Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

Sakefokus

Ons wys vir julle klein- en medium sake-ondernemings van regoor ons land, want ontbytSAKE ondersteun graag KMO’s deur middel van bekostigbare televisieblootstelling.

sake

138 Marine Beachfront Guesthouse

  • 028 316 3447
  • http://www.138marine.co.za

138 Marine Beachfront Guesthouse in Hermanus, is in 2011 bekroon met ‘n toekenning van die ‘Tourism Grading Council of South Africa’ vir die gastehuis met die beste dienslewering in die land.
 
Dis een van slegs enkele gastehuise in die Hermanus-area wat reg langs die seefront geleë is met uitsonderlike uitsigte van die Atlantiese Oseaan. Die ses elegante ontwerper-suites is elkeen individueel toegerus vir gerief en gemak.
 
138 Marine Beachfront Guesthouse het die afgelope jare verskeie ander nasionale en internasionale toekennings ontvang. Een dáárvan is die feit dat dié gastehuis die afgelope 12 jaar die nommer een plek beklee op die gesaghebbende internasionale Tripadvisor-webwerf uit ‘n totaal van 102 gastehuise in die Hermanus-area.
 
Die gastehuis is veral bekend vir sy uitsonderlike ontbyt-spyskaarte. Elke ontbyt hier, is ‘n verrassing!
 
138 Marine Beachfront Guesthouse – kom ontdek Hermanus in gemak en styl.

165 On Orion

165 On Orion in Waterkloof Rif, Pretoria, is ‘n uitsonderlike boetiek-winkelsentrum met dames aan die stuur van elke winkel. 
 
Rut Gallery hou kunswerke en ander items aan wat geskilder is deur die talentvolle eienaar, Riette Delport - kuns wat met jou praat, inspireer en troos. 
 
The Owl brand slaan jou asem weg met die verskeidenheid duursame leerprodukte.
 
Loka Pretoria Boutique het iets vir almal en die klere is stylvol en uniek om enige liggaamsvorm te komplimenteer.
 
By Purple Carrot Jewellery sal jy daardie perfekte blink dingetjie of unieke bykomstigheid kry wat jou hart begeer.
 
Salon Extraordinaire Artistry Hair and Makeup sorg dat jou hare met spesiale sorg in ‘n pragtige omgewing omskep word in die kroon wat jy elke dag dra. 
 
The Workshop is ‘n lokaal wat gebruik word vir kunsklasse en is lekker naby die koffiewinkel ‘Coffee thirst’ wat heerlike drinkgoed en kos bedien.
 
165 om Orion is geskep deur vroue vir vroue, met die doel om kleinsake te bou en te ondersteun en ook vroue te bemagtig.

4D en Accredinet

  • 012 991 9600
  • http://www.accredinet.co.za/

4D en Accredinet lewer finansiële dienste wat jou kan help om jou toekoms en welvaart op te bou en te beskerm. Hulle dek die volle spektrum finansiële dienste insluitend medies, lewensversekering, korttermynversekering en beleggingsadvies.
 
Accredinet se span professionele adviseurs kan aan al jou persoonlike en besigheids finansiele behoeftes voldoen. Hulle word bygestaan en ondersteun deur die beleggingspesialiste en fondsbestuurders van 4D Wealth - bykomende gemoedsrus van ’n groter groep wat agter elke adviseur staan.
 
4D se besigheid is gegrond op die beginsels van integriteit, vertroue en deursigtigheid. Daarom is dit vir hulle landwye span belangrik om ‘n diens te lewer wat by elke kliënt se unieke behoeftes pas.
 
Accredinet bied toegang tot bykans al die finansiële produkte om werklik onafhanklike advies te kan lewer wat geen spesifieke versekering- of beleggingsprodukte bo ‘n ander bevoordeel nie. 
 
4D Accredinet – gepaste advies met nommerpas produkte - klein genoeg om om te gee, maar groot genoeg om ‘n verskil te maak.
 
Reon Coetzee: www.4dwealth.co.za

A2C Distributers

  • 011 363 1766
  • www.a2c.co.za

A2C Distributers, in Enterprise Industrial Park, Springs, is 'n verspreiding en ingenieursfasiliteit. Hulle verskaf algemene ingenieursvoorrade; doen interne ingenieurswese, ingenieurs-kontrakwerk en alle ander ingenieursvereistes.
 
Produkte sluit onder andere in brandstofvoorsiening soos diesel, paraffien en Butanol, Olie-skeiers en verkoelingsmiddel-suiweringstoerusting, skyfrotor-pompe en Franklyn pompe, reflekterende bande en chevrons, koeëllaer opknapping, magnetiese ysterverwyderaars, sny-insette en Kenna metaalwerk, tungsten Karbied Slytasie-onderdele, presisiemeters, PPE-klere en toerusting asook algemene ingenieurswerk.
 
Hulle groot reeks produkte plaas hulle op die voorpunt van aanbod en A2C sal altyd poog om uit hulle pad uit te gaan om kliënte tevrede te stel. 
 
A2C Distributors – Uitstekende diens en naverkope-sorg.

Amanda Pistorius Upholstery Training

  • 071 224 0873

Amanda Pistorius Upholstery Training se tuisbasis is in Vanderbijlpark, maar hulle beweeg landwyd om puik stoffeerklasse aan te bied - selfs na die kleinste plattelandse dorpe.
 
Hulle lei mense op om meubelstukke van begin tot einde te maak met ʼn een-dag werkswinkel. Die klasse word aangebied vir enige iemand - jonk of oud. Jy het geen ondervinding nodig nie. Jy begin met ʼn bondel hout 7 uur in die oggend, en teen die aand so om en by 6 uur, gaan jy met ʼn volledige meubelstuk huistoe.
 
