 30 minute totdat die groente sag is maar nie hul vorm verloor nie. Voeg die kruie by en bedien met varkvleis en vars lemoenskywe of laat afkoel en bedien met vars brood, balsamiese asyn, Westfalia Avokado-olie en dukkah.

Resepte: 14 Junie 2007

Bobotiemaalvleis met vetkoek en yuisgemaakte blatjang
(bedien 4)

Bedien met Pineau de Laborie

Bestanddele:

500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
30 ml kookolie
1 dik sny witbrood, gekrummel
½ k melk
sap van 1 suurlemoen
1 knoffeltoon, fyn gekap
2,5 ml gemaalde naeltjies
3 ml sout
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml kaneel
30 ml kookwater
25 ml bruinsuiker

Metode:

Braai die ui tot deurskynend en voeg dan die knoffel, naeltjies, sout, kerriepoeier, borrie en kaneel by en braai vir ‘n verdere 3 minute.
Voeg dan die maalvleis by en braai bruin. Intussen week die brood in die melk en voeg dan by die vleismengsel. Voeg nou die suurlemoensap, kookwater en bruinsuiker by en laat prut tot opdiening.

Gedroogde appelkoosblatjang

Bestanddele:

250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 t sout
1 t gemaalde gemmer
½ t gemaalde koljander
1 t rooipeper
¼ k asyn

Metode:

Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse .

Resepte: 7 Junie 2007

Marokkaanse skaapskenkels
(bedien 4)

Bedien met KWV Shiraz

Bestanddele:

4 skaapskenskels
ansjovis, knoffel en suurlemoenskil (in stukkies gesny)
1 t borrie
2 t gemaalde gemmer
2 t rooipeper (paprika)
gemaalde swart peper, volgens smaak
1 ½ t gemaalde kaneel
Westfalia Avokado-olie
5 vars knoffeltone, fyngekap
2 uie, gerasper
125 g gemengde neute
1 kaneelstokkie
500 ml tamatiesap
500 ml hoenderaftreksel
5 tamaties, gerasper (skil bly agter)
‘n handvol rosyntjies
2 E heuning
250 g klein aartappels
1 handvol vars koljanderblare

Metode:

Maak gaatjies in die skaapskenkels en stop met die ansjovis, knoffel en suurlemoenskil. Vryf die skenkels dan in met die borrie, gemmer, rooipeper, peper en kaneel en laat oornag marineer. Verhit die Westfalia Avokado-olie in ‘n pan en braai die vleis aan alle kante bruin. Voeg dan die knoffel, ui, neute, kaneelstokkie, tamatiesap en hoenderaftreksel by en laat opkook. Verminder dan die hitte en laat prut totdat die vleis amper van die been afval. Voeg die tamaties, rosyntjies, heuning en aartappels by en kook totdat die sous begin dik word en die aartappels gaar is. Verwyder die kaneelstokkie, voeg die vars koljanderblare by en bedien met stampmieleis en ‘n soet vrug bv. turksvye en geniet.

Resepte: 31 Mei 2007

Gemmer– en lemoenkonfyt vark bedien met kraakvars roerbraai groente
(bedien 2)

Bedien met Laborie Merlot

Bestanddele:

600 g varkvleisporsies, verkieslik Schnitzel
2 E grondboontjieolie
½ ui, in ringe gesny
3 E ingelegde gemmer, rof gekap
sous van die ingelegde gemmer volgens smaak
3 E lemoenkonfyt
sojasous, volgens smaak
‘n handvol vars koljanderblare

Roerbraai:
Groente van jou keuse, bv murgpampoentjies, babaspinasie, sprietuie, wortels, klein mielies, platertjies, vars rissie, radyse, ens. Sny dit in ewe groot stukke sodat dit gelyktydig gaar word.

Metode:

Braai die ui in die olie tot deurskynened. Voeg die gemmer, gemmerstroop, lemoenkonfyt en sojasous by en roer deeglik en laat verhit. Sit die varkvleisporsies bo-op en laat half gebraai half gestoom gaar word. Wanneer gaar sit die plaat af en hou die vleis warm.

Verhit ‘n Wok of ‘n ander pan, sit grondboontjieolie in, voeg die groente by en roerbraai teen ‘n hoe hitte vir omtrent 5 minute en bedien onmiddellik met die varkvleis en garneer met vars koljanderblare.

Resepte: 24 Mei 2007

Maklike hoenderkerrie

(bedien 6)

Resep vanuit Indiese Kookkuns vir Suid-Afrika deur Ramola Parbhoo

Bedien met KWV Sauvignon Blanc

Bestanddele:

1 x 1,5 kg hoender, opgesny, vel verwyder

Marinade:
1 t vars gemmer, gestamp
1 t vars knoffel, gestamp
1 E sout
1 E suurlemoensap
1 E rooi masala
1 ½ t borrie
1 E kookolie

Vagaar:
¼ k kookolie
6 kruienaeltjies
5 kardamompeule
3 kaneelstokkies, 50 mm lank

1 ½ ui, gekap
4 aartappels, gehalveer
2 lemoenpampoentjies, geskil en in blokkies gesny
2 tamaties, gerasper
1 t gharum masala
3 E vars koljanderblare, gekap

Metode:

Was die hoender en dreineer. Meng die gemmer, knoffel, sout, suurlemoensap, rooi masala , borrie en 1 E kookolie. Vryf die speserymengsel goed in die hoender en marineer vir minstens 3 uur of oornag.

