wen-wenSake

Wen met ontbytSAKE! Hou hierdie spasie en ons sosiale media-blaaie dop vir kompetisies waarvoor jy kan inskryf. Ons gee lekker pryse weg.

Skryf In

EN WEN!!

Ontbytsake ‘wen versekering vir ’n jaar’ kompetisie

Hoe om in te skryf:
As jy nie reeds omvattende karversekering van King Price het nie, volg die skakel en die inskryf vereistes en kry ’n verpligting-vrye kwotasie vir omvattende karversekering vanaf King Price. 

Bestaande King Price kliënte met omvattende karversekering moet die skakel en die inskryf-vereistes volg en ’n verpligtingvrye kwotasie vir enige ander King Price produk kry.

Hoe dit werk:
Almal wat ’n kwotasie kry deur die skakel te volg, sal in die gelukkige trekking ingeskryf word.
Jy kry slegs 1 inskrywing al kry jy meer as 1 kwotasie.
Jy’s nie verplig om die kwotasie te aanvaar om vir die trekking te kwalifiseer nie.
Jy’s nie verplig om ’n King Price kliënt te word om die prys te ontvang nie. 
Die kompetisie begin 6 Julie 2024 en eindig op 1 Augustus 2024.
Die wenner sal op 3 Augustus 2024 aangekondig word.

Wie kan inskryf:
Enige persoon! (Behalwe King Price personeel en hulle direkte familielede en verskaffers.)
Jy moet bo die ouderdom van 18 jaar wees en ook ’n SA inwoner of permanenete inwoner wees met ’n geldige ID.

Aan ons kant:
As jy die gelukkige wenner is, kry jy versekering ter waarde van R12,000.
Die prys sal aangewend word tot jou polis. Hierdie prys kan ook eenmalig aan jou uitbetaal word, sou jy dit verkies. As jy of ons kies om jou premie te stop voordat die totale prys aangewend is, verbeur jy dit. 
As jy kies om nie ’n King Price kliënt te word nie, dan sal die prys eenmalig aan jou uitbetaal word. 

Aan jou kant:
As jy wen en die prys aanvaar, gee jy toestemming dat jou naam en foto op King Price se sosiale media platforms bevorder word. 

Die moeilike goed:
Ons het die reg om hierdie B's en V's enige tyd aan te pas sonder kennisgewing. 
As ’n wenner vir 48 uur na die trekking nie beskikbaar is of kontakbaar is nie, sal ons ’n ander wenner trek tot ons die prys kan toeken en ’n wenner kan aankondig.

Ek stem saam met King Price se B’s & V’s en privaatheidbeleid.
Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se wen-wenSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late