Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
1 E ekstra suiwer olyfolie
280 - 300 g blokkies botterskorsie
2 E vars tiemieblare
1/2 t fyngemaakte rooipepervlokkies
Sout en swartpeper, na smaak
2 knoffelhuisies, fyngedruk
SPEKBOLAAG
8 snye dikgesnyde spek of repies spek
2 E gekapte vars roosmaryn
1/2–1 t rooipeper
2 t heuning
PASTA EN SOUS
454 g droë Linguine-pasta
2 groot eiers, by kamertemperatuur, geklits
Langlewe room (Opsioneel)
80 g gerasperde parmesaankaas, plus meer vir opdiening
2 E gesoute botter, by kamertemperatuur
Gorgonzola kaas vir opdiening
METODE:
Verhit jou oond tot 200° grade.
Meng die olyfolie, blokkies botterskorsie, fyngedrukte knoffel, vars tiemie, fyngedrukte rooipepervlokkies, sout en swartpeper op 'n bakplaat.
As jy die klaar gesnyde pakkies spek koop, kan jy die pakkie in die mikrogolf eers bietjie gaar stoom.
Vryf die spekrepies met gekapte roosmaryn en cayennepeper op 'n aparte bord en bedruip met heuning.
Plaas die spek oor die botterskorsie op die bakplaat.
Plaas die bakplaat in die oond en laat rooster tot goudbruin en sag.
Draai die spekskyfies sodat dit aan albei kante goudbruin, gaar en bros is.
Verwyder die spek en hou eenkant.
Plaas die botterskorsie en knoffel terug in die oond, indien nodig, tot dit sag en goudbruin is.
Plaas die geroosterde pampoen en knoffel in 'n voedselverwerker en puree tot glad.
Geur die puree met sout en peper na smaak.
Kap die geroosterde spek grof en hou dit vir die bolaag van die gereg. Hier kan jy ook langlewe room byvoeg, maar dit is opsioneel.
Berei die Eier-en-Kaasmengsel voor deur die eiers te klits en met gerasperde parmesaankaas te meng. Hou eenkant.
Kook die linguine-pasta in soutwater tot al dente.
Skep een koppie pasta-kookwater uit en hou dit eenkant voor jy dit dreineer.
Dreineer die pasta en plaas dit terug in die pot terwyl dit nog warm is.
Voeg die eier- en parmesaanmengsel onmiddellik by die warm pasta en meng vinnig en aanhoudend om te verhoed dat die eiers skif.
Soos die eiers verdik, voeg die botterskorsiepuree en die botter by.
Meng deeglik. Pas die pastasous se dikte aan deur die oorgehoue pastawater geleidelik by te voeg tot die verlangde dikte bereik is.
Bedien en geniet:
Verdeel die pasta tussen opdienborde en bedek met die gekapte roosmaryn-cayenne-spek. Draai die pasta om 'n pragtige aanbieding te skep, sprinkel met ekstra parmesaan, indien verkies, en geniet jou smaaklike maaltyd.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026