Vagaar :Verhit die kookolie in ‘n groot kastrol. Voeg die naeltjies, cardamom en kaneel by en verbruin 10 sekondes lank. Voeg die ui by en braai goudbruin. Voeg die hoender by en smoor 10 minute lank. Voeg die aartappels, lemoenpampoentjie en warm water by. Bedek die kastrol en kook 30 minute lank oor matige hitte. Voeg dan die tamatie by en kook nog 15 minute. Strooi die gharum masala oor die hoender en garneer met die koljanderblare.

Sit voor met wit rys of warm roti en slaai.

Resepte: 17 Mei 2007

Rissie – en chourizo tamatiepasta
(bedien 2)

Bedien met Laborie Shiraz

Bestanddele:

1 E Westfalia Avokado-olie
¼ rooi ui, fyn gekap
½ t rissiepoeier
2 chourizoworsies, in skywe gesny
1 klein blikkie tamatiepasta
3 ryp tamaties, rof gekap
¾ k Laborie Shiraz
2 knoffeltone, fyn gekap
sout en gemaalde swart peper, volgens smaak
penne pasta, reeds gekook
vars basiliekruid vir garnering

Metode:

Verhit die Westfalia Avokado-olie in die pan en braai die ui tot deurskynend. Voeg die rissiepoeier, worsies, tamatiepasta en gekapte tamaties by en braai vir omtrent 3 minute. Voeg die wyn en knoffel by, verlaag die hitte en kook vir so 30 minute. Voeg sout en peper volgens smaak by. Meng die sous met die pennepasta en garneer met vars basiliekruid.

DIE BUNNY CHOW RESEP IS IN DIE "KOS INNIBOS" RESEPTEBOEK WAT AAN DIE EINDE VAN JUNIE 2008 BY DIE INNIBOS FEES BEKEND GESTEL WORD. ONS MAG ONGELUKKIG NIE DIE RESEP VERSKAF NIE

Resepte: 10 Mei 2007

Minestrone (groentesop):
(bedien 6)

Bedien met KWV Merlot

Bestanddele:

400 g pancetta of spek, rof gekap
1/2 ui, rof gekap
½ selderystingel, rof gekap
½ wortel, rof gekap
1 knoffeltoon, fyn gekap
½ k vars pietersielie, rof gekap
1 kg skaapskenkels
Westfalia Avokado-olie
hoender – of groenteaftreksel
¼ koolkop, fyn gekap
1 aartappel, in blokkies gesny
1 murgpampoentjie, rof gekap
1 wortel, rof gekap
1 blikkie tamaties, geskil en opgekap
1 blikkie cannellini bone, dreineer
sout en peper volgens smaak
Parmesaankaas, gerasper

Metode:

Braai die pancetta of spek saam met die ui, seldery, wortel, knoffel en pietersielie in die Westfalia Avokado-olie tot effens bruin. Voeg die skaapskenkels by en braai tot goudbruin. Voeg nou die aftreksel, kool, aartappel, murgpampoentjie, en wortel by en kook oor ‘n lae hitte totdat die vleis sag is. Haal die vleis uit, sny van die been af en sit terug in die pot en kook verder. Voeg nou die tamaties en bone by en kook vir ‘n verdure 10 minute en bedien met gerasperde parmesankaas, varsgebakte brood en ‘n glasie KWV Merlot.

Resepte: 3 Mei 2007

Pampoen – en salie herfspasta:
(bedien 6)

Bedien met Laborie Blanc de Blanc

Bestanddele:

900 g pampoen, geskil en in blokkies gesny
6 E Westfalia Avokado-olie
1 rooi ui, fyn gekap
100g ricottakaas
1 t fyn neutmuskaat
2 E vars salie, opgekap
Penne pasta, genoeg vir 6 mense, reeds gekook

Saliebotter:
250g botter
10 g vars salieblare

Parmesankaas, gerasper, volgens smaak

Metode:

Voorverhit die oond tot 190 C. Sit die pampoen in ‘n bak met helfte van die Westfalia Avokado-olie en baie sout en vars gemaalde swartpeper en bak vir omtrent 40 minute totdat dit sag is. Braai intussen die uie in die res van die Westfalia Avokado-olie en kook die pasta. Wanneer die pampoen gaar is, voeg dit by die uie, krummel die ricottakaas daarin en voeg die neutmuskaat en salie by en braai vir ‘n verdure 3 minute. Meng dit dan liggies met die pasta.

Om die saliebotter te maak: net voor bedizening, verhit die botter en salie saam in ‘n pan en laat dit smelt en effens bruin word. Bedruip die pastamengsel daarmee en bedien met gerasperde Parmesankaas.

