Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
11 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 15 Minute
Bedien 10 mense
120 g Massaman kerriepasta (sien notas hierbo)
3 E groente-olie
2 blikkies onversoete klappermelk
1/2 t gemmer
2 E gekapte koriander
2 E bruinsuiker
2 E vissous
1 E lemmetjiesap
1 E Worcestersous
1 ui
800 g hoender
4 medium aartappels
2 wortels
1 E grondboontjiebotter (romerig of krakerig)
1/2 k grondboontjies
Sriracha-sous, na smaak
rooi pepervlokkies na smaak
jasmynrys (gaar)
koljanderblare vir garnering
lemmetjies vir garnering
METODE:
Verhit olyfolie in 'n ekstra groot pan oor mediumhitte. Braai die hoenderstukke om te seël, plaas eenkant in ‘n bord.
Braai die gekapte ui in ‘n pan met olyfolie.
Roer kerriepasta by en bring tot kookpunt terwyl jy vir sowat 2-3 minute roer. Dit is sterk, maar sal verdun met die klappermelk.
Voeg 1 blikkie klappermelk by en roer tot goed gemeng. Voeg gemmer, koljander, suiker, vissous, lemmetjiesap en Worcestershire-sous by. Bring tot kookpunt.
Skil en sny aartappels en wortels en kook tot sag.
Voeg die aartappels, wortels en oorblywende bestanddele (behalwe die rys) by en roer tot alles goed gemeng is.
Bedek en laat prut vir sowat 10 minute.
Sit warm voor oor die Jasmynrys en garneer met ekstra koljander en/of lemmetjies indien verkies.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025