smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Salm-pasta

6 maande gelede

Salm-pasta

Kook/Bak Tyd: 30 minute

Voorbereiding Tyd: 15 Minute

Bestanddele

2 stukke salm
2 handevol Baba-spinasie
1 Klein Rooi-ui, fyn gekap
150 - 200 g Rosatamaties 
1 x Kruie- en knoffelkaas (Boursin)
150 – 200 ml room
Swartpeper en sout, na smaak
Olyfolie
Droë kruie
1 Suurlemoen 
30 g parmesaan 
150 g Spaghetti
 
METODE:
Gebruik ’n groot oondvaste bak. 
Plaas die salm, spinasie, uie, roomkaas en Rosatamaties in die bak. 
Plaas ‘n paar skywe suurlemoen op die salm en druk die res van die suurlemoen se sap oor die bak uit. 
Geur met sout, peper en kruie. 
Sprinkel die olyfolie oor die hele bak se bestanddele. 
Gooi die room oor die spinasie. 
Bak in die oond op 180 grade vir 12-15 minute. 
Intussen kan jy die spaghetti kook. 
Hou ‘n halwe koppie van die pastawater eenkant, want jy gebruik dit later as deel van die sous. 
As die bak uit die oond kom, meng alles goed en vlok die salm.  
Voeg die spaghetti en pastawater by en meng goed. 
Geur met nog sout en peper, indien nodig. 
Voeg die laaste van die parmesaan by. 
Garneer met basiliekruidblare en parmesaanskyfies. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late