Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
8 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 30 Minute
Voorbereiding Tyd: 15 Minute
Vir die deeg
3/4 k warm kraanwater
1 t aktiewe droë gis
1 1/2 E olyfolie
1 t suiker
2 1/4 k witbroodmeel
1/2 t sout
1/2 t gedroogde basiliekruid
1/2 t gedroogde origanum
1/2 t uiepoeier
1/4 t knoffelpoeier
1/4 t gedroogde tiemie
kleefwerende sproei
Jy kan ook ‘n pakkie deeg by die Supermark koop of ‘n 'premix' pakkie gebruik.
Vir die pizza-vulsels
Pizza Margherita:
2 E olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Enige tamatiebasis-sous (Ek hou van die Ina Paarman 'Tomato & Basil' pastasous)
340 g Mozzarellakaas (gebruik vars of 'n bal wat jy kan skeur of sny, nie gerasper nie)
6-8 klein tamaties, in skywe gesny
2 E parmesaankaas
1/4 t gemaalde swartpeper
vars basiliekruidblare
origanum
Vier-kaas Pizza:
Deense Feta
Mozzarellakaas
Bloukaas
Parmesaankaas
Roomkaassmeer
Origanum
Sout en peper
METODE:
Vir die deeg:
Vul 'n mengbak met warm kraanwater. Die temperatuur is belangrik, want dit help met gisaktivering en die rysproses. Meet 3/4 koppie water af.
Gooi die water in die bak.
Plaas een teelepel suiker onder in die bak en gooi die water oor.
Sprinkel die gis oor die oppervlak van die water en laat staan vir twee minute.
Klits die olyfolie by.
Voeg die meel, basiliekruid, origanum, tiemie, knoffelpoeier, uiepoeier en sout by.
Gebruik ’n houtlepel om die meel en geurmiddels by die water en olie te roer.
Gebruik jou hand om die deeg te knie totdat dit 'n gladde bal vorm.
Bedek met 'n skoon vaddoek en sit eenkant om te rys.
Sodra die deeg gereed is, voorverhit jou oond tot 180-200 grade en spuit 'n pizza-pan liggies met kleefwerende sproei.
Plaas die deeg op die pan en gebruik 'n koekroller om uit te rol.
Druk die deeg plat en trek met jou hande uitwaarts tot dit die hele pan vol lê.
Die samestelling van die Margherita pizza:
Klits die olyfolie en knoffel in 'n klein bakkie.
Sprinkel dit oor die pizza sodat dit die hele oppervlak bedek. Laat slegs 'n 3/4 duim om die rand kaal.
Smeer die tamatiebasis bo-oor die deeg.
Plaas die geskeurde of gesnyde mozzarellakaas daarop.
Versprei die tamatieskywe oor die oppervlak van die pizza.
Plaas die pizza in die oond en bak vir 10 minute.
Sodra dit klaar is, haal die pizza uit die oond en sprinkel swartpeper en parmesaankaas oor.
Hierdie pizza moet warm bedien word, so plaas die vars basiliekruidblare daarop net voor jy dit opdien.
Sny in 8 skywe en bedien 2 snye per persoon.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025