25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Gemmerpeerkoek met Geposjeerde, Gekarameliseerde Pere

1 jaar gelede

Gemmerpeerkoek met Geposjeerde, Gekarameliseerde Pere

Kook/Bak Tyd: 45 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Bedien 6-8 mense

Gemmerpeerkoek

250 g koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ½ t gemaalde, gemengde speserye
5 ml gemaalde kaneel
¼ t sout
5 ml fyn gerasperde vars gemmer (kan vervang word met gemaalde, gedroogde gemmer)
180 g botter
150 g bruinsuiker
5 ml vanielje-ekstrak
2 groot eiers
⅓ k melk
2 medium ferm pere, geskil, ontkern en in blokkies gesny

Gesoute karamelsous

½ k bruin/karamelsuiker
2 E water
2 E botter
⅓ k vars room
½ t (2,5 ml) vanieljegeursel
½ -1 t skilfer-seesout

‘Gin & Tonic’ Geposjeerde en Gekarameliseerde Pere

6 medium pere, geskil en in kwarte geskil
100 ml Classic Gin
200 ml tonikum
400 ml water
½ k suiker
2 kaneelstokkies
2 steranys
1 sny suurlemoenskil

Bakpapier 
Botter vir braai van appels

METODE: 

Gemmerpeerkoek

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer 'n ronde 20 cm-springvorm of losboompan met botter en voer die onderkant uit met bakpapier. 
Sif die meel, bakpoeier, speserye en sout in 'n groot mengbak. 
Voeg die gerasperde vars gemmer by en meng goed.
In 'n staanmenger, verroom die botter en suiker saam tot lig en donsig. 
Voeg die eiers en vanielje by en meng om in te werk, skraap die kante van die bak skoon.
Voeg die meel by die menger in drie sarsies, voeg die melk tussenin by. 
Meng tot die beslag bymekaar kom (dit sal dik beslag wees).
Verwyder die bak uit die staanmenger en vou die gerasperde peerstukke in.
Gooi die mengsel in jou bakpan en maak die beslag glad (dit sal dik wees) met die agterkant van 'n lepel. 
Plaas in die oond en bak vir 45-50 minute tot ’n tandestokkie wat jy in die middel in steek skoon uitkom. (kyk rondom 40-minute).
Laat die koek afkoel en haal dit dan uit die pan. 
Dit hoef nie heeltemal plat te wees nie. ’n Effense verhoogde bokant sal 'n goeie basis wees om jou peer-bolaag te bou.

Gesoute karamelsous

Voeg suiker en water in 'n klein potjie oor medium-hoë hitte. 
Bring tot kookpunt en laat prut tot die suiker opgelos het. 
Verminder tot medium hitte en voeg die botter by. 
Verwyder die pot van die hitte en roer die room liggies by en klits dan goed. 
Roer die sout by – begin eers met 'n halwe teelepel en toets die soutigheid, pas met meer sout aan indien jy verkies. 
As die karamel ’n bietjie stol voor jy dit gebruik, kan jy dit vir paar sekondes in mikrogolf verhit

‘Gin & Tonic’ Geposjeerde en Gekarameliseerde Pere

Gooi die water, gin en tonic in 'n groot pot oor medium-hitte asook die, kaneel, steranys en suurlemoen. 
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en voeg die pere by. 
Bedek met die vloeistof en laat prut die pere tot hulle sag is, maar nie uitmekaar val nie – sowat 15-20 minute.
Haal die pere uit die pot en laat afkoel, behou die vloeistof.
In 'n groot braaipan oor medium hitte, voeg 'n klont botter by en 'n bietjie van die vloeistof. 
Voeg die peerkwarte by en braai liggies tot hulle gekaramelliseer en oraloor goudkleurig is. 
Voeg lepelsvol van die stroop by vloeistof soos jy kook indien nodig.
Om die koek aanmekaar te sit, stapel die gekaramelliseerde pere bo-op die koek
(jy het dalk hier en daar 'n tandestokkie nodig om 'n paar basisse op te hou en die res kan tussenin sit). 
Bedruip met warm gesoute karamel en bedien onmiddellik. 
As 'n opsionele ekstra, bedien elke sny met 'n skeppie vanielje-roomys of geklopte vanieljeroom en versiering van uitgedroogde pere.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late