Tossie Lochner se Pomarola – Tamatiesous:

Neem vars ryp tamaties of ‘n blik konfyt-tamaties.
‘n Paar vars blaartjies basielkruid (ook uit ‘n potjie as jy nie anders kan nie). Voeg hierby ‘n paar stukkies wortel, ‘n paar ringe uie, stukkies seldery en ‘n bietjie pietersielie. (Liewer te min as te veel, jy kan dit geleidelik aanpas by jou persoonlike smaak). Kook alles saam. Maal alles fyn met ‘m meultjie, want die stingels en skille bly so agter.
As dit nie anders kan nie, sit dit in ‘n versapper.

Die sous so verkry, word dan in die kastrol teurggesit en stadig gekook saam met ‘n stukkie botter of margarine. Selfs olie kan instaan indien jy nie botter het nie. Kook totdat die sous se dikte na jou smaak is.
Voordat jy die gekookte pasta in die opskepbak skep, gooi ‘n klein bietjie gerasperde kaas onder in die bak en meng dit met die pasta. Gooi dan van die sous oor die pasta. Die kaas sal help dat die sous eweredig versprei met die pasta en dat dit nie onder in die bak bly vassit nie.
Gooi die res van die sous in ‘n souspotjie en elkeen kan dan sy pasta verder besous soos hy wil. Bestrooi met parmesankaas.
Buon Appetito!

Resepte: 26 April 2007

Sampioen Risotto
(bedien 4)

Bedien met KWV Reserve Sauvignon Blanc

Bestanddele:

½ k uie, fyn gekap
½ stingel seldery, fyn gekap
2 E botter
1 k Arboriorys
2 ½ k hoendersftreksel
parmesankaas, gerasper en volgens smaak
sout en peper, volgens smaak

2 k sampioene, ‘n verskeidenheid, rof gekap
2 E botter
2 stingels sprietuie, fyn gekap
1 E knoffel
1/3 k KWV Sauvignon Blanc
½ k vars ertjies
‘n handvol pietersielie, fyn gekap

Metode:

Braai die ui en seldery in die botter vir 2 minute.
Voeg die rys by en braai vir ‘n verdure 3 minute
Voeg die hoenderaftreksel soplepel vir soplepel by elke keer as die vorige lepelvol geabsorbeer is en hou dit ooe ‘n lae hitte en roer aanhoudend.

INTUSSEN

Braai die sprietuie en knoffel in die botter vir 3 minute en voeg dan die sampioene by en braai vir ‘n verdere 4 minute.
Voeg dan die witwyn by en kook vir 7 minute.
Voeg dan die sampioenmnegsel by die rys (indien al die aftreksel al gebruik is en die rys gaar is), voeg die ertjies by en kook vir 3 minute.
Roer die kaas en pietersielie by, sit die deksel op en laat dit staan vir 2 minute sodat dit werklik romerig raak en bedien onmiddellik..

Resepte: 19 April 2007

Geurige gemmergarnale

Bestanddele:

6 groot garnale
2 E Westfalia Avokado-olie
2 knoffeltone, fyn gekap
¼ suurlemoengras, in dun ringetjies gesny
1 t suiker
1 E vars gemmer, fyn gekap
2 sprietuie, rof gekap
1 klein ui, rof gekap
1 E sojasous

Metode:

Verhit die olie in ‘n pan totdat dit amper begin rook. Voeg die knoffel, gemmer en suurlemoengras by en braai vir 1 minuut. Voeg nou die sprietuie en uie by en braai vir ‘n verdere 2 minute. Voeg die garnale by en braai totdat hulle verkleur. Voeg dan die sojasous en suiker by, roer vir ‘n verdure 2 minute en bedien met bros brood.

Eenvoudige garnaalkerrie
(bedien 4)

Bestanddele:

1 kg garnale
3 tone knoffel, fyn gekap
1 t vars gemmer, fyn gekap
4 sprietuie, rof gekap
3 E Westfalia Avokado-olie
1 E gemaalde koljander
½ vinkelsade
¾ t mosterdsade
¼ t kaneel
1 k klapperroom
1 k vars koljanderblare, rof gekap

Metode:

Skil die garnale, maar los die sterte nog aan. Verhit die olie in ‘n pan en voeg die knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut. Voeg dan die koljander, vinkel en mosterd by en braai vir ‘n verdere 2 minute. Voeg die klappermelk by en roer totdat dit deurwarm is. Sit die garnale by en kook totdat hulle verkleur en sag is. Roer die vars koljanderblare by en bedien met basmati – of jasmynrys.

