)-(1).jpg)
Warm Kruisbolletjies: 'n Heerlike Paasfees-resep

Warm Kruisbolletjies: ʼn Heerlike Paasfees-resep
Bestanddele (maak ongeveer 12 bolletjies):
Vir die deeg:
500 g witbroodmeel
75 g suiker
1 pakkie kitsgis (10 g)
1½ t gemengde speserye (soos kaneel of naeltjies)
½ t sout
40 g botter, in blokkies gesny
300 ml warm melk (nie kookwarm nie)
1 eier
150 g rosyne
1 t gerasperde lemoenskil (opsioneel)
Vir die kruise:
75 g koekmeel
5–6 tbsp water
Vir die stroop:
2 E suiker
2 E kookwater
Metode
1. Meng en knie
Meng die meel, suiker, gis, speserye en sout in ’n groot mengbak. Vryf die botter met jou vingers in totdat dit soos broodkrummels lyk. Meng die melk en eier saam in ’n beker en voeg dit by die meelmengsel. Voeg dan die rosyne en lemoenskil by.
Knie vir 10 minute tot die deeg glad en elasties is. Jy kan dit met die hand doen (ideaal saam met kinders of 'n ouma aan die kombuistafel) of in ’n menger met ’n deeghaak.
2. Laat rys
Bedek die bak met kleefplastiek of ’n klam vadoek en laat dit op ‘n warm plek rys vir sowat een uur, of tot dit verdubbel het in grootte.
3. Vorm jou bolletjies
Slaan die deeg plat en verdeel in 12 ewe groot stukke. Rol elkeen in ‘n gladde bol en plaas dit op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is – naby genoeg sodat hulle mekaar net-net gaan raak as hulle rys.
Laat weer rys vir 30-45 minute totdat hulle mooi opgepof is.
4. Maak die kruis
Meng die koekmeel en water tot 'n dik pasta en plaas dit in 'n klein plastieksakkie of spuitsakkie. Knip die punt af en pyp ‘n kruis oor elke bolletjie.
5. Bak
Bak in 'n voorverhitte oond teen 200°C vir 20-25 minute tot goudbruin.
6.Verglans die bolletjies
Meng die suiker en kookwater en verf die warm bolletjies dadelik vir daardie blink, taai afwerking. Smeer die bolletjies met botter terwyl hulle nog warm is en bedien dit saam met ‘n koppie koffie of tee.
Hierdie resep is perfek vir ’n Saterdagoggend – want wat kan dan beter wees as ’n ontbytSAKE-program, ’n warm paasfees-bolletjie en ’n koppie boeretroos om die naweek mee af te skop?
Bronne van inspirasie:
Jan Braai se weergawe van Hot Cross Buns (janbraai.com)
BBC Good Food se klassieke resep (bbcgoodfood.com)
Taste Australia se variasies (taste.com.au)
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees