STEM vir die skool met die MEESTE GEES!
ontbytSAKE is trots om deel te wees van die Centurion Gemeenskapsfees, gewaarborg om #BitterLekker te wees! Hierdie fees, wat nie net die gemeenskap vier nie, maar ook die uitsonderlike gees van ons plaaslike skole, vind op 27 September 2025 by die Voortrekkermonument plaas en ontbytSAKE nooi ALMAL uit om saam met ons FEES te VIER!
ontbytSAKE besoek tans skole in Centurion ten einde die skool met die MEESTE GEES op te spoor.
HOE WERK DIE STEMPROSES?
-
Besoek ontbytSAKE se Instagram en Facebook blaaie en gaan loer na die onderskeie skole se GEES videos.
-
“COMMENT” die skool se NAAM asook die hutsmerk #ontbytSAKEGees
-
1 COMMENT = 1 STEM
Die skool met die MEESTE GEES ontvang die GEES-beker in die ontbytSAKE-ateljee. Die program word op 4 Oktober 2025 om 07:30, op kykNET kanaal 144 uitgesaai.
Die skool wat die MEESTE KAARTJIES verkoop ontvang ook ‘n ontbytSAKE-onderhoud waarby die skoolhoof sowel as die hoofleiers betrokke sal wees.
ontbytSAKE gee ook ELKE WEEK R3,000 KONTANT weg!
HOE WEN EK R3,000?
-
VOLG ontbytSAKE op BEIDE Instagram en Facebook
-
“LIKE” en “SHARE” die skool se video
-
“COMMENT” met die NAAM van die skool asook die hutsmerk #ontbytSAKEGees
ontbytSAKE daag ALMAL uit om aan te hou met die bemarking van die Centurion Gemeenskapsfees asook die verkoop van kaartjies tot en met 27 September 2025, sodat ons soveel moontlik voete op die feesgronde kry.
Vir meer inligting rakende die Centurion Gemeenskapsfees en om jou kaartjie te koop, besoek gerus https://gemeenskapsfees.co.za/
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees