Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

weerSake

‘n Vyf-dag weervoorspelling aangebied deur die bekende meteoroloog, Anika de Beer - spesiaal gemik op die landboubedryf om boere by te staan met plant- en oesbeplanning.

Weervoorspelling

weerSAKE het 'n pragtige nuwe baadjie aangetrek en kykers kan nou uitsien na voorspellings wat Meteoroloog, Anika de Beer, vir ons aanbied.

Die nuwe weersegment sluit in besprekings van die weerstelsels wat tans ontwikkel en wat verwag word in die volgende paar dae, met onder andere: Weerpatrone, reënval, rypvoorspellings, temperature, wind en ‘n algemene oorsig van die weer in Suid-Afrika en Namibië.

Ons gaan soms ook wegbreek van die gewone weervoorspelling om relevante besprekings te hou soos ‘n terugskouing van die afgelope seisoen en wat ons daaruit kan leer, ‘n vooruitskouing van die opkomende seisoen en waarvoor ons moet voorberei, La Niña, El Niño, afsnylaagdrukstelsels, droogtes, middelbreedtesiklone en vele meer. Alhoewel ons weervoorspelling van waarde is vir alle Suid-Afrikaners het ons ook ‘n spesiale fokus op landbou en hoe ons boere kan bystaan met relevante inligting vir besluitneming.

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se weerSAKE ander sake beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late