uitvoerendeSake

Hier val die fokus op sake van belang vir die uitvoerende gesag – welsyn, liefdadigheid en sakebelange.

Die B|Loved Foundation skenk R100,000 aan die Tim Tebow Foundation!

Tydens ‘n opwindende gebeurtenis vir alle literatuur- en liefdadigheidsliefhebbers, het Mej. Heelal 2017, Demi-Leigh Tebow, op 6 September 2024, die ontbytSAKE ateljee besoek. Demi-Leigh het met ons gesels oor haar nuutste boek, “A Crown That Lasts,” wat handel oor haar persoonlike reis en haar passie vir liefdadigheid. Haar boek fokus deurentyd ook op die krag van hoop en geloof in moeilike tye. 

Verder het Demi-Leigh oor haar man, Tim Tebow, gesels en vertel van die Tim Tebow Foundation waar beide sy en haar man betrokke is by liefdadigheidsprojekte wat daarop fokus om die lewens van minderbevoorregte mense te herstel en te verbeter. In Suid-Afrika spesifiek streef die Tim Tebow Foundation daarna om ’n veilige heenkome vir baba’s te skep.

Weens die gedeelde doelwitte van restorasie en bemagtiging van die B|Loved Foundation en die Tim Tebow Foundation, het die B|Loved Foundation ‘n donasie van R100, 000 aan die Tim Tebow Foundation gemaak wat aan Demi-Leigh oorhandig is. Die B|Loved Foundation wat ‘n nie-winsgewende inisiatief van die B4i Projek en ontbytSAKE is, veg soos die Tim Tebow Foundation vir daardie lewens wat onder andere, deur mensehandel verwoes is. Omdat beide organisasies se Christelike waardes ’n groot rol speel, was hierdie skenking ’n bewys van samewerking en ondersteuning.

Demi-Leigh het haar dankbaarheid uitgespreek vir hierdie bydrae en het die belangrikheid van sulke skenkings in die bereiking van die organisasie se sukses beklemtoon.

Met Demi-Leigh op ontbytSAKE is ons elkeen net weereens herinner aan die krag van stories en die impak wat selfs een individu kan maak deur omgee en liefde.

ontbytSAKE is trots op die B|Loved Foundation vir hulle bydrae en wil graag die Tim Tebow Foundation bedank vir die rol wat hulle in duisende mense se lewens speel asook die impak wat reeds sigbaar is. Ons wil ook graag vir Demi-Leigh bedank vir haar sprankelende teenwoordigheid in die ontbytSAKE ateljee en die voorbeeld wat sy vir soveel vrouens stel.

ontbytSAKE – ons mense, ons besighede, ons trots!

ontbytSAKE moedig jou vandag aan om betrokke te raak en ’n verskil te maak in jou gemeenskap. As jy meer wil uitvind of selfs ’n bydrae wil lewer, gaan besoek gerus die B|Loved Foundation en die Tim Tebow Foundation se webwerf en sosiale media platforms deur die skakels hieronder te volg.

KLIEK HIER:

WEBWERWE:

B|Loved Foundation

Tim Tebow Foundation

SOSIALE MEDIA PLATFORMS:

B|Loved Foundation - Instagram

B|Loved Foundation - Facebook

Tim Tebow Foundation - Instagram

Tim Tebow Foundation – Facebook 

#B|LovedFoundation #TimTebowFoundation #ontbytSAKE #Herstel #SaamInLiefde #HoopVirDieToekoms #Gemeenskap 

 

Artikel

Wilmari Senekal se pad tot sukses!

Geskryf deur
ontbytSAKE - Johané Snyders

Wilmari Senekal se pad tot sukses!

Vir Wilmari Senekal was die pad wat sy onlangs saam met ontbytSAKE en RugTeenRug Musiek gestap het, ń gebed wat verhoor was en ’n droom wat waar geword het.

“"Die lewe loop sy paaie en maak sy draaie, goed of sleg, maar wanneer jy die Here se hand vat sal jy altyd gelei word op die pad waar jy moet wees."  – Wilmari Senekal.”

kykSAAM

As beurtkrag jou kniehalter om Saterdae te kyk, daar is heelwat herhalings van die program op kykNET en kykNET & kie en ons YouTube kanaal.

“Ek het aan die begin van 2024 ń gebed neergeskryf waar ek vir die Here gevra het om my die regte pad te laat loop na waar Hy my graag wou hê. Vandag staan ek hier en ek kyk terug na ń suksesvolle 2024-paadjie (met sy kronkels, kruispunte en draaie).”

