Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Wafel met Bloubessiekompot en Brandewyn-Karamelsous

1 maand gelede

Wafel met Bloubessiekompot en Brandewyn-Karamelsous

Kook/Bak Tyd: 10 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Wafel:
Ongegeurde dubbelroom jogurt
Blikkie Spuitroom
Vars vye
Groen minikruie-blare vir garnering
Heuning
Repiespek, goudbruin en krakerig gebraai

Vir die Bloubessiesous:
3 k bloubessies, vars of bevrore
2 E suurlemoensap
⅓ k gegranuleerde suiker
⅓ k water
1 E mieliestysel
2 E water

Metode:
Voeg die bloubessies, suurlemoensap, suiker en ⅓ koppie water in ‘n medium kastrol oor lae hitte. 
Laat die suiker oplos en bring liggies tot kookpunt om die bessies sag te maak terwyl jy af en toe roer.
Los die mielieblom in 'n klein koppie op in 2 eetlepels water.
Voeg die mielieblom by die bloubessiemengsel en roer om op te los.
Kook liggies vir 5-10 minute om die sous te verdik. Dit sal aanhou verdik soos dit afkoel.
Verwyder van die hitte en sit dadelik voor.

Brandewyn-Karamelsous: 

1/3 k botter
2/3 k bruinsuiker
1/3 k dubbelroom
1/2 t vanieljegeursel
2 E brandewyn 

Metode: 
Smelt botter in kastrol oor mediumhitte. Voeg die bruinsuiker en dubbelroom by en roer aanhoudend tot dit kookpunt bereik. Sodra dit kook, verwyder die pan van die hitte en roer die vanielje by. Laat die mengsel sowat 5 minute afkoel en voeg dan die brandewyn by. Bedek dit en plaas in die yskas tot opdiening. 

Wafel
Bestanddele
2 eiers 
½ t sout 
1¾ k melk 
4 E gesmelte botter 
2 E suiker 
2 k meel 
2 t bakpoeier

Metode
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eiergele en voeg by melk en meng. Voeg die melkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak.

Opdiening: 
Doen elke wafel afsonderlik. Skep 2-3 eetlepels jogurt op elke wafel, dan bessiesous, spuitroom, repies spek, vye, karamelsous en groen blaartjies. Sit voor. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late