Resepte: 12 April 2007

KWV Cabernet Sauvignon en - kersiesous:
(bedien 1)

Bestanddele:

1 k KWV Cabernet Sauvignon
½ k vars kersies of gebottelde Marachino kersies, ontpit en rof gekap
1 middelslagui, opgekap
1 toon knoffel, fyn gekap
2 k goeie hoenderaftreksel
1 t botter
sout en vars gemaalde swart peper

Metode:

Sit die rooiwyn, kersies, ui en knoffel in ‘n pan en laat kook vir omtrent 10 minute totdat dit amper heeltemal verdamp en gekonsentreerd is.
Voeg dan die aftreksel by en kook vir ‘n verdure 15 minute. Wanneer die sous effens verdik het, voeg die botter by om die sous ‘n glans te gee, sit sout en peper volgens smaak by en bedien met kruisskyf en romerige kapokaartappels.

Resepte: 29 Maart 2007

Tradisionele Griekseslaai:

Bestanddele:

3 E goeie Westfalia Avokado-olie
1 1/2 E vars suurlemoensap
1 toon vars knoffel, fyn gekap
1/2 t gedroogde orego
1/4 t sout
1/4 t vars gemaalde swart peper
3 tamaties, in wiggies gesny
1/4 rooi ui, in ringe gesny
1/2 komkommer, in dik blokkies gesny
1/2 groen soetrissie, in repe gesny
120 g fetakaas, in blokkies gesny
16 kalamataolywe

Metode:

Meng die Westfalia Avokado-olie, suurlemoensap, knoffel, orego, sout en peper deeglik om 'n slaaisous te vorm. Meng die res van die bestanddele en bedruip met die slaaisous. Bedien met vars brood en regte botter.

Nicoise slaai: (van James Martin)
(bedien 2)

Bestanddele:

60 g gemengde slaaiblare
1 blikkie tuna in olie
60 g dun groenbone, effens gekook
2 tamaties, in wiggies gesny
2 hard gekookte eiers, in 4 gedeel
6 gekookte baba-aartappels
1/2 handvol swart olywe
1/2 blikkie ansjovis in olie

Slaaisous:
3 E Westfalia Avokado-olie
1/2 t Dijon mosterd
1 E witasyn
sout en vars gemaalde swart peper, volgens smaak

Metode:

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies op. Dreineer die tuna en vlok oor die slaaiblare. Voeg die bone, tamaties, eiers, aartappels, olywe en ansjovis by. Maak die slaaisous, gooi oor die slaai en bedien onmiddellik.


Waldorfslaai:
(bedien 2)

Bestanddele:

1/2 k gekapte, effens geroosterde okkerneute
1/2 k seldery, dun gesny
1/2 k rooi pitlose druiwe, halveer
1 soet appel, in blokkies gesny
3 E mayonnaise
1 E vars suurlemoensap
sout en vars gemaalde swart peper
Gemengde slaaiblare

Metode:

Meng die mayonnaise en suurlemoensap deeglik en voeg die sout en peper by. Meng die res van die bestanddele met die slaaisous, behalwe die slaaiblare. Laat effens staan en bedien op vars slaaiblare en geniet dit met 'n glas yskoue witwyn.

Resepte: 22 Maart 2007

Paasbolletjieresepte

Paasfees koekstruif:
(bedien 4)

Bestanddele:

3 paasbolletjies, in blokkies gesny
50 -60 ml soetwyn of sjerrie
2 blikkies ontpitte swart kersies in stroop
250 ml vla
250 ml mascarpone kaas
1 handvol kasjoeneute

Metode:

Verdeel die paasbolletjies in 4 diep nagereg glase en week met die soetwyn of sjerrie. Meng die vla en die mascarponekaas met 'n groot lepel en roer liggies. Sit van die kersiestroop oor die geweekte bolletjies, sit dan die helfte van die kersies oor en dan die vlamengsel. Sit die res van die kersies bo-op en garneer met kasjoeneute en bedien.

Geroosterde paasbolletjie oop-broodjie

Bestanddele:

1 paasbolletjie, verdeel, gerooster en gebotter
1 handvol vars roketblare
ryp briekaas, in skywe gesny
geroosterde biefstukskywe
vars lemoenskywe
Westfalia Avokado-olie
wit balsamiese asyn

Metode:

Sit die 2 helftes van die geroosterde paasbolletjies op 'n bord en pak dan die res van die bestanddele op, bedruip met Westfalia Avokado-olie en balsamiekasyn en bedien.

Gerookte makriel bedien met 'n paasbolletjies en groenslaai

Bestanddele:

Gerookte makriel
1 paasbolletjie
gemengde vars slaaiblare
1 radys, in dun skywe gesny
1/2 klein komkommer in lang repe gesny met 'n aartappelskiller
2 sprietuie, in fyn dun skywe gesny
ontpitte druiwe
Westfalia Avokado-olie
wit balsamiese asyn
veenbessiesap (cranberry juice)
sout en vars gemaalde swartpeper volgens smaak
druiwekonfyt

Metode:

Meng die Westfalia Avokado-olie, wit balsamiese asyn, veenbessiesap, sout en peper saam. Meng die slaaiblare, radys, komkommer, sprietuie en druiwe saam en bedruip met die slaaisous. Sit voor met die gerookte makriel, 1 paasbolletjie en druiwekonfyt.

