Plantland: Vir al jou tuinmaakbehoeftes en soveel meer!
Plantland Tuinsentrums is ’n lushof vir tuiniers en is gevul met kleur, inspirasie en alles wat ’n tuiniers nodig het om hul eie pragtuin te skep.
Daar is vier Plantland Tuinsentrums geleë in Akasia, Cornwall Hill, The Wilds en Menlyn in Pretoria. Elke tak bied ’n omvattende versameling van toerusting, plante en kundige advies, en die plante word keurig voorgestel in verskillende milieus om ook te dien as inspirasie vir binne- en buitetuine.
Plantland is ’n trotse familiebesigheid sedert Danie Malan sy eerste tak meer as 100 jaar gelede geopen het. Dit is dus geen verrassing nie dat kliënte soos familie behandel word en sommer vinnig deel voel van die Plantland familie.
Plantland se vriendelike span kundiges is altyd beskikbaar, en alle plante en produkte kan ook aanlyn by www.plantland.co.za besigtig en bestel word. Die groep lewer regoor Suid-Afrika aan tuiniers af.
Vir diegene wat Plantland digitaal besoek, is daar ’n legio interessante en inspirerende idees op die groep se sosiale kanale. Volg gerus @plantlandgardencentre op Facebook en Instagram vir tuinmaak-inspirasie en bly op die hoogte van die nuutste aanbiedinge.
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees