25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Individuele Beef Wellington

8 maande gelede

Individuele Beef Wellington

Kook/Bak Tyd: 35 minute

Voorbereiding Tyd: 1 uur

Bestanddele

Maak 4

200 - 250 g middel-gesnyde beesfilet
2 E olyfolie (of hoë rookpuntolie)
1½ t Kosjer-sout
gemaalde swartpeper
¼ k Dijon-mosterd
4 repies spek per stuk vleis (16 repies in totaal)
Portebillini sampioene
2 pakke skilferkorsdeeg
1 groot eier, geklits vir eierwas

Vir opdiening, soos verlang: ekstra skilferige seesout en vars kruie

Vir die Sampioen-vulsel:

2 E ongesoute botter
1 pakkie sampioene, skoongemaak en gerasper

1 groot klein ui, fyn gekap
knippie Kosher-sout
1½ t vars tiemieblare, fyn gekap (ongeveer 10 - 12 takkies)
½ k droë witwyn

METODE:

Hierdie individuele Beef Wellington-resep is nie moeilik nie, maar die sukses lê daarin om aandag aan die detail te gee. Voor jy begin, lees eers met aandag deur die resep. 

Berei dan die volgende voor:

Bring die beesvleis tot kamertemperatuur: 20 - 30 minute voor jy wil jy dit wil begin braai/seël.
Laat ontdooi die skilferkorsdeeg ook voor die tyd. Jy kan bevrore skilferkorsdeeg oornag in die yskas ontdooi of dit op die toonbank by kamertemperatuur plaas vir ongeveer 20 - 30 minute.
Kap of rasper die sampioene tot fyn.

Vir die individuele beesvleis Wellington:
Gebruik papierhanddoeke om die beesfilet so droog as moontlik te maak. 
Geur met sout en gemaalde swartpeper. 
Skroei die beesfilet in olie in ‘n groot pan oor medium-hitte vir twee tot drie minute aan elke kant tot diepbruin. 
Plaas die geskroeide filet oor na 'n bord of snyplank en laat rus vir 20 tot 25 minute voor jy dit in vier individuele stukke sny. Jy kan dit ook vooraf sny as jy wil.

Maak die sampioenvulsel:
Gebruik die papierhanddoek om die pan wat in hierbo gebruik is versigtig uit te vee en plaas dit terug op die stoofplaat oor matige hitte en voeg die botter by. 
Sodra dit gesmelt is, voeg die gekapte sampioene en ui by. 
Geur met sout en vars tiemie, roer om te kombineer. 
Laat kook die mengsel vir ongeveer 10 minute tot al die water weg is.  
Voeg die wyn stadig by, gebruik 'n houtlepel om enige bruin stukkies wat moontlik op die bodem van die pan gevorm het, los te krap. 
Laat kook dit terwyl jy af en toe roer vir nog so 10-15 minute, tot al die wyn uit die mengsel weg is. 
Verwyder van die hitte en hou eenkant om af te koel.

Hoe om die individuele Beef Wellington aanmekaar te sit:

Rol die skilferkorsdeeg uit.
Bestrooi 'n werkoppervlak liggies met meel. 
Vou die deeg versigtig oop en sny dan vertikaal en horisontaal in die helfte sodat jy vier gelyke stukke deeg het. 
Rol elke stuk liggies uit. 

Pak die rou of gebraaide spek en sampioen-mengsel aan onderkant.
Rangskik stukke spek langs mekaar om effens te oorvleuel aan die kante om een dun lagie te skep. 
Druk die sampioenmengsel bo-oor in 'n dun, egalige laag wat die oppervlak van die spek bedek. 
(Om dit maklik te maak, kan dit help om hierdie lae op 'n stuk kleefplastiek te rangskik om te verhoed dat dit aan jou werkoppervlak vassit of om als bymekaar te hou.)

Smeer die geskroeide beesvleis mildelik met Dijon-mosterd en plaas dit bo-op die sampioen-mengsel op die laag spek.
Draai die beesfilet toe met die spek en sampioen-mengsel. 
Die spek dien as 'n beskermende versperring tussen die sappige filet en sampioene en die bros skilferkorsdeeg, so neem jou tyd om versigtig te verseker dat die hele oppervlak van die filet en sampioene deur die spek bedek is.
Vou die toegedraaide beesfilet in skilferkorsdeeg toe. 
Plaas in die middel van 'n stuk skilferkorsdeeg. 
Smeer die rande van die skilferkorsdeeg met die eiermengsel om die mini Beef Wellington-sak te seël. 
Vou die hoeke van die skilferkorsdeeg oor die bokant van die vleis en steek die kante in terwyl jy voortgaan om die vleis heeltemal met die skilferkorsdeeg te omhul. 
Herhaal met al die vleisstukke.

Verkoel: Plaas die toegedraaide stukke ‘Beef Wellington’ in die vrieskas vir 20 min of in yskas oornag.

Voer 'n bakplaat uit met bakpapier vir maklike skoonmaak en rangskik die verkoelde Beef Wellington bo-oor. 
Borsel die eiermengsel mildelik oor die oppervlak van elke individuele Beef Wellington en eindig met 'n ruim sprinkel van growwe seesout.

Bak teen 160 - 180 grade vir 25 - 35 minute vir medium gaar. As jy dit medium ‘rare’ wil hê, sal jy dit teen 140 grade vir dieselfde hoeveelheid minute gaarmaak.
Bedien die Beef Wellington met kapok-aartappels en ekstra gebraaide wilde sampioene.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late