Resepte: 15 Maart 2007

Plaatkoekies met spek, stroop en vars granaatpitte

Bestanddele:

1 eier
62 ml strooisuiker
125 ml melk
125 ml avokado olie
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
spek, gebraai tot bros
stroop
vars granaatpitte (of vars vrugte van enige soort)

Metode:

Klits die eier en suiker saam en voeg helfte van die melk en al die olie by en klits goed. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die eiermengsel en roer tot al die klontjies weg is. Voeg die res van die melk stadig by die beslag en meng goed. Smeer die pan met olie en skep eetlepelsvol in die pan en sorg dat die plaatkoekies nie aanmekaar raak nie. Draai elke plaatkoekie versigtig om sodra dit lugblasies vorm, en bak tot goudbruin. Bedien met bros spek, stroop en vars vrugte van jou keuse.

'Granola' Vrugtesosaties

Bestanddele:

1 k 'granola'
1 appel, in stukke gesny
1 piesang, in stukke gesny
1 kaalgatperske, in stukke gesny
1 k vars pynappelstukke
1 k vanilje jogurt

Metode:

Sit die 'granola' in 'n bord. Meng die vrugte versigtig met 'n bietjie vars suurlemoensap sodat dit nie verbruin nie. Sit 'n tandestokkie in elke vrug en doop in die jogurt en rol in die 'granola' vir bediening.

Soet Franse Roosterbrood
(bedien 1)

Bestanddele:

1 eier
1/4 k melk
1/3 t vaniljegeursel
1/3 E botter
1 sny brood van jou keuse
kaneelsuiker
stroop

Metode:

Meng die eiers, melk en vanieljegeursel deeglik en week die brood daarin. Smelt intussen die botter in 'n pan en braai die brood tot goudbruin aan albei kante. Strooi kaneelsuiker oor en bedien met stroop.

Resepte: 1 Maart 2007

Hoenderslaai met pynappel
(bedien 4)

Bestanddele:

1 blik pynappelstukke
2 k gerookte hoender, opgesny
1/2 k seldery, in dun skywe gesny
1/2 k rosyntjies
1/2 k geroosterde splinteramandels
2 sprietuie, opgekap
1/3 k mayonnaise
1/3 k suurroom
1 t gepoeierde koljander
1/4 t droe mosterd
'n knippie gemengde speserye
1 toon knoffel, fyn gesny
`n knippie rooipeper
gemengde blaarslaai

Metode:

Meng die hoender, pynappel, seldery, rosyntjies, amandels en uie in `n bak. In `n ander bak meng die res van die bestanddele. Meng die slaaisous met die hoendermengsel. Bedien bo-op slaaiblare of op `n toebroodjie.

Garnaal - en pynappelkerrie

Bestanddele:

3 1/2 k klappermelk
3 E seekos kerriepasta
2 E vars lemmetjie- of suurlemoensap
2 E tamarynsap
1 E ligte bruinsuiker
2 k gekapte vars pynappelstukke
250 g klaar skoongemaakte garnale

Metode:

Meng die klappermelk, kerriepasta, lemmetjiesap, tamarynsap en suiker saam in 'n pan. Laat dit kook en voeg die garnale en pynappel saam en laat kook vir 'n paar minute totdat die garnale gaar is. Bedien warm met basmatierys.

Vars pynappel nagereg
(gebruik hoeveelhede volgens smaak)

Bestanddele:

ryp en soet pynappelstukke
suikerstroop
vars kruisement, fyn opgekap
dik gewone jogurt

Metode:
Meng die pynappelstukke, kruisement en suikerstroop saam en bedien met dik room of jogurt.

Pina Colada

Bestanddele:

30 ml Bacardi Rum
120 ml pynappelsap
30 ml Malibu of klappermelk
15 ml suikerstroop
ys
kruisement (opsioneel)

Metode:
Skud al die bestanddele deeglik in `n skemerkelkiehouer en geniet.

Resepte: 23 Februarie 2007

Biltongsmeer

Bestanddele:

125 g gladde roomkaas of suurroom met grasuie
30 ml mayonnaise
30 ml suurlemoensap
125 ml poeierbiltong
sout en vars gemaalde swart peper volgens smaak
mosterd (opsioneel)

Metode:

Meng al die bestanddele deeglik en smeer op jou gunsteling brood en geniet.

Biltong – en druiweslaai
(gebruik hoeveelhede volgens smaak)

Bestanddele:

vars roketblare
pitlose druiwe
gepoeierde komynsade
nat biltong, dun gesny
parmesanskaafsels

slaaisous:
korrelkonfyt
Westfalia Avokado-olie
suurlemoensap
vars gemaalde swart peper

Metode:

Braai die biltong, druiwe en komyn saam in ‘n warm pan vir ‘n paar minute. Meng intussen die slaaisous, bedien die biltongmengsel bo-op die vars roketblare, bedruip met die slaaisous en garner met parmesanskaafsels.

