ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

projekSake

ontbytSAKE is betrokke by heelwat feeste, geleenthede en toekennings deur die jaar soos Innibos, Aardklop, Veritas en Terroir wyntoekennings.

projekSAKE | ontbytSAKE Toekennings/Awards 2026

ontbytSAKE Toekennings/Awards 2026

MEER as net ’n toekenningsaand. Hierdie jaar bou ontbytSAKE ’n brug tussen plaaslike ondernemings, die AI-gedrewe wêreld asook buitelandse beleggers. Hier word finaliste nie net beoordeel nie, maar geposisioneer.

ontbytSAKE bied aan:

  • - die internasionale sangeres, Loren Allred, die stem agter Never Enough, asook van Suid-Afrika se top kunstenaars soos Elvis Blue, Tarryn Lamb en Elandré 
  • - ’n ongelooflike visuele produksie deur Andrew Tim 
  • - verstommende AI-elemente 
  • - ’n premium vyfster ervaring insluitend ’n rooitapyt met vele bekendes, wynproe deur top wynplase en ’n aansit-ete
  • - Minki van der Westhuizen as mede-MC 
  • - netwerkgeleenthede met invloedryke besighede

ontbytSAKE-ondernemings wat in 2025 geadverteer het, kan uitkyk vir ’n skrywe wat binnekort uitgaan met volledige besonderhede oor deelname en kategorieë (soos Beste Ateljee-onderhoud, maar ook nuwe fokusareas soos Wyn-toerisme en AI). 

Kaartjieverkope open 1 Mei 2026 op ontbytSAKE se Kaartjies Kamer (onder www.sakewinkel.co.za) ook beskikbaar op www.tixsa.co.za SLEGS 1000 kaartjies beskikbaar!

’n Wêreldklas besigheid- en vermaakbelewenis!

Wees deel van Ons Mense, Ons Besighede, Ons Trots!

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se projekSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late