Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 2 uur
Voorbereiding Tyd: 20 Minute
Ontbeende lamsboud Rosemary & Garlic (Woolworths)
Ratatouille:
1 groot eiervrug, in blokkies gesny
2 medium murgpampoentjies, in skywe gesny
2 soetrissies, enige kleur, gekap
4 medium ryp tamaties, gekap (of 1 blikkie tamaties in blokkies)
1 groot ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 E tamatiepasta
½ t vars gemmer
½ t gedroogde origanum
4 E olyfolie
1 t vars tiemie of ½ t gedroogde tiemie
1 t vars basiliekruid, fyn gekap (plus ekstra vir garnering)
1 t vars pietersielie, gekap
Sout en swartpeper na smaak
Gladde kapokaartappels:
2 aartappels in blokkies gesny en saggekook
3 eetlepels botter
Sout en peper na smaak
Melk
Langlewe room
METODE
Koop die klaar gemarineerde, ontbeende lamsboud by Woolworths.
Plaas die lamsboud in die oond in ‘n roosterpan en bedek vir eerste uur.
Bak/ Rooster op 170 grade.
Die laaste 15-20 minute kan jy dit oopmaak en goudbruin en krakerig laat rooster.
Laat die lamsboud ‘n paar minute rus voor jy dit sny en opdien.
Ratatouille
Was en sny alle groente in eweredige stukke.
Verhit olyfolie in 'n groot pan of pot oor mediumhitte.
Braai ui en knoffel tot geurig en sag.
Voeg eers eiervrug by, laat dit olie absorbeer en sag word.
Roer murgpampoentjies, soetrissies en tamaties by.
Geur met sout, peper en vars kruie.
Bedek en prut vir 30 minute, roer af en toe, tot groente sag is.
Proe, pas geurmiddels aan en garneer met vars basiliekruidblare voor opdiening.
NOTAS:
Ek verkies om groente apart te rooster voor dit gekombineer word in die tamatiesous vir 'n dieper geur.
Bêre oorskietkos in die yskas tot 4 dae; Geure verbeter oornag. Vries vir tot 2 maande in lugdigte houers.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026