By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weervoorspelling

2 Julie 2022

Weervoorspelling

SATERDAG
Landwyd mooiweer met matige temperature terwyl 'n Kouefront oor die land inbeweeg. Dit sal sterk noordwestewinde in die suidwestelike binneland bring terwyl reën en koue oor die Kaap inskuif. Wolklose toestande sal koue weer in die oggend oor die Oostelike binneland bring.

SONDAG
Die eerste kouefront beweeg tot die suidooste van die land terwyl 'n tweede front oor die land inbeweeg. Neerslag in die suide sal kuslangs tot die Oos-Kaap uitbrei terwyl nuwe koue en reën oor die Kaap inbeweeg. Die res van die land bly mooiweer maar steeds koelerig in die oggend oor die oostelike binneland.

MAANDAG
Neerslag sal tot die noordkus van KZN skuif terwyl die res van die land sonnige maar relatiewe koelerige weer kan verwag. Wolklose toestande en aardstraling dra by tot koue weer in die oggend oor die wes en sentrale binneland. Die oostelike binneland bly op hierdie stadium effens warmer maar steeds koel.  

DINSDAG
'n Laagdruk wat oor die suidooste van die land ontwikkel bring reënweer oor die Oos-Kaap, selfs met 'n moontlikheid van 'n paar harde reënbuie teen die oostelike kusgebied en 'n bietjie sneeu oor die Lesotho Hooglande. Dit bly egter mooiweer oor die res van die land maar koud in die oggend.   

WOENSDAG
Reënerigheid skuif kuslangs tot die KZN noordkus terwyl dit mooiweer maar koud oor die res van die land bly. Die oostelike binneland kan op hierdie stadium temperature bende 0°C in die oggend verwag.  

DONDERDAG
Met 'n hoogdruk wat oor die oostelike binneland stelling inneem kan ons landwye mooiweer verwag. Nie so vreeslik koud in die oggend nie en matige temperature gedurende die middag. 'n Kouefront behoort teen die Kaap inbeweeg met koue en reën met 'n sterk noordwestewind wat dit voorafgaan.  
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions