25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Biltong Carbonara

1 maand gelede

Biltong Carbonara

Kook/Bak Tyd: 20 minute

Voorbereiding Tyd: 20-30 Minute

Bestanddele

Bedien: 6 mense

1 x pak Spaghetti 
1-2 E eendvet of olyfolie
1 pakkie repie-spek
1 t vars knoffel
3 eiers
80-100 g gerasperde parmesaankaas
120 g biltongpoeier
100 g fyngesnyde biltong, vir garnering
1 pakkie grasuie
1 pakkie portobellini sampioene (opsioneel) 

METODE: 
Gooi water in ‘n pot en kook die spaghetti tot al dente. Hou bietjie van die pastawater eenkant vir jou sous later. 
Braai die repiespek, wat jy in blokkies gesny het, in eendvet of olyfolie. 
Voeg die knoffel by sodra die spek begin verbruin. As jy sampioene byvoeg kan jy dit nou doen. 
Voeg die helfte van die biltongpoeier in die pan en meng dit saam met jou spek.
In ‘n aparte glasbakkie, breek die eiers en klits dit tot gemeng. Voeg die parmesaankaas in jou eiermengsel. 
Voeg die spaghetti in die pan, en voeg so ‘n lepel of twee pastawater by. 
Gooi die eier- en parmesaanmengsel oor die pasta, asook die res van die biltongpoeier. 
Meng goed deur. Die eier word gaar deur die hitte van die pasta, soos jy dit deur meng. 
Garneer met nog parmesaankaas, poeier of fyngesnyde biltongstukkies en vars grasuie. 
Bedien dadelik.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late