Continental Cables: Die leier in die elektriese kabel-industrie met kundigheid, kwaliteit en keuse van industriële kabels
Sedert die stigting van Continental Cables in 2007, is hul missie duidelik: om nywerhede regoor Afrika van betroubare, hoë kwaliteit elektriese kabels en professionele advies te voorsien. Met takke in Alrode, Pretoria, Durban en Mbombela het hul oor die jare ’n sterk reputasie opgebou as een van die top verspreiders van elektriese kabels en verwante produkte.
Alhoewel elektriese kabels hul kernfokus is, bied hul ook ’n uitgebreide reeks aanvullende elektriese en transmissie-toebehore om die konstruksie-, energie- en infrastruktuursektore ten volle te ondersteun. Hul kabels en produkte is SABS-getoets en -gesertifiseer, en voldoen streng aan IEC-, SANS- en ISO 9001-gehaltebestuursstandaarde.
Hul produkreeks sluit in:
- Staaldraad-gepanserde kabels: Lae- en mediumspanning (600/1000V tot 33kV, XLPE of PVC, in koper of aluminium).
- Buigbare sweiskabels.
- Algemene bedrading (GP-draad van 1mm² tot 240mm²).
- Surfix-kabels, rond en plat.
- Sonkragbedrading.
- Rubberkabels.
Met ’n span wat saam meer as 100 jaar se ondervinding in die elektriese kabelbedryf het, word hul sukses gedryf deur ’n passie vir uitnemendheid. Hul streef daarna om topgehalte produkte teen mededingende pryse aan hul kliënte te lewer, ondersteun deur diens waarop jy kan staatmaak.
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees