Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Vars Varkvleis, Roerbraai-slaai

3 maande gelede

Vars Varkvleis, Roerbraai-slaai

Kook/Bak Tyd: 45 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

200 g varknek steaks, in repies gesny
200 g varkfilet, in repies gesny
200 g Kassler steaks, in repies gesny

Sous: 
3 E bruinsuiker
1 t vars knoffel
1 t vars gemmer
80 ml sojasous
30 ml olyfolie
30 ml sesamolie
Sout en peper na smaak
30 ml water
Sap van 1 suurlemoen

500 g respiespek, in stukke gesny en gerooster in oond op 180 grade tot goudbruin

1-2 k jasmynrys
1 blikkie klappermelk
Kook soos normale rys, vervang net van die vloeistof met klappermelk.

Eie keuse met al die vars bestanddele se hoeveelhede:
Wortelrepies
Edamame boontjies
Radyse, in skyfies gesny
Sprietuie, fyn gesny
Mango, in blokkies gesny
Baba spinasieblare, net vinnig geblansjeer in mikrogolf, gooi sout peper en olyfolie oor vir geur.

Asiese slaaisous van Woolworths

METODE
Vleis:
Braai die vleis in ‘n groot pan tot goudbruin en gaar. 
Rooster spek tot goudbruin en krakerig. 
Meng al die bestanddele van sous, gooi oor die gaar vleis en laat dit bietjie wegkook en verdik tot ‘n sous vorm. 

Kook klapperrys tot gaar. 
Sny vars bestanddele soos jy verkies.  
Pak die elemente in ‘n bakkie of bord na jou keuse. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late