(kan die druiwe en korrelkonfyt vervang met ingelegde groen vye in stroop)

Oop Caprese Lasagne
(bedien 1)

Bestanddele:

3 velle klaargekookte lasagnevelle (goed bedruip met Westfalia Avokado-oliesodat dit nie aanmekaar vassit nie
1 vars groot ryp tamatie (in skywe gesny)
gelyke hoeveelhede mozzarella skywe as tamatie
1 handvol nat biltong, in skywe gesny
vars basiliekruid, deeglik afgespoel
1 knoffeltoon, fyn gekap
goeie Westfalia Avokado-olie
½ handvol geroosterde sonneblomsade

Metode:

Rangskik al die bestanddele in lae bo-op mekaar en herhaal 2 keer met die lasagnevelle tussensin en bedien as ‘n voorgereg of ‘n ligte middagete.

Resepte: 16 Februarie 2007

Avokado, mango- en tamatiesalsa
(bedien 6)

Bestanddele:

1 mango, geskil en in blokkies gesny
1 avokado, geskil en in blokkies gesny
2 tamaties, in blokkies gesny
1 rissie, ontpit en fyngekap
½ k vars koljanderblare, opgekap
1 knoffeltoon, baie fyn gekap
1 t sout
¼ k vars lemmetjie – of suurlemoensap
1/3 rooi ui, fyn gekap
3 E Westfalia Avokado-olie

Metode:

Meng die mango, avokado, tamatie, rissie, koljander en knoffel saam.
Maak dan die vinaigrette deur die sout, lemmetjiesap, ui en Westfalia Avokado-olie deeglik te meng. Voeg die vinaigrette by die res van die bestanddele en laat in die yskas staan vir omtrent ½ uur. Bedien saam met wit vis, hoendervleis, varkvleis of saam met ‘n hamburger of vleistoebroodjie.

Kraakvars oosterse mango- en beesvleisslaai
(bedien 4)

Bestanddele:

1 beesfilet
250 ml spruitjies
250 ml jong spinasieblare
175 ml platertjies
175ml baba mielietjies
175 ml komkommer, geskil en in lang papierdun repe gesny
30 ml rissies, ontpit en fyngekap
125 ml vars kruisement, gewas
125 ml vars koljander, deeglik gewas
60 ml gesoute grondboontjies

Slaaisous:
60 ml lemmetjie – of suurlemoensap
45 ml Westfalia Avokado-olie
45 ml grondboontjieolie
15 ml soyasous
5 ml bruinsuiker
15 ml vars gemmer, geskil en fyn gekap
1 knoffeltoon, fyngekap

Metode:

Sny die filet in dun repe en braai in ‘n vuurwarm oond vir net ‘n paar minute sodat die vleis nog pienk is binne. Haal uit die pan en laat eenkant rus.
Meng solank die slaaisousbestanddele deeglik. Meng die res van die bestanddele , sit die vleis oor en dan die slaaisous en bedien onmiddellik.

Gekaramaliseerde mango

Bestanddele:

1 mango, geskil en in lang repe gesny
2 E versiersuiker
bietjie witwyn
nog ‘n bietjie versiersuiker
kruisement (vir garnering)
dik room

Metode:

Maak ‘n pan vuurwarm en sit die mangostukke in en strooi versiersuiker oor. Laat braai vir ‘n paar minute totdat die mango karamaliseer
Sit die pan af en gebruik witwyn om die mango uit die pan los te kry.
Sit op ‘n bord, sif nog versiersuiker oor en bedien met dik room en garneer met kruisement.

(Kan dit vir ontbyt ook bedien met jogurt)

Resepte: 9 Februarie 2007

Valentynsresepte

Voorgereg:
Brushetta met ham en perske

Bestanddele:

franse witbrood of ‘n Ciabatta (in snytjies gesny)
Westfalia Avokado-olie
dun gesnyde en gerookte hamskywe
vars kaalgatperskes (opgekap in blokkies)
vars pruime (opgekap) opsioneel
balsamiekasyn
vars slaaiblare van u keuse

Metode:

Rooster die snytjies brood en sodra dit reg is besprinkel deeglik met Westfalia Avokado-olie. Meng intussen die perskestukke (en of pruimstukke) met die balsamiekasyn. Sit die slaaiblare op die brushettabroodjie, dan die gerookte ham en dan die perskemengsel en bedien.

Hoofgereg:
Salm met ‘n vokelwyn- en dragonsousie bedien op pasta
(bedien 2)

Bestanddele:

½ t Westfalia Avokado-olie
2 E sprietuie, fyn gekap
1 k groenteaftreksel
¼ k vonkelwyn
sap van ½ lemoen
¼ t dragon
2 salm filette
sout en witpeper na smaak
½ pomelo, geskil en gesegmenteer
½ lemoen, geskil en gesny
spaghetti of fettucini (reeds gekook en goed geweek met Westfalia Avokado-olie)
aspersies (gekook in vinnig kokende water vir 3 minute)
vars rooi roosblare

Verhit die Westfalia Avokado-olie en braai die sprietuie vir 3 minute. Voeg die aftreksel, vonkelwyn, lemoensap en dragon by en laat verhit. Sit intussen sout en peper oor die salm en voeg dan saam met die pomelo en lemoen-segmente by bg. vloeistof en posjeer vir so 4 minute. Haal die salmfilette uit en laat die sous vir nog ‘n paar minute verder kook en bedien dan die salm bo-op die pasta met sous oor en versier met aspersies en vars rooi roosblare.

