25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Drie-bestanddele Vla-pannekoek

8 maande gelede

Drie-bestanddele Vla-pannekoek

Kook/Bak Tyd: 10 Minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Maak min of meer twaalf pannekoeke

2 k Ultra Mel Vla (Oorspronklik)

2 k koekmeel

1½ k water

METODE:

Meng die Ultra Mel, water en koekmeelblom in 'n groot mengbak. Gebruik 'n handklitser om die mengsel te klits tot glad. Gooi die beslag deur 'n sif om gladheid te verseker.

Spuit ’n groot kleefvryepan met kleefwerende sproei en verhit dit oor medium hitte. Sodra die pan warm is, voeg 'n lepel beslag daarin. Draai die pan heen en weer om die beslag eweredig te versprei en bak vir twee minute.

Draai die pannekoek om en bak vir nog een minuut. Haal die pannekoek uit die pan en plaas op 'n bord. Herhaal die proses tot al die beslag op is.

Laat die pannekoeke vir 15 minute afkoel en vul dit dan met die geklopte room en vla of sommer net lekker outydse kaneelsuiker met ’n skyfie suurlemoen.  

Vulselwenk: 
Maak die geklopte room deur twee dele geklopte room met 1 deel Ultra Mel in te vou.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late