Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Tongvis met Tropiese Salsa

3 weke gelede

Tongvis met Tropiese Salsa

Kook/Bak Tyd: 6 minute

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

Genoeg vir 6 mense

Vis: 
6 stukke tongvis
1 k meelblom
Sout en peper
Ina Paarman visspesery
Olyfolie om vis te braai

2-3 E botter
300 ml witwyn (Sauvignon Blanc)
Sap van 2 suurlemoene

Salsa:
1 -2 groot Mangos, fyn gekap
1 pynappel, fyn gekap
4 grenadellas, verpulp
2 lemoene of appelliefies, fyn gesny
80 g vars koljanderblare, fyn gekap

Groenslaai:
1 pakkie roketblare
200 g aspersies, vir 2 minute in warm water geblansjeer

Suurlemoensousie:
Sap van een suurlemoen
Olyfolie
Sout en peper
1 E suiker

METODE:

Die vis moet kamertemperatuur wees. Geur met sout en peper en druk dit in die meelblom dat albei kante goed bedek is. 
Plaas dit in ‘n warm pan met olyfolie (nie te veel nie). 
Braai ongeveer twee minute aan elke kant. 
Gooi die wyn in en sodra die alkohol weggekook het, voeg die botter en suurlemoensap by. 
Die vis neem ongeveer 6 minute om gaar te word. 

Vir die salsa kap jy al die vrugte in klein blokkies fyn en plaas in ‘n groot mengbak en voeg die grenadella en gekapte koljanderblare by.  
Meng goed en plaas eenkant tot opdiening. 
Die salsa word bo-op die vis geplaas. 

Vir die groenslaai word die roket en aspersies net bymekaar geplaas en bedruip met die suurlemoensous.

Die sous se bestanddele kan in ‘n glasbotteltjie gegooi word. Skud en meng net goed voor jy dit oor die slaai gooi.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late