'n Lys van funksies, geleenthede, reunies en feeste wat julle kan bywoon.
'n Lys van funksies, geleenthede, reunies en feeste wat julle kan bywoon.
Maak seker jy sluit, Wat, Waar, Wanneer en Wie om te kontak, in op jou epos.
LET WEL: R 7500 indien jy dit op ontbytSAKE wil uitsaai.
Die ontbytSAKE
Auteur: Carla van der Spuy
Waar oos & wes ontmoet vertel die storie van Dina Tseng. Sy treur 14 jaar lank oor haar verlore kollegeliefde en ondergaan skrikwekkende skokterapie. Later ontmoet sy vir Tommy, ‘n Taiwannees, wat gedurende die Apartheidsjare met bykans niks Suid-Afrika toe kom nie. Hul verhouding is aan die ontvangkant van rassehaat en vooroordeel. Sy maak Tommy se drie Taiwannese seuns groot en saam bou hulle ‘n imposante sakeryk op. Die NG Kerk weier om hulle te trou omdat hy ‘n Boeddhistiese agtergrond het, maar doop tog hulle twee kinders, Iewan en Iemei, as Tommy belowe om die kinders as Christene groot te maak. Die gesin voer ‘n sprokiesbestaan en reis gereeld oorsee, maar ook word nie teenspoed gespaar nie. Hul ondernemings word deur vloede, ‘n brand en ‘n tsoenami verwoes, maar telkens verrys hulle weer uit die stof en 33 jaar later is Tommy en Dina se huwelik sterker as ooit. Intussen stry Dina ‘n moedige stryd teen melanoom-, bors- en ongeneeslike rugmurgkanker. Sy bly egter positief, geniet die lewe voluit en vier elke kosbare oomblik. Dis ‘n verhaal van geloof, hoop en onsterfl ike liefde.
Auteur: Pieter van Jaarsveld
Het jy al ooit gewonder waarom die meeste mense dwarsdeur die wêreld se grootste begeerte is om gelukkig te wees? Gelukkige mense leef langer, is gesonder, het beter verhoudings, is beter sosiaal aangepas, is meer suksesvol in hulle beroep en is meer innoverend en kreatief. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Geluk is ʼn ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander!
In hierdie boek kyk ons na geskiedkundige gebeurtenisse waar ons by elkeen lewensverrykende lesse en vaardighede gaan leer op ons eie pad en reis van geluk. God het ons krag gegee waarmee ons bykans enige uitdaging in ons lewe kan oorwin: en dit sit in ons kop! Met Dink jouself gelukkig wys die wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat gedoen kan word om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.
Auteur: Riaan Grobler
Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon. Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ... Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie – totdat Petro met haar groot juk en nog groter geloof by haar spreekkamer instap en in Louise se swart-op-wit logika kom rondkrap. Maar Louise staan sterk op haar beginsels totdat sy eendag onverwags inmekaarsak en alles in haar lewe omver gewerp word. En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders en die interessante pasiënt, Shawn, wat van een verhouding na ’n ander rond fladder. Is dit van hom wat sy skielik romantiese geskenke kry, of kom dit van die aantreklike Dr Marloux Pienaar? Die kardioloog staan self op skei en vang al die verpleegsters se oë, en ná wat in sy kantoor gebeur het, ook Rentia s’n. Maar is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux? Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...
Auteur: Pieter Henning
Mamba is ‘n spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik.
Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas.
Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop - hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure.
As hy maar net vroeër rigting gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom?
Auteur: Ernst M Conradie
In Maar Verlos Ons van die Bose! ondersoek Ernst Conradie die inhoud en betekenis van die Christelike boodskap van verlossing. Hy plaas dit binne die raamwerk van die langtermynimpak van imperialisme, slawerny en kolonialisme, die komplekse uitdagings van onreg, ongelykheid en geweld in die hede, en ’n toekoms wat deur klimaatsverandering bedreig word. Daar is immers genoeg voorbeelde van boosheid, sonde en ellende — die moeras waarin die wêreld vasgevang is. Kan die boodskap van verlossing daarin nog ’n verskil maak? Dit hang af van hoe ons verlossing verstaan.
