Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
6 x 200 g stukke kruiskyf, bedek met olyfolie, sout en peper (Braai na smaak)
Slaai:
Mini slaaiblare volgens keuse
Radyse, in dun skyfies gesny
Mini eiervrug, gerooster in die oond met sout, peper en olyfolie
Aartappel:
24 x Baba aartappels, saggekook
Parmesaankaas, fyn gerasper
Tamatiesmoor
1 pakkie repiespek, in fyn blokkies
Paar salami-stokkies, fyn gesny
Sout en peper
Olyfolie
Bakkie gladde maaskaas
METODE:
Maak vleis en slaai volgens stappe bo.
Vir aartappels:
Kook aartappels sag sodat dit maklik plat druk in muffin-pannetjie. Plaas elke aartappel in muffin pan. Druk plat met klein glasie.
Voeg sout en peper by na smaak, dan parmesaankaas, halwe teelepel tamatiesmoor, spek, maaskaas, weer parmesaankaas en die salami-stukkies. Gooi gekapte pietersielie oor.
Bak in die oond tot goudbruin en krakerig
Bedien al die kos elemente op die bord.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024