Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Lamstjops met Groente Focaccia

1 maand gelede

Lamstjops met Groente Focaccia

Kook/Bak Tyd: 1 uur

Voorbereiding Tyd: 2 uur

Bestanddele

Genoeg vir 6 mense

Lamstjops

1/4 k olyfolie
3 t suurlemoensap
1 t gemmer, fyn gerasper
1/4 k vars origanum, fyn gekap
2 t vars roosmaryn, fyn gekap
2 E fyngedrukte knoffel met brandrissies
11/4 E sout
1 E swartpeper
11/2 t Funky Ouma Brandrissie Spice
12 rib-lamstjops

Vir die marinade, meng die olyfolie, suurlemoensap, gemmer, origanum, roosmaryn, knoffel, sout, gemaalde swartpeper en die rooirissievlokkies saam.

Voeg die skaaptjops by die marinade en plaas dit in 'n rits seëlsakkie.

Laat al die lug uit die sak en seël die sak. Vryf sodat al die marinade eweredig versprei. Laat staan met vir ongeveer 1-2 uur.

Braai of rooster die tjops.

Groente Focaccia 

Deeg:
1 1/3 k plus 1 E water by kamertemperatuur
2 t droë aktiewe gis
1 1/2 t ekstra suiwer olyfolie
3 1/2 k koekmeel
1 1/4 t kosher-sout

Wenk: 1 x Pakkie Focaccia readymix pakkie van Woolworths – Volg pakkie se instruksies 

Bolaag: 
2 t ekstra suiwer olyfolie
1 pakkie kersietamaties
1 rooi ui, in skywe gesny
3-4 mini soetrissies
1/4 k vars origanum
1 takkie vars tiemie
2-4 klein gekleurde wortels
1 zucchini, in dun skyfies gesny
1 t growwe-seesout

Meng die water en droë gis in die bak van 'n staanmenger wat met die deeghaak-hegstuk toegerus is. 
Gebruik 'n vurk of klitser om eers net te meng. Voeg die olyfolie, meel en sout by die bak. 
Meng op lae spoed vir 2 minute tot die deeg bymekaar kom. Stop die menger en skraap die kante af met 'n rubberspaan. 
Plaas 'n kombuishanddoek oor die bak en laat die deeg vir 5 minute rus. 
Hou aan meng op medium spoed tot die deeg 'n bal vorm en van die kante af wegkom, meng dan vir nog 2-3 minute.
Die deeg moet op hierdie stadium glad wees. 
Plaas die deeg in 'n liggies geoliede bak, bedek en laat rys by kamertemperatuur vir 1 tot 1 1/2 uur of tot byna verdubbel in volume.
Berei 'n oond bakpan voor. 
Drup 2-3 teelepels olyfolie op die bodem van die pan, en gebruik jou vingers of 'n koskwas om die bodem en kante van die pan heeltemal te bedek en hou eenkant.
Gooi die deeg uit in die voorbereide bakpan. 
Gebruik jou hande om die deeg uit te rek in 'n reghoekige vorm om by die pan te pas, en gebruik jou vingers om dit uit te rek, maak seker dat jy in die hoeke kom.
Bedek met ’n skoon, klam kombuis-vadoek of kleefplastiek en laat rys teen kamertemperatuur vir 40-45 minute tot die deeg pofferig en effens krakerig is. 
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Drup nog 2 teelepels olyfolie bo-oor die rou deeg. 
Gebruik jou vingers om die oppervlak van die deeg baie grof te maak vir daardie kenmerkende focaccia-voorkoms.
Rangskik die vars groente bo-op die focaccia-deeg. 
Sprinkel die growwe seesout oor. 
Bak vir 30 minute tot die bokant ‘n diep goudbruin is. 
Laat effens afkoel, geniet dan! 

Let wel: Focaccia is die beste om op dieselfde dag te eet, maar enige oorskiet kan in die yskas gebêre word en vir 10 minute in 'n roosteroond of 'n 150 grade oond verhit word.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late