25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Geroosterde Blomkool-Klapperkerrie

1 week gelede

Geroosterde Blomkool-Klapperkerrie

Kook/Bak Tyd: 40 minute

Voorbereiding Tyd: 10 Minute

Bestanddele

Vir die Kerriebasis:
2 E Klapperolie. (Vervang met olyfolie of groente-olie indien verkies)
1 medium ui of sjalotte vir ‘n ander geur
3 vars knoffelhuisies
1 E vars gemmer, gerasper
2 E kerriepoeier of na smaak of geelkerrie-pasta
1 t komyn of koljander
½  t borrie. 
½  t rooipeper
Hoofbestanddele:
4 k blomkool, gestoom maar ferm
1 blikkie kekerertjies, gedreineer
1 blikkie klappermelk
1 blikkie gekapte tamaties
1 koppie groenteaftreksel
2 k vars spinasie
1 k Edamame-bone of ertjies
1 E suurlemoensap
Garnering
¼ k vars koljander, gekap.

METODE
Verhit 2 eetlepels klapperolie in 'n groot pot oor mediumhitte. 
Voeg die gekapte ui by en braai vir ongeveer 5 minute tot sag. 
Roer gekapte knoffelhuisies en gerasperde gemmer by en laat kook vir nog 'n minuut.
Voeg kerriepoeier, komyn, borrie, gemaalde koljander en rooipeper by en roer aanhoudend vir ongeveer 30 sekondes.
Gooi die klappermelk, gekapte tamaties en groenteaftreksel by.
Voeg die geroosterde blomkool en gedreineerde, geroosterde kekerertjies by en meng met die sous. 
Bring tot 'n sagte prut, verminder dan die hitte tot laag en laat kook sonder 'n deksel vir 10 minute terwyl jy af en toe roer.
Voeg die vars spinasie en edamame bone by en laat kook vir nog 2 minute.
Verwyder van die hitte en roer gekapte koljander en die sap van 1 suurlemoen by. 
Pas geurmiddels aan, na smaak. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late