Amanda-hulle gebruik die regte metodes om seker te maak dat die klas nie net vir kreatiwiteit is nie, maar dat studente na die klas ook professioneel stoffeerwerk kan aanpak.
 
Amanda Pistorius Upholstery Training – kontak hulle gerus en begin sommer jou eie deeltydse werk.
 
FACEBOOK: Amanda Pistorius Upholstery Training

Access Bank SA

  • http://www.morethanbanking.co.za/

Access Bank SA brings you more than banking. We’re evolving to redefine the power of relationship.
As your partner, we’re part of your business and community, giving you access to our advice, insight, specialist knowledge and experience from decades of banking across the globe. Together with exceptional banking solutions, you get the advantage you need to grow sustainably.
 
Access Bank has 40 million+ customers, and operates across ten African countries, the UAE and UK, with representative offices in China, India and Lebanon.
 
We aspire to be among Africa’s top 5 banks by 2030.
 
Entering South Africa is part of our global expansion strategy as we continue to solidify our presence in Southern Africa.
 
We began in 1947 as The South African Bank of Athens, to serve the Greek expat community – a business bank supporting SMEs.
 
In 2018, Bank of Athens concluded a deal with AFGRI, Fairfax Capital and the PIC/GEPF to acquire the majority of the Bank’s shares. In line with the shareholders’ vision, the Bank realigned its strategy to focus on South Africa’s food and agribusiness markets, from farming to food retail. The Bank rebranded and relaunched as Grobank, building on its business banking expertise and developing secondary agri-market skills and capabilities.
 
In 2020, Grobank entered a transaction with the Access Bank Group. Access Bank invested and acquired a controlling stake in Grobank and, in 2021, rebranded the business as Access Bank South Africa. 
 
Our strategy expanded to align with the vision of becoming the gateway to Africa, and the world’s most respected African bank. Access Bank South Africa will not only build on our established strengths in business/SME banking, foreign exchange services and alliance banking but will launch new capabilities. 
 
As we build our business, we continue to bring you new developments and offerings in personal banking, trade finance and corporate banking – as we enhance our existing offerings.
 

Build it Oudtshoorn

  • 044 272 7400

Build it Oudtshoorn het in Julie 2021 deure oopgemaak om die dorp en sy omgewing te bedien. Hulle verskaf boumateriaal en hardeware aan kontrakteurs, instap doen-dit-self kliënte, ondernemings en instansies.
 
Hulle hoofprodukte sluit in: Basiese boumateriaal, vensters en deure, Sanitêre ware, ‘n wye reeks ligte; teëls, viniel- en gelamineerde vloere; verf, kabinet-komponente, mandjies en handvatsels. 
 
Dan ook Gereedskap en krag-gereedskap, Geysers en Kragopwekkers.
 
Ander produkte- en dienste sluit in dakkappe, Planlees, sny en afwerk van houtborde, glas-sny, die sny van sleutels en dan ook Blinders en “american shutters” via hulle winkel op Mosselbaai.
 
Build it Oudtshoorn en Mosselbaai – die doel is absolute kliënte-genot deur puik diens, kompeterende pryse, en ‘n wye verskeidenheid produkte en na-verkope diens.

A-Thermal Retort Technologies

  • 011 316 1800
  • http://www.athermal.co.za/

A-Thermal Retort Technologies in Olifantsfontein behartig die verbranding van skadelike en hoërisiko afval van die farmaseutiese en chemiese sektore. Die aanleg is deur A-Thermal self ontwerp, gebou, bestuur en onderhou. Die eindproduk is ’n Koolstof-residu met soortgelyke eienskappe as steenkool, en word vir veiligheid deur ’n eksterne laboratorium getoets.
 
A-Thermal het magtiging deur die Departement van Omgewingsake om die residu te hergebruik as ‘n alternatiewe brandstofsbron. Dit word aangewend in plaas van steenkool om bak- en kookoonde en soortgelyk te verhit, ten einde te help om steenkoolgebruik te verminder.
 
Hoogs skadelike stowwe word dus deur A-Thermal onskadelik gestel en verander om ‘n bruikbare nuwe energiebron te vorm. Dit is eie aan Suid Afrika en sover bekend ’n wêreld-eerste.
 
A-Thermal voldoen aan alle wetsvereistes en is geakrediteer op ISO 9001, ISO 14001 en OHSAS 18001 standaarde.

Centurion Systems

  • 021 510 0951
  • http://www.centsys.co.za

Vir byna 40 jaar maak CENTURION se reeks hekmotors en toegangs-outomateringsprodukte lewens makliker met uitstaande sekuriteit en gerief. 
 
Die naam CENTURION het sinoniem geword met kwaliteit, betroubaarheid en innovasie.
 
Hulle nuwe SMART reeks beweeg na ‘n hele nuwe vlak. Dit ontgin die potensiaal van draadlose tegnologie.
 
Die SMART reeks is nou beskikbaar by Centurion Systems Kaapstad.

ATKV

  • 011 919 9000
  • http://www.atkv.org.za/

Die ATKV is ’n moderne voorlopermaatskappy wat Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar en aktief deel maak van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika.
 
Goed geolie met eindelose interessanthede vir musieklikes, kultuurlikes, leergieriges en nuuskieriges, is die ATKV daar vir jou in elke fase van jou lewe.
 
ATKV-takke is die hartklop, hande en voete en maak so ’n verskil.Ons glo dat jy die verandering moet wees wat jy in die wêreld wil sien. In 2021 wil ons jou uitdaag om met die ATKV se hulp in jou menswees en toekoms te belê..

Ontmoet Ons

Projekbestuurders

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se SAKEfokus ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late