Nagereg:
Vars aarbeie gedoop in ‘n warm sjokoladesous

Bestanddele:

Vars aarbeie, deeglik gewas
Nutella sjokoladesmeer
Vars room

Metode:

Verhit die Nutella saam met die room oor ‘n bain marie, skep in ‘n mooi bakkie en voer jou geliefde deur die aarbeie eers in die sjokoladesousie te doop en geniet saam met ‘n vonkelwyn skemerkelkie.

Vonkelwynskemerkelkie

Bestanddele:

2-3 druppels Angostura bitters
Semi-soet vonkelwyn (yskoud)
1 skeut brandewyn
granaatpitte of enige rooi vrug vir versiering

Meng al die bestanddele saam en geniet.

Resepte: 2 Februarie 2007

Volgraan pannekoekies

Bestanddele:

1 k melk of karringmelk
1 eier
85 ml witmeel
85 ml nutty wheat
1/4 t kaneel
2 E rosyntjies
Westfalia Avokado-olie om te braai

Metode:

Klits die melk of karringmelk deeglik saam met die eier. Voeg die res van die bestanddele by en laat die mengsel rus vir 1/2 uur. Verhit die olie in 'n pan en maak die pannekoekies dan so groot soos verlang. Wanneer gaar bedien net so met heuning en kaas of met piesang of perskestukke en maaskaas of jogurt. Kan dit ook 'n oulike vorm gee deur 'n koekiedrukker te gebruik nadat dit gaar is.

Boneburger

Bestanddele:

1/2 ui, gerasper
1/2 wortel, gerasper
1/3 soetrissie, fyn gekap
1 knoffeltoon, fyn gekap
1/4 t gemaalde koljander
1/2 blikkie gemengde bone, dreineer en fyngedruk
1 t tamatiepasta
1 eier geklits
bietjie broodkrummels
gerasperde kaas

Metode:

Meng al die bestanddele saam. Verhit olie in 'n pan en skep lepelsvol daarin en druk plat en braai aan albei kante tot gaar. Bedien in klein rolletjies met tamatiesous.

Gesonde kosblikidees

  • waatlemoen - en papajasosaties
  • klaar geskilde litchies
  • wortelstokkies
  • jogurt (en 'n teelepel)
  • vrugtesappie gevries (hou dan sommer die ander kos ook koud)
  • `n handvol rosyntjies
  • gekookte mielies, opgekap in kwarte
  • geskilde kiwivrug op 'n roomysstokkie
  • effens gesoute springmielies
  • vars perskewiggies
  • pitlose druiwe
  • mini pitabroodjie gevul met oorskiethoender en mango stukkies
  • franse roosterbroodvorms, net so of met kaas en heuning
  • klein tamaties
  • pynappel en spanspeksosaties
  • kaashappies
  • gesondheidstafies
  • servet
Resepte: Desember 2007

Koekies

Bestanddele:

750g koekmeel
500g sagte botter (nie margarine)
250g suiker

Metode:

Voorverhit die oond op 160 C. Meng intussen al die bestanddele goed saam en druk uit met die hand op 'n oppervlak gestrooi met koekmeel. Druk die vorms uit met 'n koekiedrukker en plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir omtrent 35 minute of tot gaar - hou die koekies maar dop want hulle moet nie bruin word nie. Strooi onmiddellik strooisuiker op sodra dit uit die oond kom en geniet.

Kan bv tydens kersfees of vir 'n variasie 'n knippie kaneel en naeltjies bysit of selfs kardemom.

Resepte: 24 November 2007

Thai komkommer – en – gesiggieslaai
(bedien 4)

Bestanddele:

4 sprietuie
1 E sonneblomolie
2 komkommers, ontpit en geskil
1 E bruinsuiker
2 E ayn
1 vars rissie, ontpit en fyn gekap
50 g geroosterde grondboontjies
2 E vars koljanderblare
vissous (volgens smaak)
gesiggie blomblare, gewas

Metode:

Braai die sprietuie in olie. Sny die komkommer in blokkies. Los die suiker op in die asyn. Meng die asynmengsel deur die komkommer en voeg dan al die ander bestanddele by behalwe die vissous en gesiggieblare.
Bedien met varkfilet of gestoomde hoenderborsies. Sit vissous volgens smaak by en strooi gesiggie blomblare oor.

