Onafhanklike Kunstenaars: Kliek hier om in te skryf vir die Aitsas 2024!

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Lamsvleis-Pita's

2 weke gelede

Lamsvleis-Pita's

Kook/Bak Tyd: 4 - 6 ure

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

Lamskenkel of skaapboud
1.8-2 kg Lams of skaapboud
2 E groente-olie
4 takkies vars roosmaryn
Sap van 1 suurlemoen
2 E mayonaise
4 E Worcestersous 
6 knoffelhuisies, dun gesny
10 g gesoute botter
1 k Rooiwyn
2 blokkies aftreksel
3 k water
2 E enige droë gemengde lamspeserye
Sout en peper

Vars slaaibestanddele
Rooi rosatamaties
Koljanderblare
Feta-kaas
Maaskaas
Dille-blare
Gepekelde rooi-uie
Radyse
Sout en peper

Pita’s (jy koop dit by die supermark)

METODE:
Berei die lamsboud voor met al die bykomende bestanddele.

Plaas in die oond op 140 grade vir ongeveer 4-6 ure, afhangend van jou oond. Die vleis moet maklik uitmekaar gertrek kan word. 

Vir die slaai word die tamaties in helftes gesny, die feta gekrummel en die res van die bestanddele word alles saam in ‘n glasbak gemeng. Voeg sout en peper na smaak by. 

Maak die pita’s warm in ‘n pan, smeer maaskaas aan die eenkant en pak die vleis en slaai bo-op. Vou toe en geniet. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late