25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Beetbone, Geroosterde Aartappels en Vleisrepies

1 maand gelede

Beetbone, Geroosterde Aartappels en Vleisrepies

Kook/Bak Tyd: 15 Minute

Voorbereiding Tyd: 25 Minute

Bestanddele

Aartappels
1kg Baba-aartappels
2 t gedroogde dille
1 t gedroogde tiemie
1,5 E skilfersout
1 E esdoringstroop

Gemengde Beet-boontjies
3 medium beet
2 x 400 g blikkies cannellini bone
1 knoffelhuisie
2 E tahini
Sap van 1 suurlemoen
1 E olyfolie
1/2 t gemaalde komyn
Sout en peper

Vleis
Braai Kruisskyf tot medium gaar
Geur met sout, peper, olyfolie en vars suurlemoensap

Garnering
Vars dille
Tahini joghurtsous (Koop die klaargemaakte pakkie by Woolies)

METODE
Kook die aartappels tot amper sag. Laat rooster in die oond teen 180 grade. 
Skil die beet of koop die klaar gaar beet. Plaas in pan met bakpapier of foelie en geur met sout, peper en olyfolie.
Meng aartappels met sout, peper en olyfolie sodat dit orals bedek is. 
Gooi in bakplaat en druk effe plat. Gooi nog bietjie olyfolie oor die aartappels en dan die esdoringstroop. 
Bak in die oond vir ongeveer 15-20 minute tot goudbruin, bros en krakerig.
Hou die aartappels warm terwyl jy die beetboontjies maak. 
Dreineer en spoel die boontjies af.
Voeg die bone, beet, knoffel, tahini, suurlemoensap en komyn in die versapper en meng tot baie glad. Voeg 'n bietjie water of melk by indien nodig, proe en geur tot perfeksie met sout en peper.
Braai jou vleis op gasbraaier of oop vuur tot medium, laat rus die vleis en sny in repies.
Bedien
Skep die beetboontjies op jou bord. Top met die super bros aartappels en plaas die repies vleis bo-op die aartappels. 
Garneer met druppels tahini-jogurtsous, dille-olie of ekstra suiwer olyfolie, dilleblare en 'n bietjie suurlemoenskil en gooi dit oor. Voeg nog vars Dille/ Pietersielie / Tiemie bo-oor vir die mooigeit. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late