Op 29 November 2024 stel Wilmari Senekal haar nuwe enkelsnit, “Paaie,” by die Stark Studios in Johannesburg voor ń intieme gehoor bekend. ń Kort realiteitsreeks van haar reis en ń onderhoud met die ontbytSAKE-aanbieder, Leon Gropp, word dieselfde dag in die ateljee opgeneem en op 30 November 2024 om 07:30 op kykNET kanaal 144 uitgesaai. 

Met die ondersteuning van ontbytSAKE en RugTeenRug Musiek se Uitvoerende Vervaardiger, Louis McLaren, is hierdie projek aangepak om aan onafhanklike kunstenaars die geleentheid te gee om die Afrikaanse musiekindustrie te betree. Een van hierdie geleenthede is die BitterLekker Produksies, 'n RugTeenRug-inisiatief waar hierdie kunstenaars gereeld voor 'n gehoor optree en die nodige blootstelling ontvang. Hierdie produksies word gereeld met 'n wynproe-geleentheid gekombineer wat toeganklik is vir die publiek. 

“Baie onafhanklike kunstenaars kies om nie by platemaatskapye betrokke te raak nie - dit beteken hulle ontvang nie die nodige ondersteuning om naam te maak in die industrie nie. As RugTeenRug Musiek, ń ontbytSAKE-inisiatief, vat ons toe iemand soos Wilmari, ons sit ’n klein bietjie gewig agter haar en ons kyk wat gebeur.

ń Liedjieskryf-kompetisie is in Augustus vir Wilmari geloots waar Wynand de Jonge, die skrywer van “Paaie,” met ń R 30,000 kontantprys weggestap het. Daarna is Wilmari na Danny Smoke vir die opneem van haar liedjie. Op 31 Oktober 2024 is “Paaie” se musiekvideo by Safair deur Dee Graaff geproduseer. 

Ten einde Wilmari se handelsmerk daar te stel is ń artikel oor haar reis in Rooi Rose gepubliseer. “Die handelsmerk waarmee jy ń kunstenaar in die publiek instuur is van kritiese belang omdat mense die kunstenaar daarmee assosieer - en om dit vorentoe te verander is nie maklik nie,” is Louis se antwoord op waarom Wilmari van die begin af op die regte manier aan die gehoor oorgedra moes word. 

“Ek het soos ń kind op Kersfees gevoel! Hierdie pad wat ek saam met ontbytSAKE en RugTeenRug Musiek kon stap het vir my soveel deure in my musiekloopbaan oopgemaak,” is Wilmari se reaksie op die eindproduk. “Ons het nou al die paaie deurkruis en ons kan nie wag om hierdie reis met almal daarbuite te deel nie.” - Louis McLaren.

RugTeenRug Musiek sien uit na die BitterLekker Weste Kaap Toer saam met Posduif wat in Desember hierdie jaar plaasvind. Ons reis deur Brackenfell, Paarl, Blouberg, Paternoster, Somerset-Wes en Langebaan! Jy kry die geleentheid om 'n paar van RugTeenRug se onafhanklike kunstenaars soos Wilmari Senekal, JP Meyer, Carma, CheraLee en Renaldo op die verhoog te sien. Maak seker jy koop sommer vandag nog jou kaartjie: KLIEK HIER

“Paaie” is nou op alle digitale platforms beskikbaar ! 

Klankbaan: KLIEK HIER  Musiekvideo: KLIEK HIER

Volg RugTeenRug Musiek op sosiale media:

Instagram: KLIEK HIER

Facebook: KLIEK HIER

Met dank aan: 

Grimering: Louis Volschenk, Halouw Make-Up Academy

Hare: Simone Swanepoel 

Foto’s: Anlie Janse van Rensburg, Rooi Rose 

Musiekvideo vervaardiging: Deon Dee, Dee Graaff Produksies

Kamera: Johanè Snyders en Marco McLaren

Klankbaan opname: Danny Smoke 

Atlejee opname: Leon Gropp en Jannes de Villiers 

Redigering: Julian de Jager, Frane Productions

FlySafair: Maryke Pienaar, Marc van der Westhuizen, Kirby Gordon, Paul Potgieter. 

Stilering: Mienke Ehlers, Lynné de Jager, Chanique Rabe en Janeke van Tonder 

Handelsmerk: Roxanne Mancini 

Raadgewend: Marie-Louise McLaren 

Wenliedjie-paneel: Muller Brandt, Willie Venter, Alicia Potgieter, Christo Botha en Kherin Brandt.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late