Conradie maak ruimskoots gebruik van gesange, veral Kersgesange wat ons so spontaan saamsing, om hieroor te besin. Hy onderskei drie benaderings tot verlossing: bevryding, versoening en sosiale transformasie. Vervolgens bied hy ’n voorstel oor watter verskil die koms van Jesus as Christus in die wêreldgeskiedenis gemaak het — en hoekom die werk van die Heilige Gees onontbeerlik is om daarop voort te bou. Hy glo dat die grootse projek wat God met die skepping begin het, en wat in Israel en deur die kerk te midde van talle terugslae voortgesit is, nog nie voltooi is nie. Daarom bly ons hoop steeds gegrond op hierdie verlossing.
Hierdie boek is ’n onontbeerlike gids vir almal wat saam soek na antwoorde op die dringende vrae van ons tyd.
Auteur: Margaret Gardiner
BEDORWE SKOONHEID: JOEY SUPERSTER is ’n kragtige verhaal, wat diep delf in die onvertelde uitdagings waarmee vroue gekonfronteer word en sal lesers nie net boei nie, maar ook stof tot nadenke gee. Dis meer as net fiksie, dis ’n verhaal wat lig werp op kwessies wat dikwels in die skaduwees bly. Met haar unieke perspektief en besonderse vertelvermoë spreek Gardiner hierdie temas aan op ’n manier wat beide boeiend en indrukwekkend is.
“Hierdie is ’n storie wat vertel moes word en ek is opgewonde om dit met my Suid-Afrikaanse aanhangers te deel – in ’n land wat ek baie liefhet,” deel sy. “Dit gaan oor hoe ons die uitdagings oorkom wat ons vorm en hoe ons innerlike krag vind te midde van ons diepste struwelinge.”
Auteur: Linda van Heerden
Vrug dra deur die Gees VIR GOD - die 366 vrug dra-oordenkings begin in Januarie met God en die vrug dra-opdrag. In Februarie tot Oktober word elk van die nege eienskappe van die vrug van die Gees oordink. Laastens word die saligsprekinge in Matteus 5:3-11 en die “Volg My!”-opdrag in Matteus 9:9, onderskeidelik in November en Desember aan die nege eienskappe verbind. Die Bybeldagboek bevat ook 28 bladsye met visuele versterkings-prente in kleur gekoppel aan sekere dae se oordenkings. Elke dag se oordenking word met ‘n gebed afgesluit.
Vrug van die Gees neem die leser op ‘n reis deur die eienskappe van die negevoudige vrug van die Gees, wat eintlik ‘n praktiese beskrywing van ‘n Christen se nuwe, veranderde lewe is. Die vermoë en opdrag om vrug te dra word aan die hand van die analogie van die wingerdstok verduidelik. Die betekenis van elke eienskap word ondersoek en elke hoofstuk sluit af met ‘n klompie kopkrap-nadenke wat individueel of in groepe oordink en bespreek kan word.
Auteur: Anné Pretorius
Die lewe is kort, en tyd glip dikwels verby voordat ons besef hoeveel ons het om nog te deel of wat ons sou wou onthou van ons geliefdes.
Met hierdie in gedagte, het die inspirerende boekesamesteller, Anné Pretorius, besluit om ‘n spesiale projek aan te pak deur ’n joernaal te skep wat moeders kan gebruik om hul lewensreis vir hulle kinders op papier vas te vang – ’n kosbare geskenk wat nie net die rouproses ’n bietjie makliker maak nie, maar ook verseker dat hul herinnering, wysheid en liefde voortleef lank nadat hulle weg is.
MEMOIRES VAN JOU MOEDER (ook beskikbaar in Engels as Memoirs from your Mother) is ’n kunstig ontwerpte boek wat dien as ’n gids vir moeders om hul lewensverhale te dokumenteer, en só ’n kosbare herinnering vir hul geliefdes te skep.
Auteur: Wilna Roux
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Sy het nooit gedink sy sal terugkom na haar geboortedorp
nie, maar hier is sy. Wanneer oom Sakkie die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder. En dit ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie. Hul kliënt, Lizanne Malan, aangekla van moord op haar eggenoot, is
briesend dat die saak nou deur 'n junior vennoot behartig moet word. En om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan
oortuig dat Lizanne wel skuldig is. Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025