Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

ekonomieseSake

Dawie gesels oor ekonomiese sake, hier en in die buiteland. Sy insig in die ekonomie en vermoë om moeilike konsepte maklik oor te dra, maak hierdie een van ons gewildste segmente.

ekonomieseSAKE met Dawie Roodt

Dawie wil vir die volgende paar weke in ekonomieseSAKE oor van die grootste politieke partye se ekonomiese beleid gesels. Hy het op Saterdag 13 April begin deur te kyk na alles wat nog goed gaan in die Suid-Afrikaanse ekonomie en hoe hierdie positiewe energie maksimaal ontgin kan word tot voordeel van die land, mits die regering van die dag die regte ekonomiese beleid toepas. 

Artikel

Dawie se Top Beleggingswenke

Geskryf deur
Deur Dawie Roodt

Dawie se Top Beleggingswenke

Dawie gee Beleggingswenke aan die man op straat.

“Kry advies by mense wat jy kan vertrou. Soek 'n geregistreerde finansiële adviseur. Gesels met hom/haar se ander kliënte en maak seker jy weet waar hy/sy werk. Moenie jou ore uitleen aan braaivleisvuur-raadgewers nie.”

kykSAAM

As beurtkrag jou kniehalter om Saterdae te kyk, daar is heelwat herhalings van die program op kykNET en kykNET & kie en ons YouTube kanaal.

Maak seker jy maak van die regte beleggingstrukture gebruik, soos trusts en maatskappye. Dit beteken as jy in die buiteland wil belê, moenie net jou geld in 'n buitelandse bankrekening sit nie. Dis nie 'n goeie idee nie, want as jy iets oorkom, is dit 'n nagmerrie om daardie geld weer terug te kry en daar is allerhande belastingimplikasies wat geld.

Maak seker jou beleggings is goed gediversifiseer binnelands en buitelands. Dit beteken, onder andere, dat 'n groot gedeelte van jou portefeulje in die buiteland belê moet wees en dat jou bates versprei is onder 'n klompie verskillende bateklasse, soos aandele in die kapitaalmark of geldmark en eiendom, om maar 'n paar te noem. 

Maak seker jou beleggings pas by jou spesifieke risikoprofiel. Ons het almal verskillende risiko-profiele of -aptyte. Dit sal byvoorbeeld meer sin maak vir ouer persone om te belê in rentedraende tipe beleggings en vir jonger mense om in aandeleportefeuljes of afgeleide instrumente te belê. So belê altyd in die tipe produkte wat pas by jou persoonlikheid en risikoprofiel. 

'n Baie groot fout wat mense baie keer maak, is om NIE risiko te neem nie en in die proses neem hulle eintlik baie of te veel risiko. 'n Batebestuurder beskou risiko nie dieselfde as wat die man op straat risiko beskou nie. Vir die man op straat is risiko tipies die geval waar hy geld kan verloor, maar vir 'n batebestuurder beteken risiko hoë wisselvalligheid. As jou geld belê is in 'n vaste deposito by die bank, is dit baie lae risiko, maar as jy jou geld belê het by 'n bank wat ondergaan, dan verloor jy al jou geld en baie keer as jy lae risiko beleggings soek om in te belê, kry jy ook baie lae opbrengste. Daar is niks mee verkeerd om risiko te neem nie, afhangende van jou persoonlike behoeftes en risikoprofiel. Baie keer as mense te bang is om risiko te neem, neem hulle in die proses te veel risiko. Moenie bang wees vir risiko nie, maar maak seker risiko word reg bestuur.

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se ekonomieseSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late