25 Jaar Ontbytsake

Artikels

Omvattende artikels oor alles en nog meer.
Vang gerus hierso op met die mees onlangse nuus. Indien jy daarin belangstel om ń artikel op ons webwerf te publiseer, stuur gerus vir ons ń epos na:
adverteer@ontbytsake.co.za
of
info@ontbytsake.co.za

← Terug na Artikels
Article Image

ontbytSAKE vier Nasionale Wyndrinkdag

By ontbytSAKE - Johané Snyders | Feb 18, 2026

Op 18 Februarie word Nasionale Wyndrinkdag wêreldwyd gevier en by ontbytSAKE word die geleentheid beslis benut om die kollig op ’n bedryf te plaas wat veel meer is as net ’n glasie rooiwyn. Dit is ’n sektor wat diep verweef is met Suid-Afrika se kultuur, geskiedenis en ekonomiese ontwikkeling. 

 

Suid-Afrika bly een van die wêreld se top wynproduserende lande en betree die 2026-oesseisoen met hernude optimisme ’n hersteljaar in 2025. Die bedryf ondersteun duisende werksgeleenthede, van landbou en vervaardiging tot toerisme en gasvryheid, en speel ’n kritieke rol in landelike ontwikkeling. Met ’n bydrae van sowat R56,5 miljard tot die land se BBP per jaar, bly wyn ’n strategies belangrike sektor, met ‘n toenemende fokus op datagedrewetegnologie, wingerdrobotika en volhoubare praktyke. (Verwysing: Maroela Media) 

 

Wyn as Kulturele Erfenis 

Hoewel wynproduksie in Suid-Afrika reeds meer as 350 jaar oud is, het dit oor tyd ontwikkel tot ’n simbool van plaaslike identiteit en leefstyl. Vandag vorm wyn deel van die land se sosiale weefsel, familiebyeenkomste, feeste asook internasionale handelsbetrekkinge. Wynstreke soos Stellenbosch en Franschhoek het wêreldbekende toerismebestemmings geword en lok jaarliks besoekers van regoor die wêreld, wat bydra tot Suid-Afrika se beeld as ’n premium wynbestemming 

 

Bedryfstendense: Verbruikers drink “opwaarts 

ontbytSAKE het in 2025 saam met die bekende wynmaker Beyers Truter, ook bekend as die “Prins van Pinotage,gekuier. Volgens hom is daar ’n merkbare verskuiwing in verbruikersgedrag binne die wynmark. 

 

Wanneer ons oor pryse praat, sien ons dat verbruikers toenemendopwaarts drink’ - met ander woorde, hulle kies meer gereeld premium en duurder wyne. Hierdie tendens is positief vir die bedryf, aangesien dit groter waarde vir produsente en boere skep, eerder as bloot hoër volumes,” hy. 

 

Indien jy die gesprek met Beyers Truter misgeloop het, volg gerus die skakel: 
https://www.youtube.com/watch?v=cbwytx7nFpg 

 

Tydens dié program het Corli Prinsloo ook die heerlikste bobotie en rys voorberei, perfek gepaard met Beyerskloof se Kriekbult Pinotage. Volg hierdie skakel vir die resep: 
https://www.youtube.com/watch?v=mFRo0LvqLO8 

 

ontbytSAKE vier ’n Simboliese Eeufees 

Die afgelope jaar was besonder betekenisvol vir plaaslike erfenis, aangesien twee unieke Suid-Afrikaanse skeppings 100 jaar gevier het. 

 

Pinotage, die enigste druifkultivar wat in Suid-Afrika ontwikkel is, is in 1925 geskep deur die wynboukundige Abraham Izak Perold. In dieselfde jaar het Afrikaans amptelike taalstatus verkry. 

 

Hierdie gedeelde eeufees beklemtoon hoe landbou, taal en kultuur oor generasies saam ontwikkel het en ’n gedeelde identiteit gevorm het. Vandag is Pinotage ’n internasionaal erkende handelsmerk vir Suid-Afrika en ontbytSAKEhet die voorreg gehad om saam met die Kaapse Munt 100 jaar van Pinotage in ’n spesiale muntreeks vas te vang.  

 

Loer gerus weer hierna: 
https://www.youtube.com/watch?v=zpNzhMZz8uE 

 

’n Glas op die toekoms 

Met Nasionale Wyndrinkdag vier ontbytSAKE nie net wyn as produk nie, maar ook die mense en die stories agter elke bottel. Van wingerd tot tafel bly wyn ’n simbool van Suid-Afrikaanse trots en entrepreneurskap. 

 

Ons klink vandag ’n glasie — op die bedryf, op erfenis en op die toekoms 

 

ontbytSAKE – Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots. 

soortgelykeARTIKELS

Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late