Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
500 g Boerewors, gesny in skewe stukke
2 E olie
1 medium ui, fyn gekap
6 medium tamaties of 1 blikkie tamatie
1 t tamatiepasta
1 E gemengde kruie
1 t vars knoffel
1 t suiker
2 E blatjang
2 E tamatiesous
sout en peper na smaak
1 beesvleisaftrekselblokkie
½ k rooiwyn/water
60 ml vars room (opsioneel)
400 g Penne pasta
METODE:
Braai die wors eerste. Jy kan dit in ’n pan, lugbraaier of op die vuur doen. Hou eenkant tot effe afgekoel en sny later in skuinstes op.
Verhit 'n eetlepel olie en soteer die uie, knoffel.
Voeg die sout, kruie en peper by, roer en braai vir ongeveer 2 minute.
Voeg die tamaties, tamatiepasta en suiker by.
Verkrummel die beesvleisaftrekselblokkie en voeg dit en die blatjang, tamatiesous en laastens die wyn/water by.
Roer tot alles gemeng is.
Bedek en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut, roer af en toe vir ten minste 15-20 minute.
Sit die plaat af en voeg die room by. Meng goed deur.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente.
Voeg eerste die pasta in die sous, en roer goed deur sodat die sous al die pasta bedek. Daarna die gesnyde wors in die souserige pasta, Jy kan die plaat net weer aanskakel vir ‘n paar minute, net sodat die pasta heeltemal deur verhit is. Wees versigtig dat dit nie aanbrand.
Bedien dit in ‘n mooi opdienbord en garneer met parmesaanskaafsel en mikrokruie.
stel voor
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2026