25 Jaar Ontbytsake

fliektydSake

Leon van Nierop gesels oor die nuutste flieks op die Silwerdoek en bespreek ook reekse en dokumentêrs wat op ander platforms te sien is.

fliektydSAKE met Leon van Nierop

In fliektydSAKE gesels Leon van Nierop oor die film, "The Amateur," wat dalk op die voorblad soos 'n opwindende aksie-film lyk, maar dit is inteendeel stadig en deeglik en gaan eintlik oor 'n vasberade man wat sy vrou se moordenaar najaag. Die vasberadenheid van die held is in hierdie film belangriker as die gevegte self. Hierdie film is goed geskryf en netjies beplan. Slegs in teaters.

Verder gesels Leon oor "Great African Crimes with Mandy Wiener," wat 'n paar bekende, ware misdaaddrama's uitbeeld. Slegs op Showmax.

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se fliektydSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late