Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

fliektydSake

Leon van Nierop gesels oor die nuutste flieks op die Silwerdoek en bespreek ook reekse en dokumentêrs wat op ander platforms te sien is.

fliektydSAKE met Leon van Nierop

Leon van Nierop het op 13 April in fliektydSAKE oor die kykNET dokumentêr, Bewonder en Bewaar, gesels. In dié reeks, aangebied deur Bonné de Bod, kyk ons uit ‘n ander perspektief na die natuur. Bonné is self SO verwonderd oor wat sy sien dat woorde oorbodig word. Die prentjies vertel die storie. En telkens soek sy en Susan Scott die mees unieke diere uit. Bewonder en Bewaar is op kykNET, Catchup en DSTV Stream. 

Leon het ook die reeks, Malpractice, op Showmax, geresenseer. ‘n Vrou wat sterf aan ‘n oordosis dwelms veroorsaak ‘n kettingreaksie met ongekende gevolge. Maar wie steek wie in die rug, en wie verloor haar werk? Dis veral vroue-dokters op wie gefokus word. Hier is min glans of versagting. Dikwels net die harde werklikheid wat deur die reeks weerklink.

Artikel

Leon van Nierop se Top Tien Goedvoel-Flieks

Geskryf deur
deur Leon van Nierop

Leon van Nierop se Top Tien Goedvoel-Flieks

“VOEL GOED VROLIKHEID”

kykSAAM

As beurtkrag jou kniehalter om Saterdae te kyk, daar is heelwat herhalings van die program op kykNET en kykNET & kie en ons YouTube kanaal.

1)    Mamma Mia!
Nie alleen sal jy saamsing en -dans nie, die skoonheid van ‘n Griekse eiland, pragtige mense wat foute maak, liefde, hoogskop en lekker Griekse kos op die maat van ABBA! sal jou laat bokjol! 
2)    Love Actually
Hierdie romantiese Kersfeesfliek oor 9 paartjies wat die spoor byster raak en mekaar dan al singende en dansende weer op die lyf loop, is pas in teaters heruitgereik. Dit sal jou laat lag, huil en verlief maak op die eerste person wat jy sien!
3)    Wonka
Jy kan nie tans beter kry as die storie van Willy voor hy Willie Wonka geword het wat sy sjokoladefabriek probeer begin het nie. Dié slag begin hy die fabriek met teenstand van die snaaksste groep karakters ooit!
4)    Toy Story 3
Die derde fliek in die reeks oor Woody, Buzz, Lightyear en die ander speelgoed laat jou hart vla pomp van skone lekkerkry. Wees verseker van ‘n traan in jou oog en ‘n glimlag om jou bakkies. En oulike speelgoed. 
5)    Paddington 2
Hierdie is seker een van die mooiste kombinasie van animasie en lewendige aksie-flieks wat ooit gemaak is. Die lieftallige Paddington Bear probeer sy tante se gesteelde geskenk terugkry met kostelike gevolge. Meesterlik!
6)    Legally Blonde
Die verwaande, petieterige Elle Woods beland in ‘n regsfakulteit en probeer bewys dat daar meer in haar steek as net haarsproei en lipstiek. Sy val haar nerwe flenters van haar hoë hakkies af. 
7)    Barbie
Een van die gewildste flieks ooit gaan oor Ken en Barbie, twee poppe wat skielik in die werklikheid beland en moet oorleef met histeriese gevolge, maar tog ook ‘n diep boodskap.
8)    How to Train Your Dragon
Praat van oorspronklik! ‘n Jong Viking neem ‘n troetel-drakie aan en maak vriende met hom. Nou moet hy hom net oplei en nie opgeëet of verbrand word nie!
9)    Four Weddings and a Funeral
As hierdies romantiese verhaal met hartseer ondertone jou nie laat gil van die lag en jou hart warmer laat klop nie, het jy nie ‘n hart nie! ‘n Vasbeslote enkelloper ontdek gedurende vyf geleenthede dat hy wel verlief kan raak.
10)    A Man called Otto
‘n Suurknol wat nie meer kans sien om voort te gaan net die lewe nie, herontdek liefde en mededeelsaamheid deur homself bloot te stel aan die heerlikheid van die lewe en onselfsugtigheid. 

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se fliektydSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late