Maak jou velsorg hierdie Winter prioriteit.
Wanneer die koue wintermaande aanbreek, trek ons warm aan, drink meer warm drankies en bly graag binne — maar vergeet ons nie dalk van ons vel nie? Jou vel is jou grootste en belangrikste orgaan, en dit benodig spesiale aandag veral in die winter. Die lae temperature, binnenshuise verhitting en droër lug kan jou vel maklik uitput en bros laat voel. Daarom is dit belangrik om jou velsorgroetine aan te pas vir die seisoen.
Sonskerm is steeds ‘n moet
Een van die grootste mites is dat mens net sonskerm in die somer moet dra. Die waarheid is dat UV-strale die hele jaar deur teenwoordig is — selfs op bewolkte en koue dae. Deur daagliks sonskerm aan te wend, beskerm jy jou vel teen voortydige veroudering en sonbeskadiging. Die Translucent Day SPF 30 Cream is ideaal vir daaglikse gebruik — dit trek vinnig in, voel lig op die vel en brand nie die oë nie. Dis perfek vir mans en dames wat ‘n eenvoudige maar effektiewe sonskerm wil hê.
Droë kopvel en haarverlies? Ons het ‘n oplossing
Met die koue weer kom ook droër hare en kopvelle. As jy agterkom dat jou kopvel begin skilfer of jou hare dof en weerloos lyk, is dit dalk tyd om na jou kopvel se gesondheid om te sien. Die BioMedical Emporium Scalp Serum is spesiaal geformuleer om die kopvel te voed, haargroei te stimuleer en selfs haarverlies of ‘n terugtrekkende haarlyn te help voorkom. Gereelde gebruik kan wondere doen vir beide mans en vroue.
Jou wintervel vs jou somervel — hoekom die roetine verskil
Somer bring sweet, olierige vel en die behoefte aan ligte, matte produkte. Winter, aan die ander kant, vra vir meer voeding en beskerming. Hier is hoe jou roetine moet aanpas:
- Skoonmaak: In die somer verkies ons skuimende, reinigende gels om olie en sweet te verwyder. In die winter is ‘n romerige, sagte reiniger beter om natuurlike olies nie te stroop nie. Soos om van die Luminous Milk cleanser van BioMedical Emporium, gebruik te maak in die Winter.
- Bevogting: Somerbevogtigers is lig, terwyl jy in die winter ‘n ryker, meer voedende room moet gebruik om vogverlies te voorkom. Dink maar aan BioMedical Emporium se Pèriphèrique wat die antwoord is op ‘n baie droë vel.
- Beskerming: Sonskerm is altyd nodig, maar in die winter wil jy dalk ook ‘n laag beskermende serum of olie oor jou bevogtiger dra vir ekstra hydrasie. BioMedical Emporium se Collagen Serum gaan nie net hidrasie verbeter tydens die winter nie maar ook die vel se elastisiteit drasties verbeter.
Gee jou vel hierdie winter die liefde wat dit verdien — dit sal jou daarvoor bedank met ‘n gesonde, gloeiende voorkoms.
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees