Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Waatlemoenslaai met Spek & Russian Rolletjies

2 maande gelede

Waatlemoenslaai met Spek & Russian Rolletjies

Kook/Bak Tyd: 45 minute

Voorbereiding Tyd: 10 Minute

Bestanddele


Vir die Spek & Russian Rolletjies:
1 x pak Gerookte Russians 
1 x pakkie repiespek
1 x Brie-kaas, in skywe gesny
Cranberry (Bosbessie sous/jelly)  (Jy koop klaargemaaktes in winkel)
Olyfolie

Vir die Waatlemoenslaai:

Waatlemoen, in blokkies gesny
Aarbeie, in helftes gesny
Frambose
Moerbeie
Vye
Haloumi-kaas, in blokkies gesny en in pan gebraai tot bruin
Feta-kaas, in blokkies gesny
Mikrokruie / roket / basiliekruidblare

Metode Vir die Spek & Russian Rolletjies:
Sny ‘n lang snit  in die middel van die worsie, moet dit nie heeltemal deursny. 
Plaas die sny brie kaas en bosbessiesous in die gleuf. 
Draai die respiespek om elke worsie.
Bak dit tot goudbruin in die oond, ongeveer 10 minute

Metode vir die Waatlemoenslaai:

Gebruik al die bogenoemde bestanddele en pak dit in individuele bakkies of in een groot plat bak.
As ‘n slaaisous kan jy balsamiese glasering  gebruik.
Geniet die slaai.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late