Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Lamsribbetjies met Geroosterde Broccoli en 'n Romesco-puree

2 maande gelede

Lamsribbetjies met Geroosterde Broccoli en 'n Romesco-puree

Kook/Bak Tyd: 3 ure

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

Lamsribbetjies:
3-6 ribbetjies, per persoon    
Sout en peper
Olyfolie

Pynappel-glasering:
200 ml Pynappelsap
80 ml Olyfolie
½ t Gemmer
½ t Knoffel
1 t gerookte paprika
Sout en peper
2 E heuning

Kruie olyfolie vir garnering: 
125 ml Olyfolie
1-2 takkies kruie van jou keuse

Groen basiliekruidblare vir garnering.

Labneh koop jy reeds verwerk in ‘n bakkie by Woolworths. Geur net met sout en peper.

Geroosterde Broccoli met Romesco puree: 

Langsteel-broccoli, genoeg vir jou hoeveelheid mense
Sout en peper na smaak
Botter 
Olie 

Rooster die langsteel-broccoli in die oond tot net so effe verkleur. 
Braai nou in pan met botter, olyfolie, sout en peper vir ekstra geur en smaak. 

Romesco sous: 
1-2 geroosterde rooi soetrissies
½ k rou of geroosterde amandels (ongesout)
¼ k olieverpakte songedroogde tamaties, afgespoel en gedreineer
2 medium-tot-groot knoffelhuisie, geskil en in kwarte gesny
1 E sjerrie-asyn of rooiwynasyn
1 t gerookte paprika
½ t sout, na smaak
¼ t rooipeper
½ k olyfolie

Blits al die bogenoemde bestanddele tot ‘n heerlike gladde puree. 

Maak die Romesco-sous met bestanddele en metode soos hier bo. 
Plaas ‘n eetlepel vol in ‘n klein bordjie en smeer glad. 
Plaas die geroosterde broccoli bo-op die smeer.
Sprinkel die geroosterde klapperskaafsels of amandels bo-or.

METODE:

By Badinage word die Sovi kooksisteem gebruik, maar as jy nie dit wil doen nie, stel ek voor jy laat die lamsribbetjies stadig en op ‘n lae temperatuur in die oond gaar word. Gebruik jou diskresie in terme van die oondtyd, omdat dit van ribbetjie tot ribbetjie sal verskil as gevolg van die dikte.

Net voor opdiening smeer jy die ribbetjies met die pynappelglasering en plaas dit terug in die oond om lekker te rooster tot ‘n donkerder kleur.

Maak die glaseringsous met die bestanddele soos bo aangedui, asook die kruie-olie vir garnering kan jy vinnig in ’n stokmenger maak en eenkant hou tot jy dit benodig. 

Plaas die labneh eerste in die bord, dan die ribbetjies bo-op, met groen garnering en laastens net ’n paar druppels van die kruie-olie.

Indien jy nie Labneh gebruik nie, kan jy ook ‘n kapokaartappels by die gereg bedien.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late