Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Garnaal- en Kalamari-bord

1 maand gelede

Garnaal- en Kalamari-bord

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Salsa:
1 Groot pynappel, fyn gekap
250 g koljander, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 lang groen brandrissie, fyn gekap
125 ml olyfolie  
Sout en peper

METODE:

Sny die pynappel in blokkies, kap die koljander, knoffel en groen brandrissie ook fyn.

Meng alles goed.

Die salsa sal genoeg wees vir `n paar porsies.

Reenboogslaai
Wortels, in dun julliene repies gesny
Baba murgpampoentjies, in dun repies gesny
Rooikool, in papierrepies gesny
Sprinkel van olyfolie 
Sout en peper na smaak

METODE:

Meng al die bestanddele van die slaai goed en plaas eenkant tot opdiening. 

Kalamari
500 – 600 g kalamari (buise en tentakels)
Sout en peper na smaak
Ina Paarman visspesery
Ewe veel hoeveelheid mengsel van gewone koekmeel en mielieblom

METODE:

Week die kalamari vir 30 minute in melk en sout, verwyder die oortollige melk daarna.

Plaas dit in ‘n bak met mengsel van meel en strooi dit liggies oor die kalamari om orals te bedek.

Braai dit tot goudbruin in ’n warm pan met olie.

Plaas dit op ‘n kombuishandoekpapier om die oortollige olie te laat dreineer. 

Pangebraaide garnale
Gebruik groot garnale - L1 is die grootte of Queen Prawns (3 per persoon)
Ina Paarman Visspesery
Botter 
Vars knoffel, indien verkies

METODE:

Braai die garnale in `n pan met botter, varsgekapte knoffel en van Ina Paarman se Fish Spice, tot pienk en gaar. 

OPDIENING:

Dien op in `n mooi wit bord met die garnale wat regop staan in `n kleiner bakkie en `n bakkie met die salsa in. Skep ook die slaai aan die eenkant. Garneer met ’n komkommer en rosa-tamatie stokkie en ‘n skyfie suurlemoen aan die kant.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late