Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
9 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 1 uur 30 minute
Voorbereiding Tyd: 20 Minute
Bedien: 4
2 kg ontbeende skaapboud
150 ml goeie kwaliteit balsamiese asyn
1 t donkerbruinsuiker
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 takkies roosmaryn, plus ekstra vir rooster
Seesout en swartpeper
'n Rooi ui, gehalveer
2 sjalotte of klein uie, gehalveer
1 heel knoffelbol, vel gelos
Olyfolie
300 – 400 ml droë rooiwyn
METODE:
Voorverhit die oond tot 220°C.
Voeg die balsamiese asyn, suiker en knoffel in ’n klein kastrol.
Kap die blare van die roosmaryntakkies fyn en voeg by die mengsel.
Bring tot kookpunt en laat effens verdik oor matige hitte.
Druk die lamsboud droog met papierhanddoeke en plaas in 'n roosterbak.
Verf die balsamiese mengsel oor die vleis en gooi die ekstra roosmaryn, gehalveerde uie/sjalotte en knoffelbol rondom die vleis.
Gooi die rooiwyn rondom die vleis.
Bedruip met ‘n bietjie olyfolie en geur mildelik met sout en peper.
Plaas die vleis in die oond en laat rooster dit vir die eerste 20 minute op 220°C.
Verminder dan die hitte tot 180°C vir die oorblywende 70 minute vir medium en 1 uur 40
minute vir heeltemal gaar.
Laat rus die vleis jy dit sny en bedien met aartappels en geroosterde groente.
Die oorblywende vloeistof in die pan maak 'n heerlike sous.
Gooi dit deur ‘n sif en verminder tot dit effens verdik oor hoë hitte voordat jy dit oor die gesnyde lamsvleis gooi.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025