Spaghetti met roosblaarpesto
(bedien 4)

Bestanddele:

2 k vars basiliekruid
1 k roosblare (organies, uit jou tuin)
4 groot knoffeltone, geskil en fyn gekap
¼ k sonneblomsade, droog gerooster
1 k goeie Westfalia Avokado-olie
1 E rooswater
1 1/4 k gerasperde vars parmesankaas
sout en vars gemaalde swartpeper volgens smaak
spaghetti, klaar gaar
pastawater
room

Metode:

Was basiliekruid en roosblare deeglik, maak droog en splinter met ‘n skerp mes. Voeg dan die knoffel en sonneblomsade by. Meng dan die Westfalia Avokado-olie en rooswater stadig by en meng goed. Voeg dan die kaas, sout en peper by en meng dan van die pastawater en room by die pesto en meng dan alles met die pasta. Garneer met roosblare en bedien.

Geglasuurde kaalgatperske – en – laventelslaai
(bedien 4)

Bestanddele:

Slaaisous:
1 E sprietuie, fyn gekap
1 E vars laventelbloeisels, fyn gekap
1/3 k appelasyn
1/3 k heuning
1 k Westfalia Avokado-olie
sout en gemaalde swartpeper volgens smaak

Slaai:
4 k gemengde slaaiblare
½ k halloumikaas, in skywe gesny en in botter gepanbraai tot goudbruin
2 E geroosterde sonneblomsade
8 kersietamaties, in die helfte gesny
1 E botter
1 E heuning
8 ryp kaalgatperskes , in wiggies gesny

Metode:

Braai die perskes met die botter en heuning vir so 4 minute. Meng al die bestanddele vir die slaaisous . Sit die warm perskes bo-op die res van die slaaibestanddele , bedruip met die slaaisous, garneer met vars laventelbloeisels en bedien onmiddellik.

Resepte: 17 November 2007

Waatlemoen - en groen peperkorrelsalsa
(bedien 4)

Bestanddele:

2 E rooi uie, opgekap
8 E waatelemoen, ontpit en in klein blokkies gekap
sap van 1 lemmetjie
2 E groen peperkorrels, dreineer
1/8 t rooipeper
sout volgens smaak

Metode:

Meng al die bestanddele en verkoel in die yskas vir omtrent 1 uur.
Bedien met gerookte hoender, vis of vark en 'n groen slaai.

Gegemmerde waatlemoen mengsel
(bedien met jogurt vir ontbyt of met room of roomys vir nagereg)
(bedien 6)

Bestanddele:

1/8 k suiker
1/8 k water
1 t lemmetjieskil, gerasper
3 E vars lemmetjiesap
1 E vars gemmer, geskil en fyn opgekap
1 E vars kruisement
4 k waatlemoenballetjies
1 k spanspekballetjies
1 k winterspanspekballetjies

Metode:

Kombineer die eerste 6 bestanddele in 'n bak en sit eenkant.
Kombineer dan die waatlemoen - en spanspekballetjies en meng die suiker, gemmer en lemmetjies-mengsel daarmee. Verkoel in die yskas vir 'n uur en bedien.

Waatlemoen - en rooiuislaai

Bestanddele:

1 E sprietuie, opgekap
1/3 k geblikte bessies, dreineer
1/3 k bessieasyn (meng die sous van die dreineerde blikkie bessies met appelasyn)
2 t heuning
1/3 k Westfalia Avokado-olie
2 rooiuie, in dun ringe gesny
2 k vars bronkors
2 k vars roket
8 k waatlemoen, in blokkies gekap
sout en peper volgens smaak

Metode:

Klits die sprietuie, asyn, heuning en olie saam in 'n bak en voeg sout en peper volgens smaak by. Gooi die vinaigrette oor die uieringe en laat in die yskas marineer vir 20 minute. Meng die res van die bestanddele en bedruip met die uieringe en vinaigrette.

Waatlemoen Gazpacho

(bedien 4)

Bestanddele:

6 k waatlemoen, ontpit en in blokkies gesny
1 1/2 k opgekapte soet appels
1/2 k uie, fyngekap
1/2 k groen soetrissie, fyn opgekap
1 t gedroogde basiliekruid
1/4 t rissiepoeier
1 E appelasyn
sout en gemaalde swartpeper volgens smaak

Metode:

Meng al die bestanddele deeglik en verkoel in die yskas vir omtrent 1 uur en bedien onmiddellik as 'n versnappering of as 'n voorgereg.

Resepte: 10 November 2007

Al hierdie resepte kan met gewone tamaties ook gemaak word.

Caprese slaai

Bestanddele:

Ryp Kumatos (in skywe gesny)
Mozzarella bolle of bokmelkkaas (in skywe gesny)
Vars basiliekruid (gewas en opgekap)
Westfalia Avokado-olie
Kappertjiesade
Koffel (fyn gekap)
Geroosterde sonneblomsade (droog gerooster in 'n pan)
Vars basiliekruid (vir garnering)

Metode:

Meng die opgekapte basiliekruid, Westfalia Avokado-olie, kappertjiesade, knoffel en geroosterde sonneblomsade deeglik en gebr

 
kykNET      Dawn Wing            On Demand      Itsy_bitzy      Flexi Rent
Developed and hosted by sted by vanTo Technologies - Making IT Possible | Website Administration by Itsy Bitzy Marketing