Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Beesvleis Lasagne & Filet-sosaties

2 maande gelede

Beesvleis Lasagne & Filet-sosaties

Kook/Bak Tyd: 45 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Lasagne:

1 kg beesmaalvleis
1 medium grootte rooi ui, in blokkies gesny 
Olyfolie
1/2 t knoffel
Sout en peper na smaak
1 blikkie tamatiesmoor 
Sout en peper na smaak
2 E worcestersous
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
1 t droë gemengde kruie
125 ml rooiwyn
Bietjie water indien nodig

Witsous: 
1/4 k botter
1/2 k koekmeel
2 k melk
Sout na smaak

12 - 16 Lasagne-velle
Laat lê die lasagne-velle vir ongeveer 5 minute in warm water

1 - 1 1/2 koppies gerasperde Cheddarkaas

Gekapte pietersiele vir garnering
Klein Mikro-kruieblare


Beesfilet Sosaties: 

Filet in blokkies gesny
Rooi soetrissie
Groen soetrissie
Geel soetrissie
Rooi uie
Sosatiestokkies
Sout en peper na smaak
Jimmy’s marinade

Slaai: 
Mini slaaiblare
Eiervrug, gerooster in die oond met sout, peper en olyfolie
Rooi pruime, in wiggies gesny 
Feta kaas/ mozzarella / halloumi/ bokkaas 
Slaaisous van jou keuse

METODE: 

Lasagne:

Maak die maalvleis gaar saam met al die bestanddele, laat prut vir 20 minute om geure te ontwikkel. Hou net die vloeistof dop dat dit nie te droog kook nie. 

Maak die witsous met al die bestanddele. Voeg nog water of melk by om dit ‘n perfekte gladde tekstuur te gee. 

Pak die lasagne-velle in die volgorde van jou keuse, in individuele bakkies of in een groot oondvaste opdienbak, met heel laaste die gerasperde kaas en pietersielie bo-op. 

Indien jy die Lasagne gaan vries, kan jy dit nou deeglik toemaak net kleefplastiek en in vrieskas plaas. 

Filet-sosaties:
Sny die filet in ewe groot blokkies, sny die soetrissie en rooi uie in blokkies. 
Ryg die vleis en groente eweredig in op die stokkie. Braai die vleis gaar op ‘n oop vuur, met sout peper en Jimmy’s sous. 

Sit voor met slaai wat jy in die bord pak. 

Anders kan jy dit nou in die oond plaas tot gaar en goudbruin. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late