25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Meksikaanse Eenpot-wonder

9 maande gelede

Meksikaanse Eenpot-wonder

Kook/Bak Tyd: 10 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Bedien 6-8 mense

2 E olyfolie
1 Ui,fyn gekap
4 knoffelhuisies
800 g bees-maalvleis
2 t knoffelpoeier
2 t uiepoeier
2 t gemaalde komyn
2 t gemaalde koljander
2 t gerookte paprika
Sout & peper na smaak
1 Blikkie fyngedrukte tamaties
2 k beesvleisaftreksel
2 E bruinsuiker
1 k rys (spoel goed af)
1 Blikkie mielies
1 Blikkie swartbone
2 k Cheddar-kaas

METODE:
Verhit ’n plat pan van ongeveer 25-30 cm met olyfolie in.
Braai die gekapte uie en knoffel in die pan.
Voeg die maalvleis en ander speserye by die uie en braai tot gaar.
Gooi die blikkie tamatie en beesaftreksel in die pan. Roer alles goed deur.
Voeg nou die rys, blikkie mielies en swartbone by.
Laat prut vir ongeveer 20-30 minute of tot die vloeistof geabsorbeer en die rys sag is.
Voeg die koljanderblare by en meng deur.
Voeg die gerasperde kaas bo-op en maak die deksel toe sodat die kaas smelt.
Garneer met tamatie, rooi uie, koljanderblare en avokado.
Plaas twee lemmetjies bo-op.
Sit voor in die pot met suurroom.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late